`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 129

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die begin van bigamie in Hanoch. Die oprigting van `n skoonheidsinstituut vir vrouens. Mensehandel en standverskil

129 Dié huwelik het die wêreld van die manne in hulle verafgoding, wel `n toontjie laer laat sing, deurdat hulle nou ingesien het dat daar vir hulle niks meer te verwag was nie; maar daarvoor het hulle hulleself in die arms van twee ander gewerp, wat `n nog groter boosheid was, deurdat ten eerste, elke ook maar enigsins op vrouens beluste man twee vrouens geneem het, een aan die regter- en een aan die linkerhand. En die koning kon dit nie verhinder nie, omdat die mansvolk aan die koning verklaar het dat dit slegs terwille van sy eer geskied het en selfs moes gebeur, waar die koning, wie se gees reeds baie swak geword het, glad niks daarteen kon inbring nie.

2. Dit was dus die eerste groot euwel, waarvan die geestelike gevolge onberekenbaar was.

3. Die tweede euwel egter, nog groter as die eerste, het hieruit bestaan dat alle op vrouens beluste manne nou uit suiwer eerbetoon aan die koning net soos hy, buitengewoon mooi vrouens wou gehad het, ja soos julle gewoond is om te te sê: Par honneur selfs moes hê.

4. Maar aangesien daar gelukkigergewys in die reël altyd nog meer vrouens was wat nie mooi was nie, as werklik baie mooi vrouens, - en dit ook in Hanoch die geval was, het die mens probeer om middele te vind om die vrouens kunsmatig mooi te maak.

5. Wie soek, die vind ook spoedig iets! So was dit ook hier die geval. Mense het `n skoonheidsinstituut opgerig vir vrouens; daar was `n groot gebou opgerig, waar enkele duisende meisies uit die hele stad, asook van die land, en uit die tien stede, opgeneem was, as hulle maar reg van lyf en lede was en tussen twaalf en twintig jaar oud was.

6. In hierdie instelling, wat mens “die Koning se eer” genoem het, was die meisies met die fynste spyse en dranke gevoed, met die fynste soorte olie gewas en het hulle ook `n opvoeding gekry waarin van God nouliks méér sprake was, net soos in die huidige tyd, waar die godsdiensonderwys in `n meisieskool, netsoos in alle ander onderwysinstellings, ook aan die laaste spyker hang.

7. `n Mens sal sê: “Uit so `n instelling kan tog nog geen ernstige boosheid voortkom nie!” Wees maar geduldig; dit kom nog!

8. Wie nou uit dié instituut twee vrouens wil hê, moes aan die leiers van hierdie instelling `n stywe bedrag vir die opvoedingskoste betaal. Verder moes hy weer twee jong, mooi meisies inlewer en was hy verplig om vir hulle `n beskeie opvoedings- en skoonheidsbydrae te betaal. En ten derde moes was hy ten slotte verplig, om die so verwerfde vrouens, nooit te laat werk nie, omdat dit hulle verwerfde skoonheid maklik sou kon skaad.

9. Om daarvoor te sorg dat elkeen genoodsaak was om sy vrouens uit hierdie instelling te betrek, was daar - deur die koning onderteken - bepaal, dat niemand ooit aan die hof kon verskyn, indien hy nie in staat was om regmatig aan te toon dat sy vrouens uit die instituut van koninklike eer afkomstig was nie.

10. Daarmee was dan ook die grondslag gelê vir mensehandel en groot standsverskille, waardeur toe ook wedersydse haat en veragting begin te ontkiem het, wat baie spoedig, soos verder duidelik sal word, tot `n volryp vrug geword het.

11. En dit was alles veroorsaak deur bigamie, omdat dit `n vrug van die vleeslike liefde is, waarvan geestelik bose gevolge, soos reeds by die begin opgemerk was, nie te oorsien was nie, omdat daardeur, juis aan die vyand van die lewe in die vlees, `n totale vrye spel gegee was.

12. Laat elkeen hom daarom so veel as moontlik van die vlees van die vrouens weerhou, as hy die ewige lewe wil oes; laat die vrou niemand verlei as hulle nie verdoem nie, maar salig wil word!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205