`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 267

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Agla se meesterlike leuens ter regverdiging van haar gruweldade

(29 April 1844)

267 En Agla het aldus verder gepraat: “Toe my broer gevlug het, het hy sy vrouens in die geheim opgedra om ten eerste die hele kollege van skoonheidsgodinne teen jou op te stel en so moontlik te probeer om jou saam met koning Gurat uit die weg te ruim, sodat Waltar, wanneer hy dan met `n groot mag sou teruggekom het in hierdie stad, dadelik sonder teenstand die koningstroon kon bestyg het.

2. Maar vir Waltar was hierdie misdadige plan, soos bekend, afgesny! Wat wou die vrouens egter toe doen toe hulle, deur my tussenkoms, op die proef gestel gestel is en berig gekry het oor die dood van hulle eggenoot? Luister, hulle het `n afskuwelike eed afgelê om jou, Gurat en myself sonder barmhartigheid en erbarming in die verderf te stort!

3. Maar wanneer en hoe? Volg my na die geheime vertrek wat die sewe hoofvroue bewoon het en oortuig julle van alles!”

4. Hierop het Agla die hele geselskap na die geheime, aansienlike groot vertrek gelei, het daar dadelik `n verborge muurkas oopgemaak en toe, terwyl sy met haar hand na `n kristalhouer gewys het, gesê:

5. “Kyk die ontsettende houer daar; dit is vol sterk vergiftigde naalde! Bring `n dier nader, neem so `n naald behoedsaam en verwond die huid van die dier net effens, en oortuig julle daarvan hoe dit sal krepeer!” 

6. Dadelik het die mense `n groot kalf gebring en dit net `n bietjie onder aan die buik met so `n naald gekrap, en die kalf het oombliklik dood neergeval.

7. Almal was ontstel oor hierdie verbasingwekkende uitwerking.

8. En Agla het gesê: “Probeer dit by ander diere, en die uitwerking sal dieselfde wees! Of as julle `n buitengewone misdadiger het wat tot die gewisse dood veroordeel is, laat hom hier bring en maak so `n proef met hom! Binne `n enkele oomblik, sal hy beslis heeltemal pynloos met so `n naald gedood word!”

9. En Fungar-Hellan het gesê: “Agla, hoe weet jy dit en hoe het jy dit agtergekom? Hoe het jy so presies te wete gekom dat dié gif wat nog aan my onbekend is, so `n verskriklike werking het?”

10. Agla het gepraat: “Sien, ons almal se groot vriend en lewensredder Drohuit het my dit alles laat sien en het as `n skynbare medesamesweerder van die vrouens alles te hore gekry wat hulle teen jou wou onderneem het!

11. En toe hy my dit laat sien het, en ek my baie gou van hulle groot boosheid oortuig het, was my hele gemoed gegryp deur `n magtige wraak. Ek het toe as vriendin, al hierdie vrouens deur my vermomde beulsknegte hier, na my saal laat bring, waar hulle hulleself onmiddellik moes ontklee. Toe het ek hulle aan die pilare laat vasbind en het toe self as koningin en heerseres oor lewe en dood my gloeiende wraak op hulle afgekoel!

12. En wanneer moes jy val? Jou volgende vriendelike besoek by hierdie slange sou jou lewe gekos het, soos ook aan die kalf! Gaan nou egter ook na die woning van die godinne, en julle sal ook hierdie klein moordwerktuie verseker daar aantref en sal kan sien hoever die sameswering hom al uitgebrei het, asook die rede waarom ek hierdie godinne vervolg het!

13. En wil julle ook weet waar hierdie godinne die gif vandaan gekry het, deursoek dan die tuin, en julle sal daar in `n afgeleë hoek, in `n wellushuis van glas, `n boompie vind wat pêrelagtige druppels op sy stam het; en die druppels is nou dié vreeslike gif!

14. Ek dink dat dit tog genoeg sal wees om in te sien waarom ek, as jou grootste vriendin, so met inset van al my sluheid en versigtigheid teen hierdie vrouens opgetree het!”

15. Fungar-Hellan en die koning was heeltemal bleek en het nie geweet wat hulle daarvan moes dink nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205