`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 140

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die twee sendelinge as messelaars in Hanoch, hulle klim op tot adviseurs van die duisend raadshere

(16 Oktober 1843)

140 En hulle beide het, met goddelike insig begiftig, vir die tweede keer na die groot stad Hanoch gegaan; en toe hulle daar aangekom het, het hulle hulle as arbeiders in diens laat neem en wel by die groot verbindingsbouwerke wat regstreeks vanuit Hanoch na die tien stede gelei het en wat daardeur as voorstede van Hanoch aangesien was.

2. Hierdie reglynige bouwerke het bestaan uit twee rye huise van één verdieping, wat van twee kante op natuurlike wyse `n breë straat volkome ingesluit het en aan die buitekant beskerm was deur `n magtige, aan beide kante opgewerpte walle.

3. Die kortste van hierdie strate was `n halwe dagreis lank, en die langste ruim `n hele dagreis.

4. En juis by hierdie langste straat, waaraan nog gebou was en wat in die rigting van Uvrak gelei het, het ons twee bodes hulle as bekwame messelaars in diens laat neem.

5. Hulle het weliswaar vir daardie werk geen loon gekry nie, omdat die herediens reeds by hierdie bouwerke ingevoer was, maar as messelaars het hulle die reg gehad om deur die opperliede van kos en water voorsien te word. Alle opperliede was deur die duisend heersers van Hanoch tot straf van die skommel opgedra om beurtelings vir die mondvoorraad te sorg, sodat die messelaars onafgebroke kon deurwerk, omdat hulle werk die belangrikste was.

6. En dus was beide ons bodes ook as messelaars iets beter daaraan toe as gewone knegte.

7. Hulle het hulle sodanig as messelaars onderskei, dat hulle die aandag van die inspekteurende heersers getrek het, deurdat hulle bouwerke so sierlik en gelykmatig was, asof hulle gegiet was.

8. Mense het hulle insig en hulle wyse gebruikmaking van die materiaal bewonder en die mense hulle baie gou tot opsigters verhef.

9. En toe hulle as opsigters aangestel was, het hulle die werk op hulle beurt met sulke insig en bedrewenheid gelei, dat die huise so pragtig was, dat elkeen daar bly staan en kyk het en hom maar nie genoeg oor die skoonheid van hulle bouwerke kon verwonder nie.

10. En die heersers van Hanoch het dit betreur dat hulle hulle talente nie vroeër leer ken en waardeer het nie.

11. Maar omdat daar nog `n lang stuk straat gebou moes word, was beide onmiddellik tot hoogste direkteure van die bou benoem en het so die algemene bou gelei; en al hulle bouwerke hoogs bewonder was.

12. En toe daardie enorme projek klaar was, en wel na verloop van tien jaar, maar natuurlik met behulp van enkele miljoene hande, waarby ook duisende en duisende mense ten gronde gegaan het, deels deur honger en deels deur mishandelings en ook dikwels deur die uitbreek van besmetlike siektes, was ons twee bodes deur al die duisend heersers tegelyk in die bestuurskollege opgeneem en was die opperste leiding van alle bousake aan hulle oorgedra.

13. Aangesien egter by sulke uitbreiding van die stad Hanoch, die stadsbewoners met hulle behoeftes, ook toegeneem het en daardeur genoodsaak was om die ander vorste steeds groter laste op te lê, wat dit nooit kon bybring nie, het die vorste in opstand gekom; sommiges het hulle hewig verset, ander het na verre lande gevlug.

14. En so was Hanoch aan die grootste nood prysgegee en het geen bron meer gehad om homself, tenminste teen die hongersnood, te beskerm nie.

15. Hierop word aan die twee opperste raadslede deur die duisend heersers gevra wat daar nou gedoen kon word om die stad te red.

16. Maar beide het die antwoord sewe dae uitgestel; want, het hulle gesê: “Groot en belangrike dinge het tyd nodig vir `n ryp beraad; daarom kan ons eers oor sewe dae die korrekte plan daarvoor aanbied.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205