|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 299
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Die mobilisasie van die leër. Gurat versoek Fungar-Hellan vir amptenare. Voorskrif met betrekking tot die twee hokbewoners
(11 Junie 1844)
299 Toe die krygsowerstes, wat self getuie was van hierdie wonderbaarlike Stem en die woorde in die groot troonsaal, het hulle soveel vinniger en yweriger weggegaan om die leër op orde te kry, en het Gurat na Fungar-Hellan gegaan en aan hom gesê:
2. “Vriend en broer! Jy sal nou jou amp vervul met die groot leër en sal miskien jare lank weg wees uit Hanoch, en ek sal dit alleen moet regeer! O, dit sal `n swaar opgawe vir my wees! Wil jy nie enkele van jou beste amptenare vir my agterlaat om my te help om die groot volk te oorsien en te lei nie? Want so-iets is nie vir `n enkele mens moontlik nie!”
3. En Fungar-Hellan het aan die koning gesê: “Broer, sien, jou kasteel tel tog ook meer as tienduisend beamptes van hoë en laer rang! Het jy dan nie genoeg daaraan nie? Ek sê vir jou: Voed hulle nie verniet nie, maar spoor hulle aan tot werk; dan sal hulle immers doen wat jy hulle sal beveel!”
4. En Gurat het geantwoord: “Ja, jy het wel gelyk as hul geen leeghoofde was nie; maar dit is nou juis die groot probleem!
5. Jy weet tog hoe ons in die begin, om ons troon veilig te stel, genoodsaak was om alle grotes van die stad en ook van die rykes na ons toe te trek en hulle `n hoë rang aan die hof gegee het!
6. Sien, hierdie mense was vroeër al baie dom en ons het hulle om bepaalde redes nog meer in hulle domheid gesterk, hoewel ons andersyds ook diegene wat meer insig gehad het, gewaardeer!
7. Nou moet hierdie domkoppe aan my sy die staatsroer oorneem! O vriend, werklik, dit sou spoedig `n regering wees waar die Satan self van sou walg!
8. Om hierdie duidelike redes vir jou, sal jy sekerlik maklik insien dat ek gedurende jou afwesigheid enkele bekwame amptenare nodig het!”
9. Hierop het Mahal aan Fungar-Hellan gesê: “Gee hom dan honderd goeie koppe uit jou skool; daarmee sal hy wel regkom as ons weg is!”
10. En Fungar-Hellan het Gurat nou honderd opperpriesters uit sy skool gegee wat die bewind aan die sy van Gurat moes voer.
11. Maar daar was nog een vraag, naamlik wat met Agla en Drohuit moes gebeur.
12. Ook hier het Mahal weer gepraat: “Hulle bly soos hulle is, totdat ons terugkom! Slegs in geval van siekte of wanneer daar van `n opvallende verbetering sprake is, kan die een of die ander uit die hok bevry word, maar geeneen van die twee mag uit die kamer, voordat ons teruggekom het nie!
13. Maar vóór alles moet beide onmiddellik geskei word, selfs as hokbewoners, en dit vandag nog voor ons oë! So moet dit gebeur!”
|
|
|
|
|