`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 143

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Verdere hervormingsvoorstelle van die twee bodes: Hulle voorstel om die tempels te open en die verering van God in te voer. Stryd onder die duisend raadshere

(19 Oktober 1843)

143 Na verloop van `n jaar was ongeveer alles in orde en ook sommige leenmanne het weer `n matige skatting toegesê, waarmee die sterk verminderde bevolking van Hanoch baie goed gehelp was, altans solank tot al die nuwe aangelegde tuine vrugte sou gaan voortbring, het die duisend weer `n raadsvergadering byeengeroep om van die twee wyse raadshere verdere gedragsreëls te verneem.

2. Noudat die raad byeen was en die twee versoek was om hulle stem te laat hoor, ten aansien van die verdere algemene belang, het die twee weer opgestaan en as volg gepraat:

3. “Wil julle ons dan aanhoor, hoë raadshere van die stad Hanoch! Julle het julle tot nou toe daarvan oortuig dat alles wat ons aangeraai het `n baie goeie resultaat het, wat nog steeds beter sal word namate dit alles wat nou begin is, steeds duursamer en volmaakter word; daarvan kan julle by voorbaat oortuig wees!

4. So sal ons vasalle hulle ook graag vir `n belasting uitspreek as ons steeds meer in staat sal wees om dit te verlaag deurdat ons in die aansienlike ruimtes binne die stad soveel sal voortbring as wat in beskeie mate nodig is vir ons behoeftes aan voedsel.

5. Ook sal met ons sober lewenswyse sekerlik nie maklik nuwe inwoners na die stad lok nie, maar wel van die meer kooplustiges vir ons nuttige produkte, wat ons hulle teen die mees billikste prys wil, sal en ook kan lewer.

6. Daardeur sal ons, net soos ons nakomelinge, indien hulle op ons weë sal wandel, hierdie oudste, eerbiedwaardigste stad van die wêreld steeds in `n staat van bloei hou en geeneen van haar bewoners sal ooit oor gebrek te kla hê nie!

7. As ons ons in die vervolg nooit wil verryk ten koste van die volkere van buite nie, en as hulle ook geen rykdom by ons ontdek nie, maar slegs burgerlike nywerheid en beskeidenheid, dan sal dit nooit `n magtig geworde volk prikkel om ons te onderdruk en ons skatte weg te neem wat ons nie het nie; maar in die teenoorgestelde geval sal ons geen uur veilig wees vir oorval en plundering nie.

8. Dit is nou alles goed deurdink, en `n voortdurende geluk van Hanoch is gewaarborg.

9. Maar één ding om ons raadgewing volledig te kan verwesentlik, het ons nog nie uitgepraat en as die kroon op alles tot die laaste bewaar!

10. En daardie een is dat ons ten eerste moet begin om onsself volkome ernstig tot God, die Almagtige, te rig en alle bewoners van hierdie stad moet leer om hierdie enigste God van ons vaders, Wie ons almal net soos onsself totaal vergeet het, weer opnuut te erken, te aanbid en lief te hê!

11. Anders sal al ons beste raadgewing in die stof van die nietigheid versink, en daar sal slegs enkele jare voor nodig wees om ons nog in `n veel groter ellende te stort as wat ons ooit meegemaak het!

12. Daarom moet ons beide tempels van Lameg weer open en daar aan God, die enigste Heer, ons dank- en smeekoffer op gepaste wyse bring!”

13. By hierdie woorde begin baie raadshere hulle neuse vinnig op te trek, maar `n niegeringe aantal was dit tog met die twee eens, hulle het slegs aangedring op die oprigting van meer tempels.

14. Maar `n deel van die raadshere wou niks daarvan weet nie, maar het daarvoor gestem dat ook die plek van die twee tempels in tuine verander moes word; en so het daar baie spoedig `n stryd onder die raadslede ontstaan.

15. Die vervolg sal toon hoe dit afgeloop het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205