|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 366
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
366 Aanhangsel
Hoe die aarde gelyk het vóór Noag
(Ontvang deur Jakob Lorber op 30 Maart 1864)
Hoofstuk 1
1. Sodat julle die vorm en die hoedanigheid van die aarde eenvoudiger kan begryp en voorstel, is dit veral noodsaaklik om aan julle die toenmalige vernaamste bergreekse, van sowél Asië, Europa en Afrika, in één beeld voor oë te plaas; want van baie reekse wat in dié tyd bestaan het, is in die huidige tyd geen spoor meer aan te tref nie. Ten dele is hulle deur die terugtrek van die see weggespoel en uiteengeruk, en die ou rûe wat hulle onderling verbind het, lê nou diep onder die rotspuin in die dale begrawe, en hier en daar moet die teenswoordige strome en riviere vir hulle `n weg baan deur die nou bergpasse wat so ontstaan het. En wat die hooggebergtes betref, is hulle vroeëre vorm, op enkele na, ook deur die inwerking van verskillende weersgesteldhede, sodanig verander dat hulle nou deur `n mens, wat slegs duisend jaar gelede geleef het, nie maklik meer herken sou word as hy met sy toenmalige bewussyn na `n streek sou verplaas word wat hy duisend jaar gelede as mens bewoon het nie. Jy hoef maar net die klippe en los klippe van `n slegs enkele ure breë rivierdal `n bietjie in oënskou neem. Dan sal jy die enorme hoeveelheid sien wat daarin is, tot op `n diepte van vierhonderd vadem en wat deur die water, uit die gebied van die hooggebergte, in so `n dal afgeset is, beginnende by die ontstaan van `n rivier tot by sy uitmonding in een of ander see. Dan sal jy eenvoudig kan begryp dat die berge nouliks twee tot drie duisend jaar gelede `n baie ander vorm gehad het as nou.
2. Om die situasie van die berge vóór Noag se tyd beter te begryp, was dit noodsaaklik om eers dit duidelik te maak.
3. Ons sal begin by Noord-Europa, sal dan gedeeltelik na Asië oorgaan, vervolgens na die suidelike deel van Europa en ten slotte na Afrika.
4. Vanaf die berge wat nagenoeg deur die middel van Swede en Noorweë loop, strek `n groot bergreeks in die uiterste Noorde uit, tot aan die Oeralgebergte en verbind hom daarmee in steeds stygende rigting en het `n breedte aan die voet van honderd, ja selfs tot tweehonderd Duitse myl. En hierdie bergreeks verbind hom ook met die huidige gebergtes van Denemarke en vandaar verder met die bergreeks, wat teenswoordig nog gedeeltelik min of meer die westelike laagvlakte van Europa van die bergagtige huidige Duitse Europa tot in Switserland skei, en so was die Switserse gebergte dus verbind met die Oeral, wat deur Middel-Asië loop, en wat met die hoë Tibet verbind was. Dit was dus `n ononderbroke krans van berge, waarvan die laagste deel nog altyd `n hoogte van tussen vyf- en sesduisend voet bokant seevlak het; hulle was net nie oral van dieselfde soliede vastheid nie. Daarom was hulle by die nog te beskrewe sak van die binneseë, wat in die tyd nie in verbinding gestaan het met die groot see nie, deur die vloed deurbreek en na verskillende rigtings weggespoel.
|
|
|
|
|