`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 162

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Ohlad se regte deemoed. `n Evangelie oor die regte deemoed

(15 November 1843)

162 Toe Ohlad die woorde van een van die tien gehoor het, was hy dadelik weer anders gestem en het gesê:

2. “O broers, as die dinge so is, dan is ek volkome bereid om volgens julle wil te werk te gaan! Maar ek wil julle oor één ding versoek en dit is die volgende:

3. Wanneer die opening van die tempels afgehandel is, laat my dan in vrede weggaan en stel my veral nie as `n soort priester van beide tempels aan nie; want as sodanig sou ek noodsaaklikerwys al by voorbaat `n sekere aansien by die ander mense moet geniet en sou by hulle `n sekere agting en gesag moet hê.

4. Ek het egter gedurende veertig jaar as medeheersende raadsheer sodanig genoeg gekry van die meer wees ten opsigte van die ander broers, dat ek nou ondenkbaar veel eerder die allerminste sou wil wees as om ook maar enigsins in hoër aansien te staan en meer mag te hê.

5. Dit is werklik `n jammerlike genoeë om `n gebieder oor die broers te wees en behae daarin te skep as die arme broers voor hulle gebiedende broer bewe, wie maar hoogs selde iets gebied tot voordeel van die broers, maar soveel te meer in sy eie voordeel en ter vermeerdering van sy eie aansien!

6. Soos gesê, wil ek niks meer te doen hê met watter hoër posisie dan ook nie; want ek het nou `n afskuwelike hekel gekry aan alle hoër aansien ten opsigte van ander mense en verheug my buitengewoon daarin om eerder die allerminste te kan wees.

7. Verhoor daarom, verhewe broers, in die Naam van die Heer, my versoek en laat my, soos ek so pas aangegee het, na die opening van die tempels in vrede weggaan!”

8. En een van die tien het gepraat: “Sien, Ohlad, die vlam om die tempel is uitgedoof en ons begewe ons na die poort en open haar!

9. In die tempel sal jy egter die wil van die Heer verneem, en dit sal jou sonder ons toedoen duidelik te kenne gee wat jou te doen staan: Om te bly, of weg te gaan!

10. Maar wil jy waaragtig God welgevallig deemoedig wees, dan moet jy dit volgens God se wil, maar nooit volgens jou eie goeddunke wees nie! Want is jy deur jou eie voornemens deemoedig, dan is jou deemoed `n kind van jou eieliefde en derhalwe sinneloos en sonder enige waarde vir God, want agter so `n soort deemoed gaan altyd `n verdienstelik lykende selftevredenheid skuil, eie lof en ten slotte vermomde hoogmoed!

11. Maar sê jy aan alles en altyd vanuit jou hart: “O Heer en Vader, alleen U heilige wil geskied nou en in ewigheid!”, dan is jy waaragtig deemoedig in God se oë en het jou deemoed waarde vir die Heer!

12. Wie hom volgens sy eie wil nog so baie verneder en daarby geen ag slaan op God se wil nie, handel in wese nie anders as iemand wie hom eiemagtig tot heerser oor die volk laat erken nie!

13. Alleen wie sy eie wil gevange neem en in die plek daardie suiwer goddelike wil in hom laat geld en heers, die is God welgevallig en sy deemoed is regmatig in die oë van die Heer.

14. Dit is beter om `n skurk te wees volgens die wil van die Heer, as `n held buite die Heer! Dit is beter om altyd bewus te wees van jou eie nietigheid en nikswaardigheid, as oortuig te wees van jou onberispelikheid!

15. So is dit ook beter om `n sondaar te wees vanuit jou eie berouvolle skuld, as `n regverdige te wees op eie rekening!

16. Want die Heer soek slegs wat verlore is, versterk die swakke en genees die siekte vanuit Sy erbarming; maar `n skuldenaar wil Hy ewig nie ten aansien van iemand wees nie!

17. Neem dit nou vooruit ter harte, voordat die Heer jou meer in die tempel sal duidelik maak, en volg ons nou na die poort! Amen.” 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205