`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 347

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die bodes kom met hulle kuddes by Noag aan. Die aanwysings van die engele vir die onderdak bring van die diere. Die laaste termyn vir die opname van beskermingsoekende mense

(17 Augustus 1844)

347 Toe hierdie buitengewone bodes met die byeengebringde diere die hoogte by Noag bereik, kom Noag en sy broer Mahal hulle spoedig tegemoet en beide verbaas hulle oor die groot hoeveelheid diere en oor hulle baie verskillende vorms en gedragswyses.

2. Die engele sê egter aan Noag: “Maak die deur van die ark oop sodat ons die diere na binne kan bring na hulle bestemde hokke; hulle voer sal ons in hulle hokke plaas, en hulle sal daagliks volgens hulle innerlike aandrang, soveel daarvan eet, as wat vir hulle instandhouding nodig sal wees!

3. Jy moet dus vir niks anders as water sorg nie, wat egter nie moeilik vir jou sal wees nie. Kyk, aangesien die ark tot meer as die helfte in die water sal lê, moet jy in die middelste verdieping `n gat boor en daar `n aftappyp van binne af bevestig! Wanneer jy dit sal open, sal jy dadelik soveel water kry as wat jy nodig sal hê.

4. En solank die Heer dit nog nie sal laat reën nie, moet jy die ark oop laat en die diere na buite en na binne laat gaan om self hulle water en ook hulle vars voedsel te soek; jy moet egter die hokke merk en die diere nie anders indeel as wat ons hulle nou ingedeel het nie!

5. Jy moet jou verder ook nie oor die indeling bekommer nie; want daarom plaas die bestemde voer ons vir elke dier in sy hok en elke dier sal sy hok daaraan herken!

6. Dra ook geen sorg vir die skoonmaak van die hokke nie; want dit sal skoongemaak word sonder jou inspanning!

7. Laat nou ook die venster in die dak oop, sodat die voëls daardeur na binne kan kom! Wat hulle voer betref, daarvoor sal ons sorg; slegs vir die water sal jy en jou gesin voor moet sorg!

8. Die Heer Self sal jou laat weet wanneer jy die ark moet sluit en die deur vervolgens goed met pik moet afdig en toesmeer! 

9. Wanneer mense vóór die reën by jou beskerming mag soek, dan moet jy hulle opneem; maar wanneer dit begin te reën, sal niemand meer in die ark toegelaat word nie!

10. Nou weet jy alles; die Heer sy met jou! Amen.”

11. Hierop verdwyn die engele, en Noag gaan met sy gesin en loof en prys vir God.

12. Maar Mahal was, soos `n natuurnavorser, saam met sy kinders maar net besig met die bekyk van die diere en het `n groot vreugde aan hierdie diereversameling gehad.

13. Wat verder, in die vervolg!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205