`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 41

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Henog se gesprek met Lameg oor die korrekte orde en oor die verwerplike menslike rangorde.

(18 Mei 1843)

41 Die maal word spoedig berei en die genooides het gekom; die tafels neergesit en geskei opgestel volgens Lameg se aanwysings.

2. Maar Henog het aan Lameg gesê: “Broer, `n ordening is weliswaar oral goed, en ons moet niks doen wat buite `n sekere orde val nie, want die orde is die mag van die Heer. Vanuit en in Sy orde het Hy alle dinge geskape, maar tog is daar één orde wat die mense onderling opgestel het, of dit altans wil, wat byna heeltemal ondraaglik is vir die Heer, en dit is die rangorde!

3. As jy heeltemal gelyke dinge in `n reguit lyn sou opgestel het, en daar sou dan iemand kom wat die dinge uit hulle, deur jou opgestelde reguit lyn verplaas, werklik, jy sou jou daaroor vererg en jy sou die verstoorder van jou orde met toornige oë aangekyk het!

4. Maar as die Heer alle mense volledig gelykwaardig geskape het en hulle in één reguit lyn voor Hom opgestel het, hoe kan ons dan die reguit lyn van die Heer na eie goeddunke krom maak?!

5. Ons kan dit weliswaar doen en om praktiese redes sê: “Die is dit en die ander dat!” en een wat deur die Heer aangestelde leidinggewende broer die ander, wat nie deur die Heer beroep en aangeraai is, laat hom dit doen!

6. Dit is die korrekte rangorde wat ons van die Heer Self gekry het; maar by geleenthede waarby ons `n maaltyd gee aan die broers, moet daar nie drie afsonderlike tafels staan nie, maar slegs één, sodat ons almal as volledig gelyke broers en susters onder mekaar aan dieselfde tafel kan eet!”

7. Toe Lameg dit van Henog verneem het, het hy onmiddellik die tafels teen mekaar laat sit, en so ontstaan daar uit drie afsonderlike tafels slegs één broederlike tafel.

8. En Henog prys Lameg vir sy gehoorsaamheid aan die wil en die liefde van die Heer.

9. Baie stilletjies het Lameg van die hoogte na Henog toe gekom en aan hom gesê: “Luister, vader Henog, dit is goed en wel wat jy nou teen my naamgenoot uit die laagte gepraat het; maar nou begryp ek één ding nie so goed uit jou kort uiteensetting oor die rangorde onder die mense nie!

10. Sien, kinders is tog duidelik geringer as hulle ouers, want die Heer sou dit tog sekerlik nie korrek vind as die kinders hulle gelyk wil stel met hulle ouers nie!

11. Bowendien herinner ek my dat die Heer op die hoogte soms `n groot onderskeid tussen die mense gemaak het en beslis nie almal gelyk behandel het nie!

12. Want die drie kosmandjies op die hoogte is `n onaanvegbare feit, net soos dat Hy jou tot hoëpriester gemaak en Purista, net soos Ghemela, sigbaar verhef het! Wie kan dit geheel ontken?!

13. Hieruit volg tog onmiskenbaar dat die Heer dus `n sekere rangorde onder die mense opgestel het, en daarom begryp ek jou woorde nou nie heeltemal nie! Lig dit daarom bietjie van naderby toe!”

14. En Henog het hom tot Lameg gewend en gesê: “My seun, jy vergis jou baie! Wat die Heer gedoen het, is iets anders as wat die mens gedoen het en moet doen. Hy alleen is immers die Heer!

15. Die rangorde wat die Heer egter onder ons mense opgestel het, is slegs op ons liefde tot Hom gebaseer, en dit beteken: “Hoe meer liefde jy vir My, jou heilige Vader, in jou hart het, des te nader is jy ook aan My; maar namate jy minder liefde vir My het, is jy ook des te verder van My af!”

16. Sien, daarin lê die grondslag van die aanstelling van Henog as hoëpriester, van die drie mandjies op die hoogte, van Purista en Ghemela, asook van die verpligting van die kinders jeens hulle ouers, wie deur God as eerste hoëpriesters oor hulle kinders aangestel is!

17. Dit is dus slegs na die mate van die liefde tot God; maar onder mense moet dit in betrekking waarby die liefde bepalend is, nie so wees dat hulle hulle van mekaar afsonder, omdat die een hom inbeeld om meer te wees as `n ander nie!

18. Slegs vir God is ons verskillend deur ons liefde tot Hom; maar onder ons moet daar geen selfgemaakte onderskeid heers nie!

19. Want wie groot wil wees, sal klein wees in God se oë; maar as ons suiwer broers in die liefde onder mekaar is, dan sal ons dit ook wees in God se oë!

20. Begryp dit dus so, my seun! Maar die tafels is nou verenig; laat ons dus daaraan plaasneem! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205