|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 177
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Die selfkennis van die nege-en-negentig raadshere. Die eenvoud van God se woord vererg die verstandshelde. Die bekeerde Danel en Ohlad as broers
(6 Desember 1843)
177 Hierdie woorde het `n groot gemoedsverandering by die nege-en-negentig veroorsaak; in die besonder ervaar hulle almal die gelykenis van die ooreenkoms tussen die oog en die hart, soos `n elektriese vonk deur al hulle ledemate, are en ingewande.
2. Vandaar dan ook dat die woordvoerder hom omgedraai en die volgende woorde tot sy broers gerig het: “Luister na my, broers! Die woorde van hierdie magtige bode, wie nou eerste minister is van Ohlad, wie God Self tot koning oor ons gesalf het, het my verkeerde sienswyse aan my getoon.
3. Ek weet nou hoe ons eintlik met al ons vernuf en verstand daaraan toe is, en dit is genoeg om in te sien dat ons vir geestelike en goddelike insigte werklik nog meer as steekblind is!
4. Want ons is tegelykertyd ook stokdoof en bowendien nog vreeslik verwaand en dom! En so is dit ook volkome regverdig dat ons nou so smadelik gedwing word om hierdie stad te verlaat, waar ons geruime tyd die groot heersers gespeel het; en aan my geskied soveel te meer geregtigheid, omdat ek my in julle midde altyd die mees hardnekkigste verset het teen alles wat suiwer geestelik of goddelik was.
5. Wie van ons sal hom nie die geskiedenis herinner van beide raadslede wie van die hoogte as dagloners na ons toe gekom het en baie gou uitvoerders van al ons groot bouwerke was nie. Toe hulle ons ten slotte verlaat het en na God, die enigste, almagtige Heer van hemel en aarde, gegaan het, het hulle ons gewaarsku?!
6. Maar hulle heerlike woorde was by ons almal, en veral by my, tot dowemansore gerig; ons laat beide manne, wie vir ons allerbelangrik was, liewer by ons weggaan as dat ons hulle saggeaarde goddelike woorde aangeneem het!
7. Met ons hoof en ons verstand het ons altyd elke woord wat van God tot ons gekom het, weerstreef; daarom verdien ons nou ook nie beter as om op die dag van afrekening uit hierdie stad verdryf te word nie!
8. Maar ek weet vir myself wat ek sal doen: As `n ontwaakte, berouvolle boeteling sal ek weggaan! Julle kan doen wat julle wil; mag God se almagtige wil met my en met julle wees!”
9. Na hierdie woorde het hy hom weer tot Ohlad gewend en tot die tiental en hulle bewoë gevra om vergewing van sy halsstarrigheid en het hulle gedank vir die leer wat hom gewek het, en wou daarop weggaan.
10. Maar Ohlad het aan hom gesê: “Danel, ek sê jou: Soos jy nou is, bly jy, want die Heer het jou aangeneem omdat Hy so `n barmhartigheid oor jou laat kom het, en so sal jy ook deur my aangeneem wees!
11. Want nie julle nie, broers, wil ek verban nie, maar slegs julle halsstarrigheid; verban julle dit egter uit julleself, dan is dit nie nodig dat julle self met julle sonde op die vlug slaan nie, want dit is genoeg dat julle die sonde laat gaan het!
12. Wanneer die een broer die ander broer verban, dan verban hy ook homself van sy broer; en dit is ver van my!
13. Bly dus, en trag om ook die ander broers te laat bly, want ons almal sal nog volop te doen kry!”
|
|
|
|
|