|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 105
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Die wag van Muthaël op die woord van die Heer. Sy selfrespek. Adam se sorg oor Muthaël en Henog se gerusstellende woorde. Almal gaan na buite
(28 Augustus 1843)
105 Noudat Muthaël die diepe sin van Lameg se woorde ingesien het, het hy na buite gegaan, na `n afgeleë plek waar niemand hom kon sien nie, en by homself gesê:
2. “Hier wil ek bly totdat die Heer my sal antwoord, en ek sal nie eet of drink alvorens ek die Woord van die Heer gehoor het nie!
3. Want watter sin het so `n dom lewe met al die gepieker sonder die magtige verbinding deur die Woord van die Heer, waarby mens, by `n ernstige lewensvraag, nie eens weet waarom mens eintlik op die wêreld is nie?!
4. Daarom moet ek nou die Woord van die Heer hê, al sou dit vir my, my nie veelseggende lewe kos!
5. Maar hoe moet ek dit aanlê dat die Heer my sal verhoor en my Sy woord sal gee, soos wat Hy my beloof het?
6. Ek weet wat ek sal doen: Ek sal begin om Hom egter lief te hê en my vurig smekend tot Hom wend soos `n blinde verliefde dwaas tot sy maagd wie hy graag tot vrou wil hê!
7. Maar wat as die Heer my tog nog sou laat sit? Dan, ja dan sal ek volledig afsien van die hele wêreld en selfs van Sy belofte! Purista sal ek vir altyd die rug toekeer en heeltemal by myself wees, my aan die Heer wy uit alle mag, Hom alleen in stilte my eer en my lof bring, en al die ander so beskou asof dit gladnie en ewig nooit daar was nie!
8. En bowendien sal ek nog ernstig en vurig in my siel sê: “Heer, hier is ek nou heeltemal vir U en het alles terwille van U opgegee; doen nou dan ook met my wat U wil en ek sal dit aanneem!” “
9. Muthaël het nou besluit so te handel en toe maak hy ook presies so.
10. En so gaan die hele dag verby, en die geselskap het al lankal in die woning van Purista geëet, toe almal na enkele verhewe en leersame gesprekke weer aan Muthaël begin te dink en Adam aan Henog gesê het:
11. “Val dit jou nie op dat Muthaël, wat die hut nog vóór die middag verlaat het, nog nie teruggekom het nie?! Ek het so die gevoel dat hy dit hier van alle kante vinnig te verduur gekry het en deur al die beleëring heimlik `n bietjie geprikkel weggegaan het. Hy sou hom buite op `n verborge plek teruggetrek het en sal ons nie so maklik weer te siene kry nie; en daarom is ek baie besorg oor hom!”
12. Maar Henog het aan Adam gesê: “Vader, jy hoef jou geen sorg te maak nie, want die Heer is versigtiger en barmhartiger as ons almal! Hy is die ware leraar en leier van Muthaël en leer en lei hom nou langs die mees sekere, beste en kortste weg na die doel.
13. Maak jou daarom geen sorg oor Muthaël, wie hom nou eindelik uit eie beweging in alle erns voorgeneem het om vir die liefde, erbarming en barmhartigheid van die Heer alles, selfs sy lewe, op te gee!
14. Spoedig sal ons almal selfs uiterlik sigbaar getuie daarvan wees hoe die Heer met diegene omgaan wie Hom alles ten offer gebring het!
15. Hy beproef die sterkte van hulle gemoed en die waarde van hulle gelofte; het hulle die proef goed deurstaan, dan staan alle poorte van die lewe ook dadelik vir hulle oop!
16. En so sal dit ook met Muthaël gebeur; laat ons daarom vol goeie moed wees en God die eer gee! Amen.”
17. Adam was met hierdie woorde weer gerusgestel en spoedig daarop begewe die hele geselskap hulle na buite.
18. Adam meen weliswaar dat mens huiswaarts moes keer vanweë die volgende Sabbat.
19. Maar Henog meen dat die Sabbat van die Heer op die hele aarde een en dieselfde was; daarom was dit ook in hierdie omgewing baie goed te vier.
20. En Adam was ook daarmee tevrede.
|
|
|
|
|