|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 240
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Gurat ondersoek die nuwe priesterlike instellings. Koning Gurat se ontmoeting met die priesters. Die koppige, maar goeie en waarskuwende woorde van die voormalige opperpriesters. Die verbanning van die opperpriesters
(8 Maart 1844)
240 Daarop het Gurat `n dag bepaal waarop al die priesterlike, deur die generaal oorgehaalde instellings ondersoek sou word. Die sewende dag was daarvoor vasgestel.
2. Toe die dag aangebreek het, het Gurat sy hele hofhouding byeengeroep en begewe hom daarmee, deur die generaal gelei, na die enorme kasteel van die priesters, wat soveel kamers gehad het, dat daar so `n vyfhonderd-duisend mense gerieflik ondergebring kon word.
3. Toe Gurat hierdie groot kasteel betree het, wat goed aan hom bekend was, was hy, as voormalige kollega, uitstekend deur die nuwe opperpriesters ontvang en bomatig gelukgewens; maar toe hy by die onderpriesters gekom het, het niemand hom verroer nie en elkeen het sy gesig van hom afgewend.
4. Dit het Gurat opgeval en hy het die ernstige vraag aan die agterdogtige en onbuigsame onderpriesters gestel, waarom hulle hom dusdanig bejeën het, omdat hulle tog geweet het dat hy die alleenheerser oor geheel Hanoch was, asook oor die hele, groot ryk.
5. Maar die onderpriesters het gesê: “Ons erken jou nie as heer oor ons nie, maar as `n rebel teen ons regmatige, deur alle gode bepaalde opperste heerlikheid! Ons moet jou wel gehoorsaam omdat jy alle mag na jou getrek het, maar ons kan jou ewig nooit ag en nog minder salf en kroon nie!
6. Ons sal wel doen wat jy ons sal hiet en gebied, maar ons aangesigte sal ewig van jou afgewend bly en ons harte sal altyd vol veragting wees vir jou!
7. Soos wat ons onsself egter ten aansien van jou sal gedra, so sal ook die ou Hoofgod en die nuwe gode, wat niks anders is as sy uitgaande kragte, hom ten aansien van jou gedra!
8. Ons heers oor die volk in Sy orde, ons het Sy goud afgeneem as die grootste vergiftiging vir die innerlike lewe en het die hoogmoediges met die slaweketting verdeemoedig en met die verlamming van die tong. Maar ons het die fout begaan dat ons die geel gif vir onsself gehou het! Dit het ons vergiftig en verblind en ons kon die planne van ons vyande nie meer deursien nie; daarom smag ons nou hier as slegte saakwaarnemers van die ewige belange van die ou God!
9. Ons het ons verdiende loon gekry en is bly dat God ons so genadig gestraf het, en dat ons bewus is van hierdie besoeking; maar jy het heeltemal van ons, asook van God, afvallig geword en sal nooit meer die verbinding opnuut met Hom vind nie!
10. Die verlies van ons heerlikheid pla ons niks, maar wel die feit dat ons halfpad gedood is, op `n weg waarop ons die volk weer tot die ou orde sou teruggebring het!
11. Maar nou het dit gebeur! Jy het nou alle geeste in die mense gedood; niks anders leef meer daar in hulle nie, as die natuurkrag wat jy as die enigste god aansien!
12. Daarom het die houer ook vol geword, waarvan ooit aan Kain berig was en waaroor Farak geprofeteer het, en die gerig van God sit al op ons nek! Daarom spreek ons hier ook die vloek, in plaas van die seën, oor jou uit! Dit is ons laaste woorde aan jou!”
13. Hierdie ontvangs het nie in die smaak van Gurat geval nie; hy was woedend, het al hierdie onderpriesters laat gesel, hulle toe verplaas na die verre oewers van die see en vervolgens baie ander onderpriesters aangestel, wat hom besonder goedgesind was. 14. Met hierdie ekspedisie was egter ook elke spoor van My, die enigste ware God, weggestuur, en die mees kragtelose en duister heidendom het sy volledige aanvang geneem.
15. Die ou priesters het My tenminste nog vir hulleself geken, maar nou het niemand My meer geken nie. Want die heldhaftige opperpriesters was nog nuwelinge en nog nie ingewy in die Wysheid van die oues nie en het weinig of niks van My geweet nie!
16. Maar wat verder gebeur het, dit sal die vervolg laat sien!
|
|
|
|
|