`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Ghemela se uitbundige dank en die woorde van die Heer oor die hoë waarde van die liefde. `n Belofte aan Ghemela en aan Pura as toekomstige Maria. Pura se opname.

(7 April 1843)

11 Toe Ghemela dit van Zuriël verneem het, word sy buitengewoon bly en vrolik en gaan dadelik na die Heer van hemel en aarde, en dank, loof en prys Hom in haar brandende hart vir so `n groot barmhartigheid, dat Hy haar so salig laat ervaar het hoe die lewe van die gees heeltemal lyk teenoor die lewe van `n nog op aarde in die vlees lewende mens, wat in die volle liefde tot Hom staan, die heilige, die van alle liefde en erbarming vervulde Vader.

2. En die Heer het Hom tot haar gewend: “Ja, so is dit met die mense: Diegene wat baie ontvang, is ondankbaarder as diegene wat weinig ontvang! Sien, die barmhartigheid wat jou ten deel geval het, het almal wat hier is in oorvloedige mate ten deel geval! Hulle het aan My tafel geëet, terwyl jy met jou klein geselskap jouself daar gunter by die vuurmaakplek bevind het en tot nou toe nog geen happie van My tafel gekry het nie; maar daar het nog niemand soos jy, deur liefde gedryf, na My toe gekom nie!

3. Maar Ek sê vir jou: My hart is die beste tafel! Al het jy ook nie aan die tafel geëet nie, nou sal jy tog aan My hart spysig; en hierdie kos is tog wel onvergelykbaar veel beter en voedsamer as elke ander nog so goed gekookte spys!

4. Waarlik, Ek sê vir jou, My geliefde dogter, die liefde in die hart van `n kind vir My, die Vader, is meer werd as alle nog so verhewe wysheid en alle denkbare wetenskap!

5. Want wie die liefde het, het alles; wie egter die liefde slegs het terwille van die wysheid, die wetenskap en die mag, hy sal ook kry wat hy wil hê; maar tog sal hy My hart nie hê soos jy nou en vir altyd nie!

6. Mensgeslag op aarde, glo My woorde: Indien julle meer geleë is aan die ervaring van dié dinge as aan My vaderliefde, dan kan dit wel gebeur dat julle met julle magtige wysheid die armoede sal onderwerp, maar dan sal julle ook deur My onderwerp word, en Ek sal julle nie ontsien en julle nie vertroetel nie!

7. Maar jy, My Ghemela, sal Ek ontsien en Ek sal jou altyd en steeds behou; ja, jou vrug sal `n nuwe vader van die mense op aarde word, en jou bloed sal eendag die hele aardbol vervul!”

8. Hierop hardloop ook die ander vroulike wesens na die Heer toe en vra Hom om vergewing, aangesien hulle versuim het om dieselfde te doen wat Ghemela gedoen het.

9. Veral die arme Pura begin egter te huil en wis van suiwer angs en verdriet nie wat om te doen nie.

10. Maar die Heer buig Hom dadelik vooroor, rig almal op, neem die arme Pura op Sy arm en sê toe aan haar: “O ween nie, My dogtertjie, want jy het wel die minste rede daartoe! Ek weet baie goed hoe baie jy van My hou; wees daarom opgewek, want jy en Ghemela is My so na as My eie ewig almagtige hart!

11. Jy, Ghemela, gee Ek `n nuwe geslag en jou, Pura, gee Ek My lewende Woord! So sal jy in die gees bly bestaan met `n lewende liggaam en jy sal in die tyd van die tye nie meer in die vlees verwek word nie, maar jy sal voortkom as nie-verwekte vlees uit verwekte vlees en uit jou `n lewende vlees wat `n toekomstige grond van al die lewe sal wees. Wees daarom rustig en bly, want Ek het jou eindig en oneindig lief, omdat daar buite My in die hemel, nóg êrens op aarde, iemand heerliker en mooier is as jy nie!

12. Maar sien, daar op die drumpel van die hut wag iemand op jou! Dit is jou voormalige aardse verwekker; volg hom. Sy naam is Gabriël. Hy sal jou in My hemelse woning bring waar jy voortdurend om My heen sal wees tot aan die tyd van die tye. Wat daarna kom, dit sal jy in My groot vaderhuis verneem! Amen.”

13. Maar Pura omklem die Heer met haar arms en wil nie van Hom weggaan nie.

14. Maar Hy het aan haar gesê: “My dogtertjie, daar waar Gabriël jou heen sal bring, hoef jy nie op My te wag nie, want voordat jy daar sal wees, sal Ek daar wees en sal jou tegemoet kom en jou dan Self in My huis binnelei. Gaan dus maar gerus, want Ek sal My woord sekerlik hou! Amen.”

15. Hierop het mense nog eenmaal gesien dat Pura die hoof van die Heer aan haar bors gedruk het en daarna was sy nie meer gesien nie, want die engel van die Heer het haar met vergeestelike vlees in die huis van die Heer gebring. Die huis van die Heer is egter die liefde van die Vader.

16. Ook Mira, Purista en Naëhme het nog gestaan en huil, maar die Heer het hulle spoedig vervul met Sy liefde en hulle geseën.

17. Maar hierdie woorde en handeling van die Heer het `n groot opwinding veroorsaak by die vaders, en op Henog na, het hulle daar almal gestaan soos lewelose standbeelde en geeneen van hulle durf ook maar een woord sê nie; want almal het baie skuldig gevoel, omdat by die aanskouing van die laagte, allerlei geheime planne in hulle na vore gekom het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205