`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 124

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Woorde van die Heer oor die wese van die getroues en die ontroues. Die onverbeterlikheid van hulle wat verslaaf is aan ontspanning

(22 September 1843)

124 En Lameg het die Heer uit die diepste grond van sy hart gedank vir hierdie les en Hom gevra, nadat hy vir dit wat ontvang is, gedank het, of hy die getroues nie in `n enger kring om Hom heen moes versamel nie.

2. Maar die Heer het gepraat: “Laat dit soos dit is; want die werklik getroues sal ons trou bly, ook te midde van die mees bandeloses van hierdie geslag, wat My geheel en al sal vergeet!

3. En as iemand nie die egte trou het nie, dan sal `n enger kring hom ook weinig baat vir die ewige lewe!

4. As hy hom onder die getroues bevind, sal hy handel asof hy `n getroue was; maar bevind hy hom onder die ontroues, dan sal hy spoedig doen wat hulle doen.

5. As hy met jou praat, dan sal hy net dit sê waarvan hy weet dat dit jou sal behaag; maar as hy by die ontroues kom, sal hy net oorvloei van smerige wêreldse gesprekke.

6. Kyk, mense wat tussen God en dood soos sprinkane heen en weer spring, is ligsinnige, oppervlakkige mense. Hulle het geen geestelike lewensvog nie, sodat die saad van My lewende woord nie in hulle tot ontkieming gebring kan word nie en ook het hulle geen geestelike warmte waardeur in hulle die ewige saad van My woord tot daadkrag kan laat rypword nie; hulle het dit alles nie, omdat hulle dit nie wil hê nie, want om ligsinnig te wees, blyk vir hulle baie plesieriger en amusanter as `n vaste bestaan in My barmhartigheid.

7. Die soort mense is nie net die moeilikste om te verbeter nie, maar hulle verbetering is `n nagenoeg suiwer onmoontlikheid, en wel omdat hulle, na gelang van omstandighede, met alles ooreenstem.

8. As jy hulle sleg wil hê, plaas hulle dan te midde van die slegtes; as jy wil hê dat hulle vrolik moet wees, plaas hulle te midde van die vrolikes; as jy wil hê dat hulle goed moet wees, plaas hulle onder die goeies; as jy wil hê dat hulle wys moet wees, plaas hulle onder die wyses !

9. Maar los jy hulle alleen, dan sal hulle baie spoedig van suiwer verveling wanhopig word en wegkwyn!

10. En waarom? Omdat hulle geen eie lewe het nie en daarom sterk verlang na ontspanning!

11. Wanneer jy hulle ontspanning en vermaak beloof, sal jy hulle selfs `n sekere tyd ook met enige werk kan besighou; maar hou hulle slegs drie dae lank vas in een beslote kring, waarin geen ontspanning of vermaak is nie, dan sal hulle al op die eerste dag ellelange gesigte begin te trek. Op die tweede dag sal hulle mor en skel, en op die derde dag sal hulle of teen jou in verset kom, of hulle loop van jou af weg.

12. Want die leuse van hulle hart is: “Ons sal wel werk as dit moet, maar die werk moet lekker wees, en na die werk mag `n passende ontspanning nooit ontbreek nie! As dit nie daar is nie, bedank ons vir alle arbeid! Ontspanning moet daar wees!” 

13. As jy `n teater sou oprig, dan kan jy verseker wees daarvan dat hulle daagliks na jou toe sal kom om hulle in die spektakel te verlustig, soos `n brommer in vars afval; het verder maar geen hoop dat hulle na jou toe sal kom, solank daar vir hulle op `n ander plek enige tipe vermaak sal wees nie!

14. Hulle sal ook na My woord luister, maar slegs wanneer en solank dit hulle genoeë verskaf; maar die woord in hulleself tot lewende werksaamheid te laat gedy, daarvan sal jy nooit `n spoor ontdek nie!

15. Hierdie mense doen alles: Die goeie en die slegte as dit hulle maar genoeë verskaf; maar ontbreek dit, dan is hulle vir die een sowel as die ander dood.

16. Die rede daarvoor is die volgende: Omdat hulle glad geen eie lewe het nie, en wel omdat hulle dit al van jongs af geleer het om dit te verkwis, omdat hulle deur hulle dwase ouers maar net deur in die vooruitsig gestelde genoegdoenings tot geringe werksaamhede aangespoor was, waardeur hulle dan ook nooit die waarde van die werk nie, maar slegs die waarde van die ontspanning in hulle opgeneem het, met totale verlies van alle selfstandigheid en vryheid en sodoende ook al hulle eie lewe!

17. Ons laat daarom die getroues bly waar hulle is, want hulle sal ons nie verlaat nie, en so laat ons ook die ontroues waar hulle is, want die sal altyd teen ons wees!

18. Wat egter die ligsinnige brommers betref, hulle laat ons die afvalhoop heeltemal ongehinderd betrek; maar kom hulle ons spyse te na, dan is daar nog tyd genoeg om hulle weg te jaag! Die winter van die lewe sal hulle sonder meer vroeg genoeg die genadeslag gee!

19. Ons moet hulle egter ook nie oordeel nie, want hulle is immers slegs skadubeelde, kortlewende skimme van vandag tot môre, maar dan is dit vir ewig met hulle gedaan! Daarom is hulle ook hulle kort lus gegun, want hierna sal daar vir hulle geen meer volg nie.

20. Dit is My wil! Wees standvastig, julle getroues, in My liefde, want daarin sal aan julle bestaan ewig geen einde kom nie! Amen, amen, amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205