`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 254

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die bode van Noag voor koning Gurat. Die verleiding van die bode en sy besluit om in Hanoch te bly. Die wens en die vurige verlange van die bode na sy suster

(28 Maart 1844)

254. Die bode vermaan homself en volg die generaal na koning Gurat.

2. Toe hulle beide by die koning aangekom het, was die bode ook met die grootste eer deur die koning self ontvang en eers toe word hoflik aan hom gevra wat vir hom op die hart gelê was.

3. Die bode het diep voor die koning gebuig en gesê: “Grote koning en heer, ek het slegs die opdrag om met die generaal te praat! Hom het ek die rede van my sending laat weet, maar hy het my daarop met verbasingwekkende wysheid, die volkome leegheid van my sending getoon en daarom wil ek dit liewer nie weer herhaal nie!”

4. Daaruit lei die koning af dat die bode verstand besit en het daarop gesê: “Luister na my, my seun! Ek sien dat jy `n aardige jongmens is en menige talent skyn te besit; daarom sal ek jou in my huis opneem en jou leraars gee om jou in lees, skryf en reken en vervolgens in die verskillende ander kunste en wetenskappe te onderrig.

5. En as jy dan met sulke kennis en vaardighede toegerus is, dan sal ek jou tot `n groot heer maak in my groot ryk, waarop jy dan as sodanig allerweë in hoë aansien sal staan en `n baie goeie lewe sal hê. Die mense sal jou op die hande dra as jy hulle veelvuldig van diens sal kan wees! Is jy tevrede met dié voorstel?”

6. Die bode het die vraag met sigbare vreugde bevestig en daarop gesê: “O groot koning, omdat u so goed, mild en wys is, sou ek graag `n versoek wil rig!”

7. Die koning het dit toegestaan en die bode het gepraat: “O koning, hoor my aan! Sien, my vader heet Mahal en is `n broer van Noag! My vader is al byna vyfhonderd jaar oud en is nog so kragtig as toe hy vyftig jaar was. Ek is sy jongste seun en is ook al sewentig jaar oud en het `n hele spul broers en susters.

8. Maar ek wil nie oor hulle almal praat nie, maar slegs oor een suster wat ongeveer een jaar ouer is as ek. Sy is vir my baie dierbaar! Sou ek haar hier kan kry sodat sy by my sou wees, dan bly ek nog `n duisend maal eerder hier as dat ek sonder hierdie goddelik mooie suster hier sal bly!”

9. Die koning het geglimlag en gepraat: “Wat? Jy is al sewentig jaar oud en skyn nog eerder `n jongeling as `n man te wees?! Sê my, is dit ook by jou suster die geval?”

10. En die bode het gesê: “O koning, sy is nog so teer en mooi as toe sy nouliks sestien jaar was!”

11. En die koning het aan die generaal gesê: “Voorwaar, dit interesseer my! Sorg daarom daarvoor dat hierdie suster hier by haar broer uitkom, en die broer moet jou help daarby; en dat `n beloning nie sal uitbly nie, weet jy goed!”

12. Hierop het die generaal die bode dadelik na hom toe geroep, dit met hom bespreek en reeds die volgende dag was op buitengewone listige wyse jag op hierdie suster gemaak.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205