`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 107

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Henog praat oor die twee werklikhede: Die materiële en die geestelike. Die geestelike betekenis van Adam se visioen

(30 Augustus 1843)

107 Maar Henog het dadelik sy hande op Adam gelê, hom gesterk en gemaak sodat hy heeltemal herstel het van die skrik en ook weer in staat was om behoorlik te praat.

2. Aldus weer gesterk deur Henog, het Adam hom onmiddellik gevra wat se verskynsel dit was, `n drogbeeld, of die volle werklikheid.

3. En Henog het Adam geantwoord: “Vader, dit hang daarvan af hoe jy dit wil beskou!

4. Daar is twee werklikhede, een materiële en een geestelike. Die materiële is, ten opsigte van die gees, `n sinsbegogeling soos die geestelike werklikheid dit is vir die materiële. Maar die geestelike verskynsel is vir die gees werklikheid en so is ook die materiële werklikheid vir die materie. So staan die dinge onweerlegbaar tot mekaar.

5. Nou kom dit daarop neer, hoe jy die verskynsel wil beskou! Ekself sien dit soos `n geestelike verskynsel!”

6. En Adam het gesê: “Nou goed, as jy dit as geestelike verskynsel beskou, dan doen ek dit ook; maar wat beteken dit in die uiterlike vorm?”

7. En Henog het Adam geantwoord: “Wat die ooreenstemmende geestelike betekenis is van die uiterlike vorm, is met die eerste oogopslag reeds baie voor die hand liggend:

8. Die vlammende berg staan vir jou te liefhebbende bekommerde hart, maar die aan die voet van die berg grimmig gehurkte, sittende tiers staan vir jou nog ietwat sterk toornige sug tot veroordeling, wat by bepaalde geleenthede net soos hierdie groot gestreepte boskat wat op haar prooi loer, en dit vir solank, totdat hy dit in sy mag kry, verskeur en dan niksontsiende verslind!

9. En eintlik dryf hierdie sug jou, vader, na buite, dit wil sê uit jou gemoed of uit jou vertroulike liefde, en jy spioeneer om by die twee iets te ontdek wat jou verdenking sou kan regverdig; en jy sou dit heimlik selfs onaangenaam gevind het as jy jou in jou vermoede ten aansien van my sou vergis het, omdat ek teen jou eerste mening ingebring het, dat ons hier heeltemal onbekommerd oor Purista, sowel as oor Muthaël kon wees.

10. Maar die Heer het daarom dat jy jou innerlike sien, in plaas van dit alles wat jy eintlik wou gesien het; en toe is in die geestelike werklikheid getoon hoe jy gelyk het die oomblik toe, jy teen die wil van die Heer, wou spioeneer!

11. Sien, vader, dit is die mening waarvan ek ten volle oortuig is! Het jy egter `n ander, dan kan jy dit natuurlik in plaas van hierdie neem, want ek wil niemand iets opdring nie en jou as aartsvader van die vaders op aarde wel die allerminste!”

12. En Adam het geantwoord: “Ja, Henog, jy het gelyk; so is dit vas en seker! Maar of daar onder my hart, wat julle almal onbeskryflik liefhet, werklik `n hele groep tiers woon, dit is moeilik te begryp!”

13. En Henog het aan Adam gesê: “Ja, as jy die tier as `n moordenaar beskou, dan is my uitleg wel `n bietjie merkwaardig; maar as jy daar onder die dorre, onbarmhartige oordeel volgens die wet beskou, dan klop dit goed met die tier!

14. Want in die wet lê die onverbiddelike oordeel, soos die onverbiddelike moordsug in die tier; en die slagoffer wat hy in die oog het, sal ook beslis sy buit word! Ek dink, as jy dit so sien, dat my mening wel korrek is?”

15. En Adam het gesê: “Ja, as jy dit so sien, is dit korrek en so is dit goed; maar kom ons laat dit nou met rus laat en vestig ons aandag op iets anders!” 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205