|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 59
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Die beskouing van die eensame Lameg in die oggendskemering; hy weet nie meer waaraan hy toe is met God nie
(17 Junie 1843)
59 In die sewende uur het Lameg hom weer opgerig en vol droefheid aan homself gesê:
2. “Die Heer het immers aan my gesê: “En na gedane arbeid sal die rus goed wees!”
3. Ek het volgens Sy woorde gehandel soos wat Hy my aangeraai het, ofskoon helaas sonder sukses, waaraan ek ewenwel niks kan doen nie; maar wat `n rus het ek nie geniet gedurende die lang sewe verstrykte ure nie, wat ek goed afgemeet het volgens die gang van die sterre bo my hand, vanaf hulle opgang tot by hulle ondergang?!
4. Voorwaar, die oggendskemering is al reeds sigbaar en nog beweeg niks homself in die kamp rondom hierdie tempel nie! Daar is geen suggie wind nie, ook laat die sagste geluidjie hom nêrens hoor nie. O, dit is vreeslik om te midde van lewende dood te lewe!
5. Wat kan ek egter in hierdie treurige toestand doen? Hier bly tot die son volledig opgegaan het, of alleen afdaal na die stad en daar aan die agtergeblewe bediendes meedeel wat hier gebeur het?
6. Moet ek miskien `n kruiekundige gaan bring, wat my deur sy wysheid kan vertel of hierdie mense wel slaap, of dat hulle miskien werklik heeltemal dood is? Of moet ek tog eers nog een keer self probeer om hulle te wek?
7. Maar as die poging misluk en niemand hulle op my nog so harde roep, meer sal beweeg nie, sal `n nog veel groter angs my dan nie oorval, sodat ek dan miskien heeltemal nie genoeg krag meer sal hê om na die stad te gaan om daar voorbereidings te tref om hierdie slapendes of dooies die vereiste begrafnis te gee nie?!
8. Maar nou weet ek wat ek sal doen; ek sal die Heer God Sebaot so eg vurig en vol vertroue vra dat Hy my help, en ek sal bid en smeek totdat die dag halfpad verby is en ek sal nie eet en drink, totdat die Heer my sal verhoor nie, en troos of myself ook nog sal doodmaak saam met my broers en susters!
9. Dit word al ligter en ligter in die ooste, sodat ek al met weinig moeite die stad van huis tot huis kan onderskei!
10. Hoe heerlik sou die ontwaking in die nuwe komende dag nie gewees het, as ek dit nie alleen moes aanskou nie, wanneer die volk net soos ek wakker sou wees en aan die Heer `n vrolike, opgewekte, verkwikkende oggendlof sou bring!
11. Maar ek moet alleen te midde van my nie te verwekte broers die nuwe ontwaking van die natuur, tydens die ontwaking van die dag bekyk!
12. O, hoe dubbel treurig is jy nou, heerlike môre, dat ek jou nou as enigste lewende en wakker in jou groot heerlikheid moet sien en geniet! Ek sou liewer gladnie wil lewe nie, as om die pyn te moet ondergaan dat ek hier, te midde van duisende, as enigste nog lewe en moet voel.
13. Maar wat het ek dan gedoen dat Henog en die Heer my so geheel en al verlaat het? Ek het tog immers die Heer se uitgespreekte wil vervul!
14. En Hy, die Heilige, die Liefdevolste, die Barmhartigste, laat my so skielik onvoorbereid in die steek!
15. Dit was tog Hy, en Henog was dit ook; myne, my gesin, wat hy van die hoogte saamgebring het, is ook nog daar gunter en slaap ook nog `n dodelike slaap!
16. Of sou hulle nie meer daar wees nie? Ek sal tog net gaan kyk! Want vir `n droom, sou alles wat daar sedert gistermôre gebeur het, tog net iets te veel wees!”
17. Hierop gaan Lameg na die plek waar hy syne verlaat het en vind tot sy groot verbasing niemand meer nie.
18. Toe slaan hy sy hande bokant sy hoof teenmekaar en het geroep: “Om Gods wil, wat is dit dan?! Is ek dan inderdaad slegs `n gefopte nar van my droom?! Droom ek dan nog, of is ek wakker? Wat se ellendige toestand van my lewe is dit nie?
19. Ek sou graag wil bid, maar nou is dit onmoontlik vir my! Ek is nou sonder God, sonder vriende, sonder broers, sonder vrou en kinders en het ek niks anders as slegs die ellendige lewe om hierdie verskriklike tugtiging van God of die nog verskrikliker wraak van die slang te ondergaan!
20. Wat moet ek nou doen? Bid? Tot wie dan? Tot Hom wie my verlaat het, of nie bestaan nie? Nee, dit wil ek nie!
21. Nog is ek Lameg! Nog behoort die groot stad en die land en die volk aan my!
22. Ek wil tog van ganser harte `n ware dienaar van die Heer wees en het daarom reeds alles aan Hom opgeoffer; maar Hy het my nou hierdie onaangename streek getrek en my vir die gek gehou!
23. Daarom wil ek ook gladnie meer lewe nie; hier in die tempel wil ek verhonger, en dit sal my laaste offer wees wat ek aan hierdie raaiselagtige God sal bring!
24. Dit is so wat my betref, en geen Wysheid sal my ooit tot `n ander besluit bring nie! En al het die Heer nou Self gekom, dan sal Hy niks meer met my kan uitrig nie!
25. Jy dooie volk, slaap maar in jou dood, en wees tot voedsel vir die miere en die wurms; oor `n rukkie sal ek dit ook wees! Dit is immers eindeloos veel beter om nie te bestaan nie, as om jou deur God aan die neus te laat lei!
26. Dank jou, my hart, vir dié insig; want nou asem ek weer vryer! Ja, beter en soeter is die gevoel van wraak, as dom vroomheid teenoor `n God vir wie dit so maklik is om my sonder rede te mislei!
27. En so geskied dit! Ek wil sterf en nie meer bestaan op U wêreld nie, ontroue God! Amen wat my betref; onherroeplik. Amen!”
|
|
|
|
|