`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 153

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die emigrasie van die seshonderd-en-vyftig raadslede na Bo- Egipte

(2 November 1843)

153 Die eerste spreker van die raadshere, by wie dit slegs daaroor gegaan het om weg te kom, hoef nie lank na te gedink het oor die beswaar van diegene wat die korrekte wou doen nie, maar het al dadelik die volgende verweer gehad, wat so gelui het:

2. “Weet julle wat? Omdat julle julle eie voornemens raadsamer vind as myne, doen ons as volg: Diegene van julle wie dit tereg volledig met my eens is, volg my raad op, gaan haal, net soos ek, hulle vrouens en hulle kinders en hulle skatte en laai dit alles op ons mak kamele en trek as verstandelike oorwinnaars saam met my weg!

3. Maar diegene wat hier agterbly en die korrekte wil doen en so graag deur die volk met klippe begroet, of in die allerbeste geval, ten minste uit die stad verdryf gaan word, hulle kan as hulle dit wil, al die martelings hier afwag en sal uit die treurige gevolge die volgende les leer:

4. “Dit sou tog beter gewees het om die vermoeide lyf te red, en weg te trek met die eer van die seëvierende verstand, as om met `n gestenigde of ten minste afgeranselde rug en onder baie skande, bespotting, hoon en verwensings te bly!”

5. Maar ek is die eerste wat gaan! Wie my wil volg, die volg my; en wie dit nie wil nie, laat hy doen wat hy dink is heilsamer en beter!”

6. Hierop het daar seshonderd-en-vyftig opgestaan en gesê: “Ons volg jou raad op; as dit ons egter by die poort waardeur ons wil wegtrek, sleg gaan, kyk dan dat die deur jou so seker veronderstelde oorwinning van die verstand, nie te kortstondig word nie!”

7. Nou het diegene wat wou vlug, afskeid geneem en na hulle huise gegaan, hulle vrouens, kinders en skatte geneem, die kamele gelaai en het hulle nog dieselfde dag op die weg begewe.

8. En daar het heelwat volk in die strate byeengekom en mense het hulle verbaas oor hierdie karavaan van hulle anders so gestrenge heersers. Niemand het geweet wat dit kon beteken nie en elkeen het homself angstig afgevra waarop dit sou uitloop.

9. Sommiges het gesê: “Dit is merkwaardig! Die heersers trek weg met vrouens en kinders en allerlei bagasie, sonder dat daar soldate by is! Wat beteken dit?

10. Want dit lyk nie sommer soos `n wandeling nie, en nog minder soos `n reis na ander lande, want by soortgelyke geleenthede het daar immers altyd hele legioene wapendraers saamgetrek!”

11. Kortom, die volk het maar bly vra. Ten slotte het hulle die straatkantore binnegegaan om hulle in te lig, maar ook daar kon die mense geen antwoord gee nie.

12. En ons raadslede het as verstandsoorwinnaars weggetrek, sonder om ook maar êrens opgehou te word, want niemand het die moed gehad om hulle te vra waarheen hulle gaan nie.

13. Hulle het egter die rigting ingeslaan van die huidige Egipte en streke in die boonste deel van daardie land, in die omgewing van Elephantine (Aswan se omgewing), en het dadelik `n klein stadjie daar gebou om in te woon.

14. En dit was die eerste bewoners van daardie land.

15. Die verskrikkings van daardie land het hulle gedwing om hulle weer tot God te wend, en so het dié land spoedig ryk en magtig geword. Maar wat het die agtergeblewe raadshere gedoen? Daaroor in die volgende!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205