|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 4
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Die bekommerde Mira in gesprek met Henog.
(30 Maart 1843)
4 Maar die jong spreekster, wie Mira heet, merk baie gou wat `n skrik haar min woorde by die vrouens teweeggebring het, en sy het by haarself gedink: “Wat sal nou die gevolg wees van hierdie gebeurtenis? Die moeders en die susters het nou opeens heeltemal verstom en op elkeen se gelaat is groot angs en `n naamlose skrik geskryf!
2. Daar moet tog iets gebeur, want die anders so waardige moeders en susters kan mens tog nie in so `n beklaenswaardige toestand laat nie?!
3. Ek weet al wat ek sal doen! Ek sal nou alleen na Henog toe gaan, omdat die moeders en susters nou nie meer durf daarheen gaan nie en hom om hulp vir hulle vra; hy sal wel weet om die baie verskrikte moeders weer tot rus bring! Ja, dit is `n baie verstandige gedagte van my en daarom sal ek dit ook dadelik uitvoer!”
4. So gedink so gedaan, was by Mira reeds van jongs af aan `n goeie eienskap; daarom het sy dan ook onmiddellik na Henog gegaan om dit alles aan hom voor te lê.
5. Maar Henog roep haar as`t ware ter verantwoording en sê: “Ja, maar waarom het jy so voorbarig gepraat en die moeders en susters so `n angs daardeur aangejaag?!
6. Sien, soos jy nou die weg tot my alleen gevind het, moes jy dit ook vroeër gevind het en my in die Naam van die Heer die dwaling van die moeders en susters meegedeel het, dan kon alles langs die weg van die liefde bygelê gewees het. Maar noudat jy op jou bietjies te vinnige manier gewoonweg `n oordeel vir die moeders en susters veroorsaak het, sal dit nie so maklik gaan soos wat jy dink nie!”
7. Toe Mira dit van Henog verneem het, antwoord sy hom vreesloos: “Vader Henog, jy is wel `n wyse, en bowendien nog die enigste en deur die Heer Self vas aangestelde hoëpriester, maar ek meen nou juis nie verkeerd te gehandel het nie, want mens moet tog die regte van God hoër ag as die regte van die mense, wanneer dit nie met die goddelike ooreenstem nie!
8. Die moeders en susters het hulleself egter in hulle blinde ywer vergeet, wat by vrouens wel gereeld die geval is, en het in stryd met die goddelike reg valse bewerings onder mekaar uitgespreek; en aangesien ek dit noodsaaklikerwys wel moes teenstaan en ek deur my innerlike regsgevoel dit nie langer kon verdra dat daar nog langer so met veragting gepraat word oor die allerheiligste, beste Vader in Sy manlike mees volkome ewebeeld nie, het ek dan ook opgetree en het hulle maar net my mening gegee. En ek kan egter niks daaraan doen dat my min woorde die moeders en susters so van stryk gebring het nie!
9. Daarom moet jy, liewe vader Henog, nie kwaad word nie vir my nie, want ek het dit tog maar net goed bedoel, en nie in die minste sleg nie!
10. Sien, dat ek dit met die moeders en susters van ganser harte goed meen, kan jy immers al net aflei uit die feit dat ek tog uit vrees en agting by die moeders en susters gebly het, hoewel die heerlike Man ook vir my gewink het om, netsoos die ander vier, na hom toe te kom en ek ook dadelik `n byna onweerstaanbare drang in my gevoel het om dit te doen!
11. Tog sê ek jou, liewe vader Henog, nou ook baie beslis: As die Man my nog een keer sou wink om na hom te kom, dan sou ek nie net alle moeders en susters oombliklik laat staan nie, maar die hele wêreld, en sou reëlreg na Hom toe snel; want agter hierdie Man skuil meer as maar net `n man! Dit weet ek baie verseker!”
12. Hier het Henog aan Mira gesê: “Luister, vir iemand van jou geslag is jy ontsettend en buitengewoon skrander! Daarom sou dit vir jou, as jy die moeders en susters so eg van ganser harte liefhet, tog ook nie moeilik wees om hulle met jou skranderheid te help nie?!”
13. En Mira het Henog geantwoord: “Ja, liewe vader Henog, aan jou steeds ontwykende woorde te oordeel, sal daar ten slotte vir my niks anders oorbly nie! Ek het onderweg ook al gedink dat die hoogste graad van erbarming wel nie by u aangetref sou word nie! As ek maar by die Man kon kom; die sou Hy verseker eerder na my luister as u!”
14. En Henog het haar geantwoord: “Goed dan; kyk, die Man is in die hut en die deur is oop! Ek wil jou nie weerhou om by Hom hulp te soek nie. Gaan daarom maar na Hom toe as jy dink dat Hy eerder na jou sal luister as ek!”
15. En Mira het gesê: “O, as ek dit maar sou mag, dan is ek nie in die minste bang nie!
16. Verheug julle, arme moeders en susters, julle sal sonder Henog gehelp word!
17. Hou daarom maar moed; die wonderlike Man het sekerlik `n beter hart as u, liewe vader Henog, en sal my nie oor die kole haal as ek by Hom my nood bekla nie, maar help!”
18. Hierop het sy ernstig die hut binnegegaan.
|
|
|
|
|