|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 257
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Koning Gurat en sy swaer Waltar in die tuin van die tempel van die liefde. Die sewe skoonheidsgodinne as vrouens van Waltar
(15 April 1844)
257 En Gurat het die opperpriestergeneraal ontbied en het hom, onder groot koninklike geleide van sy hofhouding en alle dienaars, begewe na die afgesproke tempel, saam met die koninklik geklede Waltar.
2. En aangesien hy spesiaal vir hierdie geleentheid, deur `n wenk aan die generaal, `n voorbode na die godinne van die tempel gestuur het, was alles dan ook reeds by sy aankoms in die mees verleidelike en weelderige orde in die groot, uit hekke bestaande doolhof van die godinne van die vroulike skoonheid.
3. Honderde en honderde van sulke mooiste godinne het geswerm op die reeds bekende manier, begelei deur ondergodinne, deur die gange van die doolhof (labyrint); sommiges het gedans, ander het in die mees verlokkende houdings gestaan, enkeles het gesing en ander het weer meer rustig hulle weg voorwaarts gevolg.
4. Toe die warmbloedige Waltar hierdie verleidelike skouspel gesien het, was hy heeltemal in die war en het nie geweet wat hy moes sê, of wat hy moes begeer nie.
5. En toe Gurat dit, tot sy groot genoeë, gemerk het, het hy aan Waltar gesê: “Vriend, soos dit vir my voorkom, sal dit vir jou nie al te moeilik wees om jou mooi suster te vergeet nie!
6. Sê my, het jy al een van hierdie godinne vir jouself uitgesoek? Wys my een aan, en ek sal jou haar dadelik as vrou gee, saam met haar ondergodinne! Of, is daar meer wat jou geval, laat my dan dit ook weet, en hulle sal joune wees! Want hier in my ryk mag elke man meer as één vrou hê, hoewel ek van mening is dat jy aan één godin, tesame met haar ondergodinne, beslis genoeg sal hê!”
7. Hierop het Waltar baie aandagtig na die verby swermende godinne gekyk, wat hom buitengewoon goed geval het, omdat elkeen van hulle hom steeds so geluksalig moontlik aangekyk het, en hy het na `n rukkie aan Gurat gesê:
8. “O koning, ek vra jou nie vir één nie, nie vir honderd nie, maar ek vra hulle almal van jou! Want hulle is almal te heerlik sodat ek hier slegs één of slegs enkeles van hulle sou kan kies! Gee hulle daarom liewer almal vir my, sodat geeneen van hulle beledig kan word, omdat hulle nie gekies was nie!”
9. Hierop het die koning geglimlag en aan Waltar gesê: “My dierbare vriend, luister nou na wat ek jou sal sê; en daarby sal dit voorlopig ook bly!
10. Sien, ek sal jou, om te begin, slegs sewe vrouens gee! Met hulle sal jy `n jaar lank in my paleis woon! Mag jy na `n jaar vind dat jy nog meer nodig het, dan sal jy hulle kry, soveel as wat jy maar wil!
11. As die sewe miskien tog voldoende blyk te wees, dan sal ek dit beter vind as dit by die sewe sal bly, want al hierdie godinne staan jou, as vise-koning, tog al daagliks teen `n bepaalde, geringe offer ter beskikking.”
12. Toe Waltar dit van Gurat gehoor het, was hy dadelik met sy raad eens, het die sewe geroepenes saam met die ondergodinne geneem en het, toe die godinne gekleed was, oorgelukkig met die vrouens wat nou syne was en met Gurat, weer na die koninklike paleis teruggegaan.
|
|
|
|
|