`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 111

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die droewige ware voorspelling van Henog en die sagte en ernstige berisping van Adam. Die mislukte poging van Adam om hom te regverdig

(4 September 1843)

111 En Henog het hom tot Adam gewend en gesê: “Vader Adam, al baie het ek uit jou mond verneem, maar nog nooit `n volledige huis en deurverbod nie!

2. Ag, hoeveel gelukkiger sou ons nakomelinge gewees het, as dit nie van jou gemoed ontsnap het nie!

3. Waarlik, wat jy hier gedoen het, o vader, as eerste mens op hierdie aarde, dit sal ook baie van jou kinders in latere tye doen!

4. Ja, ek sê dit nou vir jou, vanuit die gees van die Heer in my hart: Dit wat jy nou gespreek het uit die diepste van jou siel, dit sal jou kinders in werklikheid doen op `n wyse wat in die oë van die Heer die gruwel van die gruwels sal wees; en soos jy jou daarstraks verset het teen die woorde wat uit die gees van die Heer gekom het en my afgewys het, so sal jou nakomelinge met al die leraars doen wat van God se gees vervul sal wees, en hulle sal diegene huldig wat die gees van die wêreld sal predik!

5. Omdat jy jou van ons almal, op vader Set na, wou afsonder en niemand meer wou toelaat nie, sal daar maghebbers onder die volkere opstaan en sal hulle wreed oorheers; en die huise van soortgelyke heersers sal gesluit wees vir die arme volk, en niemand sal dit, by gevaar van eie lewe, durf waag om die huis van so `n heerser ook maar van veraf te nader nie.

6. En dit sal reeds gebeur na `n tydsduur wat die helfte bedra van jou huidige lewe; en oor nouliks die sesvoudige duur van so `n tyd as wat jy reeds op hierdie aarde geleef het, sal hulle lyk soos `n bose distel, waarby die een stekel hom teen die ander sal oprig. Meer hoef ek jou nie te sê nie.

7. O vader, waarom is jy so en wil jy nie net heeltemal aflê wat `n produk is van jou hoogmoed nie?

8. Sien, wanneer ek praat en handel, dan praat en handel ek nie vanuit myself nie, maar vanuit die Heer, Wie my, ten opsigte van julle almal, daartoe beroep het! As my woord egter `n woord van die Heer is, waarom verset jy jou dan daarteen?”

9. Adam was deur hierdie woorde van Henog buitengewoon diep getref en het daarom aan hom gesê: “O Henog, jou wyse vanuit God, welke harde dinge het jy my nou meegedeel!

10. Sien, ek sou dit nie uitgespreek het as ek geweet het dat die gees van die Heer uit jou gespreek het nie! Maar dit het jy my nie meegedeel nie, sodat ek van mening was dat jy vanuit jouself met my gepraat en `n bietjie hoogmoedig was en dit wou ek uit jou verwyder het.

11. Daarom moet jy my altyd vooruit meedeel of jy vanuit God se gees praat, of vanuit jouself, en dan sal ek weet om my altyd daarvolgens op te rig.

12. O sê my, is daar dan glad niks meer aan dit alles te doen wat jy nou deur my gedrag teenoor jou voorspel het nie?!”

13. En die Heer Self antwoord duidelik verstaanbaar deur Henog se mond aan Adam: “As jy Henog maar net tereggewys het, dan sou jou woorde geen gevolge gehad het nie; maar jy het gesê dat jy My ook sou verwyt het!

14. En kyk, daarom het jou woord die gevolge geskape; want elke woord wat tot My gerig word, is as `n geskape werk wat nooit meer vernietig kan word nie. Begryp dit!

15. O Adam, Adam, watter swaar laste sal jy nog alles op My skouers laai?!”

16. Nou eers het Adam heeltemal ingesien wat hy gedoen het en het bedroef geword.

17. Maar Henog het gesê: “Wees getroos; want die Heer het immers ook hierdie nuwe las van jou afgeneem en op Sy skouers gelê! Wees daarom opgewek en die Heer dankbaar!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205