`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 363

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die vestiging van Noag. Die aanwysing vir akker- en wynbou. Noag se roes uit onwetendheid. Die vloek oor Kanaän en die verstoting van Gam en sy gesin

(5 September 1844)

363 Na `n tyd het Noag in sy omgewing rondgekyk na goeie hout om `n hut te bou; maar daar was weinig of niks te vinde nie, omdat die vloed alle bosse onder `n laag sand van meerdere vadems bedek het of hulle het - veral van die berge - heeltemal weggespoel en was in die dale onder slik en steengruis begrawe.

2. Daarom het Noag aan die Heer gevra om hom hout aan te wys waarmee hy `n hut kon bou.

3. En baie spoedig het daar `n bode gekom uit die streek waar die Heer heengegaan het, en hy het Noag na `n plek gelei waar `n mooi bos was, en het aan hom gesê: “Kyk, Noag, dié bos het die Heer onder die water vir jou bewaar! Daarom moet jy jou hier in die omgewing van die bos vestig en hier die hut bou wat jy nodig het! Ook moet jy akkers aanlê en allerlei graan verbou wat jy in die ark hierheen gebring het!

4. En kyk, hier by jou voete is `n struikagtige gewas; dit is die wynstok! Plant die takke daarvan georden in die aarde; bemes hulle en spit hulle met sorg in, dan sal hulle soet druiwe, vol van die beste sap, vir jou gee.

5. Pers hierdie druiwe dan uit in `n goeie houer wat gesluit moet word! Laat die sap goed in die vat gis; en as dit helder word, drink dan daarvan met mate, dan sal jy daardeur versterk en baie opgewek en vrolik word! So wil die Heer dit hê; handel daarvolgens, dan sal jy jou hele lewe lank vrolik en opgewek wees!”

6. Na hierdie woorde het die bode Noag verlaat, en Noag het met sy seuns, wie Sem, Gam en Jafet geheet het, dadelik aan die werk gegaan; en so het Noag sewe jaar na die vloed `n goeie en stewige hut gehad om in te woon en baie akkers, weiding en `n egte mooi wingerd, wat egter volgens die wil van die Heer eers na tien jaar begin vrugte dra het.

7. Toe het Noag die druiwe versamel en dit uitgepers in `n vervaardigde vat van sederhout, het vervolgens die sap goed laat gis, en toe dit helder was, het hy daarvan geproe en het dit buitengewoon smaaklik gevind, sodat hy `n gedugte hoeveelheid ingeneem het.

8. Maar aangesien hy nie die uitwerking van die sap geken het nie, het dit gebeur, dat hy daarvan behoorlik besope geraak het en in `n diep slaap versink het. Maar omdat die wyn baie warmte in sy liggaam opgewek het, het hy hom ontklee en heeltemal naak op die groen gras onder `n skaduryke vyeboom gaan lê, waaromheen die daklose hut gebou was.

9. Toe Gam, Kanaän se vader, (Kanaän was in die tweede jaar na die vloed gebore) nou deur Kanaän gelei, in die oop hut gekom het en Noag se skaamte gesien het, het hy na sy broers gegaan en dit buite die hut aan hulle vertel.

10. Maar Sem en Jafet het `n mantel geneem, het dit oor hulle skouers geplaas en rugwaarts die hut binnegegaan na vader Noag toe en het hulle vader se skaamte bedek; maar hulle gesig was afgewend sodat hulle hulle vader se skaamte nie gesien het nie.

11. Toe Noag uit die roes van die wyn ontwaak en vervolgens gehoor het wat die kleinseun van Gam hom aangedoen het, het hy aan Gam gesê: “Jou seun Kanaän is daarom vervloek; deur alle tye van die tye sal hy `n kneg van die knegte wees en die geringste onder die broers, omdat hy my skaamte eerste aan jou verraai het!”

12. Daarop het hy hom tot die twee ander seuns gewend en gesê: “Geloofd sy God en mog Hy die geslag van Sem uitbrei! (‘en Hy moet Sem se geslag uitbrei’ is ‘n toevoeging), Laat Kanaän sy kneg bly! Laat God ook vir Jafet uitbrei en hom laat woon in die hutte van Sem; maar Kanaän sal sy kneg bly!”

13. Daarop het hy vir Sem en Jafet geseën; maar Gam het hy uit die hut verstoot met vrou en kinders.

14. Nog meer in die volgende!

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205