`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 333

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Mahal ingelig oor die waterkas (Ark). Noag se relaas van die geskiedenis van die ark. Die verval van die mense en die groot lankmoedigheid van die Heer

(30 Julie 1844)

333 Toe Mahal die kas (ark) van binne en van buite noukeuriger bekyk het, het hy aan Noag gesê: “Broer, sê my tog net presies hoe die Heer jou dié seldsame bouwerk opgedra het! Ek weet wel iets, maar baie uitvoerig en dit is dus ook volledig helder aan my bekend nie; deel my daarom alles mee, sodat ek dan ook kan weet wat my te gelegener tyd te doen staan!”

2. En Noag het aan Mahal gesê: “Broer, jy weet dat die mense hulle, sedert die tye van Lameg, sterk op aarde begin te vermeerder het en later baie mooi dogters verwek het; en jy weet hoe die kinders van God op die hoogte dit gemerk en toe baie spoedig begin het om die heilige hoogte te verlaat en na die laagte van die aarde afgedaal het, en hoe hulle daar die dogters van die mens wat hulle wou, geneem het en kinders by hulle verwek het!

3. Op God se hoogte, wat Hy vir Sy kinders so verhewe en dierbaar geseën het, was daardeur byna geen mense meer nie. Want die eggenote het selfs hulle vrouens laat sit en het weggegaan om `n vrou te soek onder die dogters van die mens in die laagte, baie gou het baie agtergeblewe vrouens hulle na die laagte gevolg en het ook daar seuns van die aarde getrou; kyk, spoedig daarna het die Heer tot my gespreek:

4. “Noag, kyk, die mense wil hulle nie meer deur My gees laat berispe nie; want hulle het suiwer vlees geword! Tog sal Ek hulle `n uitstel van honderd-en-twintig jaar gee!”

5. Toe die Heer dit aan my gesê het, was jy ook daarby; dus weet jy ook wat ons toe, volgens God se wil, gedurende honderd jaar standvastig gedoen het om die kinders van God, wat gewone aardse mense geword het, te bekeer. Maar dit het net nie die geringste blywende gevolg gehad nie!

6. Want die kinders van God het by die dogters van die mens, magtige en beroemde mense verwek; dit was allerlei heersers in slegte dinge, ten aansien van God, en was harde tiranne vir die kinders van die wêreld en het om suiwer heersugtige redes steeds oorloë teen mekaar gevoer. En op dié manier het daar `n honderd jaar en meer verbygegaan!

7. Die Heer het egter gesien dat die mense hulle net nie bekeer het deur Sy daaglikse vermanings in allerlei vorm en gedaante nie, maar in hulle boosheid steeds groter en magtiger geword het, en hoe al hulle denke en strewe steeds maar boser en boser geword het, toe berou dit Hom dat Hy mense gemaak het op aarde, en Hy was baie bedroef daaroor in Sy hart!

8. En kyk, in dié tyd, ongeveer twee maal sewe jaar gelede het die Heer weer met my gespreek: ‘Noag, luister! Ek wil die mense wat Ek gemaak het, verdelg van die aarde, van die mens tot en met die vee en die kruipende gediertes en die voëls onder die hemel; want Ek betreur dit dat Ek hulle geskape het op hierdie aarde!”

9. Ek, Noag, het egter barmhartigheid in God se oë gevind en Hy het my nie gereken tot die mense van die aarde wat boos geword het nie! En sien, God het gedurende die tyd weer na die aarde gekyk; maar dit was bedorwe en vol misdaad voor Sy oë! 

10. Desondanks het God bodes na die bedorwe mense gestuur en wou Hom oor hulle ontferm. Maar die bodes het tot dowemansore gespreek en was soos baie gewone mense beskou; mense laat hulle gaan en het nie op hulle gelet nie.

11. Daarop het die Heer weer na `n baie kort tydjie na die aarde gekyk en aan my gesê: “Noag, luister! Al My moeite en liefde is vergeefs! Vir My het die einde van al die vlees gekom, want die aarde is vervul van misdade deur die mense! En kyk nou, Ek sal hulle almal saam met die aarde vernietig!”

12. En kyk, om en by die tyd moes ek ook, soos jy weet, die hout gevel het om die kas daarmee te bou, wat nou tot op `n kleinigheid na, voltooi voor ons staan! As jy egter ook meer van die bouplan wil weet, dan sal ek dit ook volgens die eie woorde van die Heer aan jou meedeel!”

13. En Mahal het Noag daarvoor versoek, en Noag het aan Mahal gesê: “Kom eers na my huis, en laat ons `n versterking in die Naam van die Heer neem; dan sal ek die bouplan van hierdie kas vir jou onthul!”

14. En Mahal het aan die wens van Noag voldoen. 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205