|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 330
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Die vrugtelose raad van die hooglanders en hulle argwaan ten opsigte van Mahal. Mahal se antwoord en profesie. Die ongelowige antwoord van die tien vorste
(26 Julie 1844)
330 Die tien vorste van die hoogland het egter ook `n raad byeengeroep om te oordink wat hulle sou doen, as die Hanochiete nie hulle woord hou nie. Die beraad het drie maande geduur, en hulle kon nie tot ooreenstemming kom oor hierdie saak nie.2. Maar hulle het gefaal, omdat hulle nie vir Mahal by die beraad betrek het nie, en wel omdat hulle gemeen het dat Mahal dit heimlik met die Hanochiete eens sou kon wees en hy bygevolg ook raad sou kon gee waardeur hulle soveel vroeër in die hande van die Hanochiete oorgelewer kan word.
3. Hierdie argwaan teenoor Mahal het hulle geput uit die feit dat hulle hom veels te sagkens aan die afgevaardigdes uit Hanoch die woord hoor voer het, terwyl hulle vroeër die doodvonnis vir die bodes verwag het van hom.
4. Mahal het dit baie goed gemerk en baie kwaad geword daaroor.
5. Die tien vorste het drie maande lank beraadslaag en kon nie tot `n besluit kom nie. Toe het hulle vir Mahal na hulle toe geroep, wat in die klein bergstadjie, alleen in `n afgeleë huis geleef het, en het hom gevra wat hulle teen die Hanochiete moes onderneem as hulle nie hulle woord gaan hou nie, aangesien daar tot nou toe nog heeltemal niks van die oorlogskatting gekom het nie. Mahal het gesê:
6. “My beste vriende, in my hart spyt dit my dat julle so laat na my toe gekom het, omdat my raad julle nie meer van nut kan wees nie! Het julle my maar dadelik aan die begin van julle nuttelose beraad, wat heeltemal verniet vir drie maande aangehou het, vir die korrekte raad gevra het, dan kon ek julle ook goeie raad gee, maar nou is dit te laat!
7. Want gedurende julle beraadslaging, het die ywerige Hanochiete presies genoeg tyd gewen en kon hulle ongestoord op honderd gunstige plekke, meer as duisend vadem diep myne grawe en elk daarvan ook van tienduisend pond uiters kragtige springstof voorsien; en vandag nog word al hierdie myne opgeblaas, waardeur julle grond op die honderd plekke met baie geweld verwoes sal word!
8. En julle sal daarom moet vlug, as julle die wraak van die Hanochiete wil vryspring! Vlug daarom liewer dadelik, want môre kan dit te laat wees!”
9. Toe die tien vorste dit van Mahal verneem het, het hulle gelag en gesê: “Vriend, as dit al is, dan kan ons rustig hier bly, want ons weet presies wat se uitwerking die springstofkorrels het, en hoe diep mens in drie maande in die grond kan grawe!
10. Kyk, as hulle in drie maande slegs veertig vadem diep in die gesteente kon deurgedring het, dan het hulle `n wonder verrig, om maar nie te praat van duisend vadem nie! Daarom is ons ook heeltemal gerus!”
11. Hier het die tien vorste weer gelag en Mahal so verlaat.
12. Wat verder, in die vervolg!
|
|
|
|
|