`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 198

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die verdrukking van die slawekaste. Invoering van `n soort bieg en inkwisisie. Hanoch as die hel van die mensdom

(8 Januarie 1844)

198 Die steeds meer toenemende mag van die priesters het Japell nie geval nie, want hy het ingesien dat hy weens die onderhandelde voordele na die pype van die priesters moes dans. Maar wat kon hy doen?

2. Die priesters het hulle enersyds te veel in die gewete van die eenvoudige mense genestel, en andersyds het hulle geweet om die meer intelligente adel so uitstekend op `n troontjie te plaas, dat dit nie vir die koning moontlik was om deur die mag van die volksmenigte, nóg deur die outoriteit van die adel, die doen en late van die priesters teë te hou nie, want die eenvoudige volk, asook die adel, het die priesters in `n hoë mate gesteun, en die koning het geeneen van beide aan sy kant gehad nie.

3. Maar hoe het die priesters dit vir reggekry sodat hulle so `n groot aansien gekry het?

4. Die priesters het, met toestemming van die koning, die ingevoerde kastestelsel steeds vaster en vaster gevestig.

5. Solank hulle nog geen enorme berge skatte in hulle ruim skatkamers gehad het nie, was dit moontlik vir `n mens om hom, deur middel van geld, in `n hoër kaste in te koop.

6. Maar toe die priesters eenmaal onafsienbare hoeveelhede goud besit het, het die kastestelsel spoedig baie ander bestemmings verkry, en wel die volgende:

7. Slegs vanuit die kaste van die slawe was dit nog moontlik om hulle in te koop in die laer burgerkaste; vir elke ander kaste was egter bepaal dat niemand hom daar kon inkoop nie, ook nie met alle skatte van die wêreld nie.

8. Die uiters geheimsinnige priesterkaste het absoluut onbereikbaar vir elkeen gebly, want hulle het dit selfs vir die Satan onmoontlik gemaak om agter hulle streke te kom. Hulle het geweet om hulle planne so slu en fyntjies te smee, dat dit vir niemand moontlik was om ook maar iets te wete te kom van wat hulle van plan was om te doen nie.

9. Vandaar dat die koning ook so wantrouig geword het ten aansien van die priesters, dat hy homself ten slotte heeltemal opgesluit en niemand meer by hom toegelaat het nie.

10. Dit was natuurlik koring op die meule van die priesters; want eers nou was hulle heerskappy volledig.

11. Van die kant van die priesters af was die een wet na die ander aan die volk bekendgemaak, as synde afkomstig van die koning, maar waar elke letter vir die koning vreemd was. Die een ketting na die ander was om die slawekaste gesmee.

12. Maar toe hulle te erg begin te kla, word dit van priesterlike kant af as strengste boetedoening, selfs die praat, op straf van die dood verbied en ook word hulle die moontlikheid beperk om in die laer burgerklasse in te koop; maar wel kon enige laer burger, by die minste vergryp, tot die kaste van die slawe verdoem word, en wel omdat sy besit die priesterkaste ten deel geval het.

13. Maar hoe het die slawekaste geleef? Presies soos die vee!

14. Die adellikes en die vername burgers het die slawe van die priesters gekoop (natuurlik heeltemal naak, want `n slaaf mag geen klere gedra het nie) en het stalle vir hulle gebou, soos vir die vee.

15. Hierdie slawe was deur middel van `n metaalring om hulle lendene en `n daaraan stewig vasgemaakte ketting aan die voertrog vasgebind en was slegs losgemaak wanneer hulle na die werk gebring was.

16. Die aansien van die adel en die gegoede burgers was gebaseer op die aantal slawe; daarom was hierdie slawekaste ook so sterk uitgebrei.

17. Elke adellike en elke gegoede burger het daarom getrag om so veel moontlik slawe te koop, en die priesters het dit beskou as een van hulle belangrikste take om steeds meer slawe te maak.

18. Om dit so eenvoudig moontlik te bewerkstellig, het hulle `n soort bieg en `n inkwisisie ingevoer. Wie derhalwe vir die bieg opgeroep was, kon nie meer aan die slawerny ontkom het nie.

19. Meer hoef nie gesê te word nie. Twintig jaar na die invoering van die eerste kastestelsel, het Hanoch `n hel geword vir die arme mensdom.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205