`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 79

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die aanstelling van Henog en beide Lameg en Lameg as eerste leiers van die hele volk

(17 Julie 1843)

79 Na hierdie baie leersame oproep, begewe Lameg hom weer na die middel van die tempel en het met groot liefde en eerbied aan die Meeste gesê:

2. “Heilige Vader, sien, vir sover dit moontlik is vir `n groot skuldenaar ten aansien van U, het ek U allerheiligste wil aan die broers buite meegedeel!

3. O Vader, neem my onvolkome werk genadig aan asof dit iets beteken in U oë, en mog U ewig hoogste en heilige Liefde en Wysheid my growwe foute verbeter, wat ek nog altyd teenoor U en die arme broers en susters begaan het!”

4. Hier het die Heer Lameg onderbreek en aan hom gesê: “Luister, My seun Lameg, van diegene wie soos jy sy foute erken, is hulle al lankal weggeneem, en hy is vir My soos `n opgaande môrester, wat `n helder verligtende aankondiger is van die naderende sonsondergang! Dit is jy nou ook en dit sal jy voortaan bly!

5. Maar Ek sê vir jou: Jy het buitengewoon goed en volkome volgens My wil tot jou broers en susters gepraat; daarom sal Ek dan ook nou na hulle toe gaan en Myself aan hulle openbaar as die Heer en Skepper van die hemel en alle wêrelde en as die enigste ware en mees liefdevolle Vader van al My ware kinders!

6. En julle, My drie dankbaarste seuns, kom saam met My, julle ewig waaragtige Vader, na die drumpel van die tempel, en getuig van My deur julle aanwesigheid, soos Ek van julle sal getuig dat Ekself vir julle uit baie duisende verkies het en julle aangestel het as eerste leiers van die volk wat julle omring, in die hoogte sowel as op die laagland!

7. Ek het slegs drie stamme weggelei, vir hulle hoef julle geen sorg te dra nie, en dit is Kain, Meduhed en Sihin. Al die ander volk plaas Ek, as die Heer en enigste ware Vader, in julle hande, sodat julle hulle aldeur mag lei op die weg wat altyd en ewig lei na die ewig onverganklike, vrye en allersaligste lewe in My liefde!

8. Bekommer julle egter nie oor die drie weggeleide stamme nie, want ook oor hulle het Ek wyse en goeie leiers aangestel, wat hulle volkere moet lei na die drumpel van die ewige, heilige woonhuis waarin Ek altyd ewig woon in alle mag en krag van My liefde!

9. O My drie allerliefste, teer bemindes, Ek is julle waaragtige, ewige, heilige, mees liefdevolle Vader! Maar sien: Soos Ek julle bo alles liefhet en julle vir My liewer is en vir My meer beteken as alle hemele en sonne en wêrelde, so moet julle ook altyd julle broers en susters liefhê, want hulle is immers ook almal My kinders soos wat julle dit is!

10. Sien, so lief het Ek julle, dat Ek, as dit nou moontlik en nodig sou wees, My lewe vir julle sou laat om dit vir ewig aan julle te gee!

11. Wees julle dan ook lief vir My, julle goeie Vader, en al My kinders vir My, omdat Ek as hulle Vader hulle so baie liefhet!

12. Oordeel hulle veral nie, want Ek wil ook niemand oordeel nie, maar aan elkeen `n ewige volkome vry lewe in liefde gee. Dit is My wil; neem dit voortaan ter harte!

13. Volg My nou na die drumpel van die tempel!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205