`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 116

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die rou oor Adam se heengaan. Die stygende aansien van Eva. Die dood van Eva

(12 September 1843)

116 Toe die kinders van die wêreld in die laagte die berig van Adam se dood ontvang het, was hulle in diepe rou en het drie dae lank gevas.

2. En Lameg, wat in dié tyd nog lank trou en goed geleef het, het bodes na alle kante van die aarde gestuur en aan alle toenmalige bereikbare volkere die dood van Adam laat verkondig.

3. En waar die berig gekom het, het diepe rou dadelik ontstaan, en almal het geweeklaag en geween oor die verlies van die aartsvader.

4. Maar Eva het nou des te meer aan aansien gewen, want dit het dikwels gebeur dat hele prosessies hulle van alle kante na die hoogte begewe het om die aartsmoeder te sien en te begroet.

5. Selfs afgesante uit Sihin (China) het gekom op die gebergte van die kinders van God en het Eva besoek, want ook hulle het van Lameg se bodes gehoor dat die aartsvader Adam gesterf het.

6. Maar die nakomelinge van Kain (Kainiete in Afrika) en Meduhed (Meduhediete in Japan) het dit nie te hore gekry nie, want hierdie twee volkere was toe heeltemal afgeskei van die bewoners van die vasteland.

7. Eva was tot aan die einde van haar lewe, ondanks die baie vertroostinge, tog steeds diep bedroef; selfs die vertroostinge van Henog kon haar hart nie veel verlig nie.

8. Slegs Set was dikwels in staat om aan Eva se hart goed te doen, omdat hy vanouds haar liefling was en hy heeltemal soos Adam gelyk het, in sy gesig, sowel as in sy postuur en in die klank van sy woorde.

9. So het ook hierdie dertig jaar in goeie, algehele orde verbygegaan; en toe Eva se lewe ten einde kom, was sy ook deur die Heer weggeroep.

10. Dit het drie dae voor Eva se dood gebeur, juis toe Set, Jared, Henog, Methusalag en Lameg die reeds baie swak aartsmoeder omring het, dat, deur toelating van die Heer, die gees van Adam die hut binnegekom en gesê het:

11. “Kinders, wees geseën! Vrede sy met julle, en vrees nie, want ek is Adam, wie julle almal in die vlees verwek het deur die barmhartigheid van die almagtige, ewige, lewende God!

12. Kyk, die Heer, Wie Hom al dertig jaar gelede oor my ontferm het, het Hom nou ook oor Eva, my dierbare vrou, ontferm en wil haar verlos van die aarde en van haar meer as vermoeide en swak geworde vlees, sodat sy nou ook in my lewensrus sal binnegaan en met my soos `n volgsame en sagte lam sal wei op die geheiligde weide van God se erbarming!

13. Die gees van Sehel het My verlos, maar Eva sal ek self ontbind van haar aardse las en sal haar bring na waar ek is, in soete rus, wagtend op die dag wat volgens die belofte vir die aarde sal wees soos `n son van die sonne!”

14. Hier het Henog aan die gees gevra: “En wanneer sal jy dit presies doen, en wat moet daar met die liggaam van ons moeder gebeur?”

15. En die gees van Adam het gepraat: “Nie ek nie, maar die Heer is jou meester! Op die derde dag vanaf vandag is die tyd bepaal; en wat jy moet doen sal die Heer jou soos altyd meedeel!”

16. Hierop verdwyn die gees van Adam.

17. Op die derde dag het hy teruggekom, slegs vir Henog en Eva sigbaar.

18. En Eva het alle aanwesige kinders geseën en God geloof vir die barmhartigheid.

19. En die gees van Adam het vir almal hoorbaar gepraat: “Eva, my seën, met joune verenig, het jy aan die kinders gegee! Dit is die wil van die Heer dat ook jy na die huis terugkeer; kom daarom in my arms in die Naam van die Heer! Amen.”

20. Hierop het Eva dood neergesink, en haar gees en siel verdwyn met die gees van Adam en was verder nooit meer gesien nie.

21. So het die moeder in die kring van haar kinders gesterf en was weer in die gees deur Adam verenig, in sy geestelike arms opgeneem en gelei tot die rus in die Heer.

22. Maar haar liggaam was volgens die wil van die Heer, ook deur diegene wie Adam begrawe het, op dieselfde plek begrawe, en niemand mag geweet het waar dit was nie.

23. Ook die dood van Eva het `n jarelange rou veroorsaak en het bewerk dat baie `n teruggetrokke en baie vroom lewe begin te lei het.

24. Besonder magtig het die dood van Eva op die bewoners van die avondland gewerk, wat hulle nou Abedamiete genoem het; want Abedam was ook `n liefling van Eva, en sy was ook vir hom alles.

25. En dit was dus ook die einde van Eva.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205