`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 78

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Lameg se woorde aan die volk wat hulle om die tempel versamel het. Oor die sigbare besoek van God

(15 Julie 1843)

78 Na hierdie belofte begin Lameg dadelik met die werk wat aan hom opgedra was. Hy gaan na die drumpel van die oop tempel en rig die volgende woorde tot die volk, wat reeds grotendeels wakker was:

2. “Luister almal na my, liewe broers en susters! `n Eindelose genade en barmhartigheid van bo uit God se verligte hemele het ons almal weer te beurt geval.

3. Ons almal, ja die hele wêreld sal ewig nooit in staat wees om die grootte van die genade en barmhartigheid hoog genoeg te waardeer, te prys, te roem, te loof, haar te aanbid, vir haar te dank en daarvoor God, die Heer, passende waardige eer te betoon nie!

4. Broers, gister het julle in julle midde die wyse Man gesien en ook gehoor en het julle julleself ten seerste verwonder oor Sy hoë en diepe Wysheid! Maar geeneen van julle wis waar hierdie wyse Man vandaan gekom het, sodat julle dit dan ook meermale vir julleself afgevra het en niemand in staat was om julle `n afdoende antwoord te gee nie.

5. Dit weet julle almal, omdat julle dit duidelik saam met my gehoor het. Weet julle egter nou al wie die wyse Man is?

6. Julle ontken dit en vra in gespanne verwagting van julle gemoed: “Wat is dit nou skielik met hierdie Man, wie se groot Wysheid ons almal in `n hoë mate bewonder het?”

7. Ja, my geliefde broers en susters! Met hierdie Man is iets eindeloos verhewe, allerwonderbaarliks aan die gang, wat alles vir julle opgewonde gemoedere nie sonder skade met één woord uitgespreek kan word nie! Daarom vra ek julle almal: Luister rustig na my en verneem die grootste, die allerhoogste!

8. Julle was aanwesig toe die tempel benede vir die waardige opname van die allerhoogste Naam van JaHWeH ingewy en lewendig geseën was, sodat my groot skande daardeur bedek was, wat ek teen die allerhoogste en allerheiligste Naam begaan het!

9. Weet julle nog wie die Een was wat daar aan die sy van Henog soos `n Bode van die hemel binnegetree het?

10. Hierop sê julle tog: “Dit was `n allerhoogste magtige bode uit God se verligte hoogte!”

11. Maar wie was die arme Man wat die aand by ons gekom het en wie my dienaars nie eens wou binnelaat in die eetsaal nie, sodat ek self na buite moes gaan om Hom te verlos van die mishandeling van my dwase dienaars en Hom vervolgens na my tafel begelei het?12. Julle sê: Baie het gesê dit was God, die Almagtige Self gewees; maar baie kon dit nie verstaan nie en het naderhand nie geglo dat die arme Man die ware God en Skepper en dus JaHWeH Self was nie!” 

13. Sien, so was dit voortdurend met julle hart gestel, en daarom is dit nie moontlik om veel oor die allerhoogste dinge met julle te praat nie, want julle is nog lank nie ryp genoeg om te begryp wat God is, en hoe Hy tot ons, Sy skepsele en kinders, kom nie!

14. Maar weet dat ons God nou weer in die wyse Man tot ons gekom het ,om ons Self te soek, aan te trek, en te lei vir Hom en tot Hom!

15. Berei julle daarom voor; Hyself sal Hom vanuit hierdie tempel openbaar! Maar laat niemand van julle `n voet oor die drumpel sit nie, want die tempel is nou heilig, omdat God die Heer dit Self betree het!

16. Geseënd is hy wat Sy stem sal hoor en hom daarvolgens sal rig! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205