`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 26

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Kisehel se dwase gedagtes oor die paring van Satana met God. Die verligtende opheldering oor die wese en die doel van Satana.

(27 April 1843)

26 Lameg en almal het die Heer gedank vir hierdie groot barmhartigheid en toe verder getrek.

2. Onderweg, in die buurt van die môrehoogte, bly die Heer egter staan en rig Hom, sonder om iets te sê, tot Kisehel.

3. Hy het so geskrik daarvan dat hy byna ineengekrimp het en nie dadelik kon bedink wat hierdie blik, waarmee die Heer hom aangekyk het, kon beteken nie.

4. Maar die Heer het hom nie lank in hierdie ongerustheid gelaat nie, maar rig dadelik die volgende vraag aan hom: “Kisehel! Waarom laat jy tog sulke dwase gedagtes in jou hart opkom?

5. Dink jy werklik dat God soos `n mens is en Hy op sinnelike wyse moet paar om Sy gelykes te verwek?! En dink jy dat God ook `n goddelike vrou daarvoor moet hê, om uit die vrou op sinnelike wyse verwekte kinders te verkry?! O, watter dwase gedagte het jy gehad!

6. As jy `n vrou het, kan jy dan by haar verwek wat jy wil? Sien, hierdie daad sal nie jou wil volg nie, ook nie die wil van jou vrou nie, maar altyd heers My goddelike, almagtige wil en daar ontstaan wat Ek wil, en nie wat jy graag wil nie!

7. Wil jy `n seun hê, dan gee Ek jou `n dogter, en wil jy `n dogter hê, dan sal dit `n seun word; want Ek alleen is die Heer oor al die lewe.

8. En as jy met jou vrou gemeenskap het, weet jy dan wel waaruit dieselfde bestaan wat jy verwek?

9. Ek sê vir jou: Dit en die middelpunt van die aarde is net sulke bekende dinge vir jou, en jy weet van die een netso weinig as van die ander!

10. Slegs aan My is alle dinge van die ewigheid goed bekend; want Ek alleen is die Heer, God, almagtig en van ewigheid eindeloos wys!

11. Om egter in die deur jou beslape vrou, volgens My orde, `n lewende vrug te lê, sê My, is dit vir My dan nodig om jou vrou dalk in die geheim te beslaap?!

12. En as daar wêrelde uit sonne gebore word en die plante en diere hulle gelykes verwek, sou jy dan in jouself ook vra of Ek dalk die sonne, plante en diere in die geheim beslaap?! 

13. O jou dwase mens, tot watter dwase gedagtes is jy tog in staat!

14. Sien, die vrou, of die eerste geskape gees uit My, is nie dieselfde as `n vrou op aarde nie, en Ek het geen vrou nodig om by haar kinders te verwek nie!

15. Want as Ek die eerste gees in alle volkomenheid uit Myself te voorskyn kon roep, dan sal Ek tog ook in staat wees om sonder haar, as eerste te voorskyn geroepte gees, nog tallose ander te roep!

16. En so is hierdie eerste gees sekerlik nie deur My geskape vanweë die verdere voortplanting, asof Ek maar net met haar hulp die volgende tot stand kon bring nie, maar hierdie gees is deur My om geen ander rede in die bestaan geroep nie, as net soos wat jy te voorskyn geroep is, naamlik: Om My as die enigste God, Skepper, Heer en allerliefdevolste Vader te leer ken, My lief te hê en My dan so vir ewig in alle liefde lewend te dien.

17. Dat ook tallose geeste egter uit hierdie gees voortgekom het, gebeur omdat Ek haar volkome na My beeld gevorm en haar dan ook My vrye, magtige, skeppende lewe ingeblaas het.

18. Maar omdat die gees bewus geword het van so `n groot volmaaktheid in haarself, begin sy ook vanuit haarself die seldsaamste dinge, en ook haar gelykes, in die lewe te roep.

19. Ek, as die allerhoogste en magtigste Liefde en Wysheid, Goedheid, Geduld en Sagmoedigheid, laat egter die agterlike skepsels voortspruit uit die gees, laat hulle gedy en doen vir hulle deurgaans alles wat Ek doen vir diegene wat uit My voortgegaan het, en sorg vir hierdie vreemdes soos vir hulle uit My eie vaderhuis.

20. Sê my: Moet Ek dalk een of ander goddelike vrou hê om hemel, engele, sonne, wêrelde, mane, plante, diere en mense chaoties deurmekaar te verwek deur middel van `n sekere byslaap?

21. O sien, dit is nie nodig vir die ewige, uit en in Homself almagtige Skepper nie! Want Ek hoef maar te wil en dit wat Ek wil is al daar.

22. Sien, nou wil Ek dat daar voor ons oë tallose skares van mense van albei ontstaan, en kyk, daar is hulle, en Ek sal hulle, wat nou geskape is, in ewigheid nooit vernietig nie, maar plaas hulle nou in jou teenwoordigheid op die sterre! Kyk, daar gaan hulle al, My lowend, hulle ewige, salige bestemming tegemoet!

23. Jy is nou nagenoeg star van verwondering! Maar Ek vra jou of Ek `n vrou daarvoor nodig gehad het.

24. Jy ontken dit nou, omdat jy My mag gesien het.

25. Maar Ek sê vir jou: Laat jou daarom ook nie meer deur sulke dwase gedagtes in beslag neem nie, as jy wil hê dat Ek jou moet verdra! Bedink nou dat daar tussen My en jou `n groot verskil heers, wat slegs deur die liefde soveel moontlik verminder kan word! Nou trek ons weer verder! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205