`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 160

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Ohlad in die beproewing deur die vuur

(11 November 1843)

160 Nou het Ohlad hom nie meer laat ophou nie en het vinnig na die tempel gegaan, wat steeds meer deur die mees hewigste vlamme omhul was.

2. Toe hy die vlamme tot op tien treë genader het, het so `n hitte hom reeds tegemoet gekom, dat hy dit nie meer kon verdra nie, en die goue sleutels van die tempel was so warm dat hy dit ook nie meer in sy hand kon hou nie.

3. Daarom het hy `n kort tydjie gestaan en dink onder die voortdurende verskriklike woede van die orkane, die ontelbare bliksems en die geweldige vuur:

4. “Wat moet ek nou doen? Om die tempel nog nader te kom is onmoontlik, want die hitte van die vlamme is te groot. Die sleutels kan ek nou al haas nie meer vashou nie, so warm het hulle geword; maar hoe gloeiend warm sal hulle nie dalk word as ek die ondraaglike hitte en verskriklik woedende vlamme nog meer sou nader nie?!

5. Maar nou weet ek wat ek sal doen! As dit die wil van die almagtige God sou wees om Sy heiligdom te open, dan sou Hy my beslis nie sulke verskriklike hindernisse in die weg gelê het nie!

6. Dit is dus seker nie Sy wil om die tempels te laat open nie! Daarom sal ek dit nou dus ook doen soos ek dit as raadsheer gedoen het toe meerderes teen my uitsprake gestaan het: Ek trek my heel beskeie terug en laat die tempel open deur wie dit maar wens!

7. Dit sou voorwaar die grootste dwaasheid wees, as `n swak mens dit met die krag van `n reuse tier sou wil opneem, wat sterk genoeg is om die kop van `n reuse stier bliksemsnel af te ruk; maar hoe dwaas sou `n mens wel nie wees om hom met God, die almagtigste wese van die ewigheid, in `n duidelike stryd te begewe nie?!

8. O nee! O nee! Dit doen ek nie, want die vuur is warm, dit brand ontsettend! Teen daardie element kan `n mens dit nie opneem nie; daarom sê ek nou nie meer: ‘Voorwaarts!” nie, maar baie beskeie: “Terug, en wel so vinnig moontlik!”

9. Daarmee het Ohlad omgedraai en het met baie vinnige treë teruggegaan na waar die tien bodes gestaan het.

10. Toe hy daar aangekom het, word hom onmiddellik gevra of hy al die tempel geopen het.

11. Maar hy het geantwoord: “Verhewe vriende van die Heer, van die almagtige God! Dit mag julle doen, wie met die vuur meer verwant is as ek; maar ek het nou wel my les geleer en baie duidelik ervaar dat die mens hom nooit aan die onmoontlike moet waag nie!

12. Hier is die nog baie warm sleutels! Ek gee dit aan julle en daarmee ook my hele amptelike waardigheid! Doen daarmee wat julle wil; maar ek sal God in Sy mag aanbid en my heeltemal terugtrek in die gewone burgerlike lewe!

13. Want werklik, as dit met God so moeilik gaan, kan jy Hom nie dien nie! Ek erken Hom nou en het Hom lief, maar verder wil ek met Hom niks te make hê nie!

14. Dat ek nie onwillig was om Hom met groot erns te dien nie, het ek voor die oë van elkeen, asook vir julle, aan die dag gelê; maar as Hy my so `n enorme spektakel onder my neus stamp, wat my krag ver te bowe gaan, dan trek ek my terug en laat hierdie saak aan iemand anders oor!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205