`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 86

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Satan se grootspraak; op listige wyse verdraai hy die beloftes van die Heer

(29 Julie 1843)

86 Maar Henog het nóg na Satan geluister, nóg gekyk, maar gebied hom vir die derde maal nog meer nadrukliker om oor sy bose uiteindelike bedoeling te praat en oor wat hy met sy groot boosaardigheid en arglis probeer te bereik.

2. Satan het hierop sy mond oopgemaak en gepraat: “Luister, jou trotse kneg van God op die stoffie “aarde”! Ek kan die Skepper van alle dinge die antwoord op elke vraag skuldig bly, terwyl Hy my tog `n onverwoesbare liggaam met die hoogste gevoeligheid kan gee om my dan as ewige straf in die mees ontsettende pyn en kwelling van die sentrale gloed van Sy toornvuur te stort, en jy, nouliks werd om `n atoom van die stof aan die stof van die stof genoem te word, wil vir my, aan wie die hele sigbare skepping nog ten dienste staan en moet staan as ek dit maar wil, jy wil my dwing om my planne aan jou te onthul wat ek reeds sedert die ewigheid by myself vasgestel het?! O jou ellendige wurm van die stof!

3. Sien, ek hoef maar te wink en alle elemente staan my ter beskikking, en die hele aarde is onder vlamme of onder water begrawe! Met `n allersagste asemteug kan ek die son doof en jou in `n ewige nag dompel en ek kan jou skielik in die allernietigste stof verander, en jy waag dit om my tot `n antwoord te dwing en dit bowendien nog deur los dreigemente?!

4. Sien, wanneer ek dit in my eindelose mag die moeite werd sou vind, dan sou jy nou al lankal nie meer daar gewees het nie! Maar dit sou te kleingeestig en te miserabel van my wees, as ek my met soortgelyke weersinwekkende nietighede sou inlaat!

5. Voor my is God Self te gering en te nietig, as dat ek my so ver sou wil verlaag om Hom met my mag aan te val, omdat ek maar al te duidelik insien hoe dit maar al te vinnig met Hom gedaan sou wees! En wat moet ek dan wel met jou, ellendige skepsel, doen?!

6. Ek het met die grootste moontlike minsaamheid aan jou gesê dat jy my die antwoord moet kwytskeld en my `n plek moet aanwys waar ek heen kan gaan, sodat die mooi kinders van God van my beproewing verskoon sal bly; maar in plaas daarvan kom jy my met `n goddelik almagtige hooghartigheid tegemoet?!

7. Wel, wag maar, jou trotse, opgeblase kneg van God! Vir jou sal ek wel `n meester vind wie hom vir alle ewighede van die ewighede in jou geheue sal prent!

8. Sien, ek besweer jou nou jou sekere ondergang, en jou almagtige God sal ek aan `n stuk hout laat vasmaak, waarvandaan Hy tevergeefs om hulp sal roep!

9. En die mensegeslag sal ek so gou moontlik met vlamme en watervloede verdelg, sodat daar nêrens meer `n spoor daarvan te vinde sal wees nie; maar jou sal ek nie dood nie, sodat jy `n getuie sal wees van alles wat ek sal doen, waaroor ek nou in my geregverdigde grimmigheid gepraat het!

10. Voorwaar, die hele sigbare skepping sal eerder tot op `n atoom vergaan, as dat ek ook maar een lettergreep van dit alles onvervuld sal laat! En daartoe het jy my nou gebring!

11. Hier het jy nou die verlangde antwoord; leer daaruit wat ek sal doen!

12. Maar verdwyn nou met jou ongedierte, en vra niks meer van my nie; anders doen ek dadelik wat ek eers mettertyd onherroeplik sal doen!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205