`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 190

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die handhawing van die orde in Hanoch tot by die dood van Ohlad en die tien ministers. Ohlad se seun Dronel as koning en sy gemor teen die Heer.

(23 Desember 1843)

190 Solank as wat Ohlad en die tien ministers geleef het en die nege-en-negentig aan een stuk deur aan alle kante besig was met die handhawing van die algemene orde, het dit in grotendeels taamlik goed gegaan, ofskoon hulle nie heeltemal geslaag het om al die boosheid in so `n groot stad met wortel en tak uit te roei nie.

2. Want hoewel die teaters, dieregevegte en die galante geselskapslewe afgeskaf was en slegs die besoeke ter ere van God toegestaan was, het die vrome bedevaarte `n ryk vergoeding daarvoor gevorm. Mens het hierdie godsdienstige byeenkomste benut, soos dit deur die bemoeienis van die Satan by sodanige geleenthede gaan, as synde baie geskik vir allerlei doeleindes wat Ek nie verder hier wil aanroer nie.

3. Maar soos gesê, dit was nou die onkruid tussen die koring wat deur die vlyt en ywer van Ohlad en sy ministers steeds sorgvuldig soveel moontlik uitgetrek was.

4. Maar sy seun, wat hom in die regering opgevolg het, was baie gemaksugtiger.

5. Wanneer Ek hom in die tempel tot ywer aangespoor het, het hy gesê: “Heer, gee my die wonderkrag van die tien ministers van my vader, wat daarmee vir dertig jaar lank die hele volk van die aarde op gelukkige wyse gelei het, en ek sal dit honderd jaar lank nog gelukkiger lei! Maar as U, Heer, my wondermag gee, gee my dit dan nie van vandag tot môre nie, maar gedurende my hele lewe, dan sal ek die volk sonder ministers lei!”

6. So het hy altyd wonderkrag van My geëis as Ek hom tot vlyt aangespoor het en hom ook altyd belowe het dat Ek hom tog met al met My krag sou bystaan wanneer hy My bystand met korrekte ywer sou nodig hê.   

7. Maar daarmee was hy nie tevrede nie, het gewoonweg kwaad geword vir My en het gesê: “As U, Heer, my nie die wondermag wil verleen nie, maar dit net Self wil gebruik by buitengewone geleenthede, waarby ek U bowendien nog dae lank daarvoor moet vra, gaan sit U dan maar op die troon en regeer die volk Self, en laat my onvermoeid!”

8. Omdat hierdie opvolger van Ohlad dus steeds onenigheid met My gehad het, omdat Ek hom nie die wondergawe, vanweë sy speelsug, kon gee nie, was sy belang vir die regering maar baie lou.

9. Die bedevaartstogte het almaar toegeneem, en die geselskapslewe het daardeur ook steeds meer terrein gewen, en daar het steeds meer bedevaartsoorde gekom.

10. En so het die afgodery ook steeds meer om hom heen gegryp, want die mense het nou die gedenkplate van JaHWeH aanbid en nie meer vir My in hulle hart nie.

11. Die volk, net soos die koning, het Ek met allerlei plae bestraf, maar as iemand eenmaal lou geword het, kan hy nie meer goed gehelp word nie.

12. Ná, of ook tydens elke straf, het die koning wel by My in die tempel gekom, maar nie om My om barmhartigheid en erbarming te smeek nie, maar om met My te stry en om allerlei spitsvondige verwyte teenoor My te maak!

13. So het hy eens na My toe gekom, toe Ek weens die enorm toenemende hoerery `n klein pes na die stad gestuur het, wat in een week tweehonderdduisend mense gedood het, ewenwel net in een deel van die stad (met die voorstede daarby het Hanoch toe `n bevolking van twaalf miljoen mense gehad) en gesê:

14. “Waarom wurg U, Heer, so langsaam? Laat die hele stad saam met my daarby, met één hou uitsterf, dan het U aan alle kwaad `n einde gemaak met één hou!”

15. Straf Ek hom by sodanige ontmoetings daarvoor, dan het hy gesê: “Slaan u maar! Dit is immers ook `n eer wanneer so `n swak koning van Hanoch deur sy God en Heer geslaan word!”

16. As Ek hom `n siekte gestuur het, dan het hy hom op sy leerstoel die tempel laat indra en het daar solank vreeslik teen My tekere gegaan totdat Ek weer die siekte van hom af moes wegneem. Soms het hy belowe om My te volg, maar soms het hy My ook selfs gedreig. 

17. Voorwaar, hierdie koning, wie Dronel geheet het, het My geduld behoorlik op die proef gestel! Ek het egter tog gedurende vyftig jaar die heerskappy aan hom oorgelaat, omdat hy My, afgesien van sy ure van boosheid, tog baie liefgehad het.

18. Maar hoe dit verder gegaan het, sal die vervolg toon!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205