`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 95

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Henog se wyse lewenservarings betreffende die vleeslike en die wêreldse liefde van die mense

(12 Augustus 1843)

95 Noudat Lameg hierdie aangename opdrag van Henog verneem het, het hy hom opgerig in sy gemoed en gesê:

2. “O geliefde broer, ek wil ook graag praat, solank my keel en my tong tot `n woord in staat is; maar die wonderbaarlike grootsheid en onbegryplike prag van hierdie plek verlam die hele spraakvermoë van `n arme sondaar soos ek, en so word die praat `n bittere saak as die spraakwerktuie die diens weier! Daarom wil ek jou vra of jy nie hier `n toespraak wil hou nie, sodat ek daardeur gestig kan word!

3. Oor die dwaasheid van die mense dink ek, het ek genoeg gesê; maar as daar ook iets te sê is wat hulle tot lof strek, open dan jou mond om dit te verkondig en maak daarmee my smadelike woorde weer goed!

4. Ek het egter vanuit my ervaring gepraat, en dit is beslis so soos ek met my weinige woorde beskryf het; maar jy, broer, sal sekerlik `n ander ervaring hê op die hoogte as wat ek het in die sondige laagte, en daarom sal jy ook beter as ek in staat wees om `n regverdige oordeel oor die mensdom te vel, en daarom vra ek jou om nou in my plek te praat!”

5. En Henog het Lameg die hand gereik en gesê: “Broer, dit is waar wat ons ervarings betref, jy het in jou laagte beslis baie ander ervarings opgedoen as ek op my hoogte; maar desondanks het jy in die algemeen vir die laagte, sowel as vir die hoogte, korrek gepraat, want ook hier tel die vlees in die algemeen meer as die Heer Self!

6. Ja, as iemand jou sou vra: “Broer, of suster, wat bemin jy en ag jy meer: Die vlees of God, jou Heer, Skepper en Vader, dan sal hy jou dadelik sê: “Wat se ontstellende vraag is dit?! Wie sal ooit die vlees meer liefhê as wat hy God liefhet?! Nee, wat `n gedagte, so `n vraag is immers al `n sonde waarvoor die aarde tot in haar binneste kern bewe!”

7. Let egter op sy dade, op sy lewe, en dan sal dit baie spoedig blyk dat hy met die grootste plesier van die wêreld oor totaal veragtelike waardelose, wêreldse en die vlees bekorende dinge hele dae, weke, maande en jare sal praat!

8. Maar begin jy met hom baie ernstig oor God en oor suiwer geestelik lewende dinge te praat, dan sal hy baie verbysterd, treurig en bowendien nog uiters dom lyk, en jy sal na `n uur sien dat hy `n baie lang, verveelde gesig sal trek wat hoogs nadruklik aan jou sal sê:

9.”‘Vriend, jy is `n ontsettende saai mens! Praat oor iets anders, want van soortgelyke hoë dinge het ek geen insig nie! En omdat ek dit nie begryp nie, wek dit maar net verveling, innerlike wrewel en die spoedig daaropvolgende slaperigheid by my op! Praat oor `n kat, oor `n voël, oor `n mooi dogter (of oor `n mooi jongman), en ek sal dae lank met gespanne aandag na jou luister; maar bespaar my sulke hoë goddelike dinge, omdat ek geen insig daarvan het nie!”

10. Sien, dit sal so `n godvresende persoon jou wel nie in jou gesig sê nie; maar sy gedrag, sy gesig en sy gebare sal jou dit heftiger in jou gesig skreeu as die brul van `n hongerige leeu!

11. Daarom moet jy voorlopig die onderskeid tussen jou en my ervarings nie so groot maak nie en die hoogte taamlik gelykstel aan die laagte en hier sonder skroom praat, in die besonder wanneer Muthaël spoedig by ons sal kom met `n bepaalde bedoeling.

12. Nou sal ons egter deur die grot loop en vandaar in die rigting van die môre gaan; daar sal jy God se heerlike inrigting sien!

13. Maar soos gesê: Wanneer Muthaël daar by ons sal wees, sal ek hom na jou verwys en jy sal die korrekte woorde vind om met hom te praat! En so geskied dit in die Naam van die Heer! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205