`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Mira se vergeefse, onvriendelike uitnodiging aan die vaders tot die maaltyd in die hut. Die Heer maan tot deemoed. Mira nooi die vaders nogmaals uit, nou nie tevergeefs nie.

(3 April 1843)

7 Hierdie opdrag het ons Mira buitengewoon bly gemaak, en sy gaan dan ook met `n opgewekte gemoed na buite en kondig vir die vaders aan dat hulle hulleself, aangesien die maaltyd berei was, volgens die wil van die Heer in die hut moes begewe.

2. Maar aangesien Henog nie aanwesig was nie en op enige afstand nog iets met die vrouens te bespreek gehad het, sê Lameg aan Mira: “Kyk, Henog is nog nie klaar nie en sonder hom kan ons tog nie die hut binnegaan nie, omdat hy ons almal se geestelike oudste is?!”

3. En Mira antwoord Lameg: “Wat, is dit nou! Is Henog dan meer as die Heer? Ek meen tog dat elke mens aan die Heer meer en eerder gehoorsaamheid verskuldig is as aan `n mens; en Henog sal tog goed weet wat hy moet doen!

4. Ek het my opdrag aan julle deurgegee, en dit is genoeg; na binne trek kan ek julle nie en die Heer het my ook nie opgedra om dit te doen nie! Doen daarom wat julle wil; ek is vry en gaan weer in die hut!”

5. Maar Lameg het haar terug geroep en gesê: “Luister, my mooi môrekind, jy is tog `n bietjie snipperig! Hoe is dit, terwyl jy dan tog sulke vinnige voete het, dat jy in plaas van dadelik weer die hut inhardloop, vinnig na Henog loop om dieselfde aan hom te sê as wat jy aan ons gesê het?!”

6. En Mira antwoord: “Wel, kyk net wat jy nog alles van my verlang! Maar ek sê vir jou: Niks daarvan nie! Twee heersers kan mens nie goed dien nie; die Heer het my slegs hierheen gestuur!

7. As jy meer aan Henog geleë het as aan die Heer, kan jy self na Henog gaan. Jou voete is immers ruim tweemaal so groot as myne, dus kan jy self ook tweemaal so vinnig by hom wees!

8. Maar ons gesprek lyk soos die dors van leë strooi, waarby ten slotte niks anders te voorskyn kom nie, as leë strooi in plaas van graan vir brood; daarom gaan ek, julle kan doen wat julle wil!”

9. Hier maak Mira `n beweging in die rigting van die hut. Maar alweer hinder Lameg haar daarby met `n nuwe vraag; en dit het gelui: “Maar Mira, lieflike pêrel van die môre, as die Heer ons deur jou laat haal het, kan jy tog nie sonder ons terug hardloop na die hut nie?! Wat sal die Heer wel sê as jy met leë hande terugkom?

10. Sal Hy dan nie met nadruk aan jou sê nie: “Maar Mira, hoe het jy eintlik My opdrag aan die vaders oorgebring, dat niemand wil kom nie?”

11. En as die Heer dit aan jou sou sê, wat sal jy Hom dan antwoord om jou te verontskuldig?”

12. En Mira antwoord Lameg baie kort: “Ek weet niks daarvan dat die Heer vir my gesê het dat ek julle in die hut moes bring nie, maar slegs dat ek julle moes sê om binne te kom! En dit het ek ook gedoen; maar of julle gevolg daaraan sal gee, is nie my skuld nie, daarom gaan ek!”

13. En nou het Adam by Mira kom staan en het aan haar gesê, waardeur sy nog langer opgehou word: “Ja, my liewe kind, as jy ons maar nie eiemagtig uitgenooi het nie, dan sou alles wel in orde gewees het!”

14. Dit ontstem Mira selfs, en sy sê: “Nou, dit is tog wel `n groot sonde van julle almal; om in plaas van die wil van die Heer op te volg, wat Hy deur my mond aan julle bekend gemaak het, bring julle my maar net in die noute en wil julle my aldeur aan die tand voel. Dit is tog te erg; dit moet ek dadelik aan die Heer vertel!”

15. Met hierdie woorde hardloop sy die hut binne en wil haar teenoor die Heer oor die vaders bekla.

16. Maar die Heer was haar voor en het aan haar gesê: “Mira, waarom kom jy alleen terug? Waar is die vaders?”

17. Mira was eers bietjie verleë, na `n rukkie het sy egter gesê: “Ag, my allerbeste, heilige, mees liefdevolle Vader, die vaders daar buite is vreeslik en ongehoorsaam! Ek het dit presies so aan hulle oorgedra soos wat U dit aan my opgedra het; maar hulle... - nee, ek wil dit tog nie sê nie!” 

18. En die Heer het gesê: “Maar wat het hulle dan gedoen?”

19. En Mira antwoord: “As U dit egter wil weet, dan kan U dit ook weet sonder om dit van my te moet hoor!”

20. Maar die Heer het aan haar gesê: “Sien, so het jy die vaders voorheen tot gehoorsaamheid gemaan, en nou wil jy voor My Aangesig ongehoorsaam wees?! Hoe is dit met mekaar te rym?”

21. Mira het egter gesê: “O Heer, U sien tog immers dat daar in my hart geen sprake is van ongehoorsaamheid teenoor U nie!”

22. En die Heer gee ten antwoord: “Sien, Ek weet dat jy `n baie suiwer wese is! Maar tog het jy bietjie te onvriendelik met die vaders gepraat; daarom het hulle jou ook te verstane gegee dat `n meisie nooit so met hulle moet praat nie, maar altyd in die grootste deemoed! Gaan nooi hulle daarom nogeens uit, dan sal hulle jou wel volg!”

23. Hierop gaan Mira om die vaders nogmaals uit te nooi en hulle gee dan ook dadelik gehoor aan die nuwe oproep; en omdat Henog ook alles by die vrouens reggestel het, loop hy nou aan die hoof van die vaders en lei hulle almal die hut binne.

24. En Adam val voor die Heer op die grond neer en bedank Hom vir Sy groot erbarming; want sodra die vaders die hut binne getree het, het hulle ook geweet en alles gesien, wat daar in die laagte gebeur het, en hulle loof en prys die Vader daarom uit die diepste van hulle hart.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205