`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 48

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die deemoediging van die nie-opregte kyklustige kritikus. Met die woord uit die mond is dit moontlik om te lieg.

(29 Mei 1843)

48 En die voormalige kritikus, heeltemal deurdring van die woorde van die vername Spreker en vol wroeging, het `n rukkie nagedink oor wat hy nou moet sê of moes antwoord of welke vraag oor die een of ander duistere punt hy nou eintlik aan die Spreker moes stel.

2. En na hy `n rukkie nagedink het, het dit hom te binne geskiet dat Lameg van plan was om die tempel op die berg in te wy; daarom het hy dan ook aan die vername Spreker gesê:

3. “Luister, my hoogs gewaardeerde vriend en broer, ek is volkome deurdring, vervul en duidelik oortuig van die diepe waarheid van jou woorde, waarom ek jou dan ook baie graag met duisende en nog eens duisende vrae sou wil lastig val! Maar sien, Lameg is van plan om vandag nog die nuwe tempel op die berg in te wy en maak aanstaltes om op te staan en daarom sal daar vóór hierdie hoogs heilige handeling nou nie veel meer gepraat kan word nie; maar na hierdie handeling wil ek jou geheel en al in beslag neem!”

4. Maar die vername Spreker het daarop aan die kritikus gesê: “Luister, broer en vriend, hinder ons dan Lameg en sy op hande synde handeling, met ons gesprek?”

5. Die kritikus het gepraat: “Ja, dit is na my mening slegs van belang, dat ons oftewel by die handeling ook aanwesig moet wees, of, omdat ek opmerk dat Lameg, Henog en sy begeleiers uit die hoogte ook aandagtig na jou woorde skyn te luister, ons met ons gepraat vir Lameg ophou!

6. Omdat jy my daarom vra, noem ek hierdie omstandighede, omdat dit die voortsetting van ons gesprek hier ietwat oorbodig blyk te maak. Origens wil ek daarmee in die geheel geen vaste bewering plaas met die oog op jou groot Wysheid nie; want jy sal die saak beslis dieper deurgrond as ek, omdat jy immers onmeetlik veel wyser is as ek. Bepaal jy daarom dan ook wat hier die beste is, dan wil ek my volgens jou Wysheid rig!”

7. En die vername Spreker antwoord die kritikus: “Ek is die volgende van mening: Ons was aan tafel genooi en het ook daarvoor hierheen gekom; maar ons is nog nie na die berg uitgenooi nie, en is ons ook nie gesê wat daar na die ophef van die tafel moet gebeur nie. En daarom het ons met die inwyding van die nuwe tempel op die berg niks te make nie!

8. Lameg en Henog sal ook sonder ons goed weet wat hulle moet of wil doen, en hulle sal hulle deur ons gesprek geen beperkings laat oplê nie! Wil hulle ons miskien ook by hulle hê, dan sal hulle dit vir ons meedeel, en ons sal hulle, al pratend met mekaar, volg; in die teenoorgestelde geval egter sal ons tog sekerlik kan doen wat ons beide wil?!

9. Sê My, is hierdie rede nie meer korrek en werksamer as jou teenwerpings nie? Wat dink jy nou daarvan?”

10. En die kritikus weet nie wat hy op hierdie vraag moes antwoord nie en begin baie ernstig daaroor na te dink; want hy was baie kyklustig en dit was vir hom baie belangrik om die inwyding saam aan te gaap.

11. Die vername Spreker het dit baie goed gemerk en het daarom aan die verleë kritikus gesê: “Luister, broer en vriend! Is dit dan so moeilik om in alle dinge en wendings van die lewensomstandighede opreg te wees?!

12. Sien, in jou en vir jou het dit tog sonhelder gelê, waarvoor die woord uit die mond die beste deug! Die woord uit die mond is vir niks so bruikbaar as juis die leuen nie!

13. Jy het omstandighede vir My genoem wat ons sou hinder by ons gesprek, maar dit, wat jou betref, volledig versin is; want dit gaan vir jou nóg oor die inwyding van die tempel, nóg oor Lameg se daartoe bepaalde tyd, en netso min oor die feit dat hy so aandagtig na My woorde luister, maar dit gaan vir jou alleen oor jou kyklus!

14. Want jy wil graag die seremonie bekyk; maar omdat jy niks van die lus wil opgee nie, wil jy dat Ek swyg. Is dit nie so nie?!

15. Maar wat `n eer is dit vir `n man as hy `n vrouehart het wat vol geheime streke is, waarin Ek en elke waaragtige wyse man, `n afkeer het?!

16. Maar Ek sê vir jou: Verbeter jou lewe, en reinig jou hart, sodat Ek geen afkeer daarvan sal hê om verder met jou te praat oor dinge wat alles belangriker is as die onveelseggende inwyding van die tempel!”

17. Hierdie woorde het vir ons kritikus as `n geweldige skok gekom en hy het begin om hom so vreeslik te skaam dat hy wou vlug; maar die vername Spreker het hom daarvan weerhou.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205