`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 108

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Kenan se gesang oor die wese van die lewe. Adam se growwe kritiek op die gesang. Henog se kalmerende woorde

(31 Augustus 1843)

108 Die geselskap het hulle besig gehou met baie dinge, en selfs ons ou, maar nog steeds wakker sanger Kenan, word deur Adam versoek om vir hierdie geleentheid, iets wat nie so lank was nie, ten beste te gee, wat hy ook graag gedoen het; want dit was egter iets vir hom.

2. Sy gesang was hierdie keer net `n bietjie merkwaardig; daarom verkry hy van Adam ook nie bepaald oortuigende byval nie. Die gesang het as volg gelui:

3. “O mense, o lewe, julle spook en probeer hoe julle dié lewe vir ewig kan behou! `n Raaiselagtige gespook en probeer!

4. Ons lewe en tog is ons nie soos ons hier lewe nie; die lewe is niks en ook ons is niks met daardie lewe nie!

5. Daar staan `n lewende gees! Sê net, wie se oog kan hom sien en welke lewende sintuig kan hom ontdek?! 

6. Wat is dan in werklikheid `n lewende gees? Is hy so `n gedagte wat so vlugtig soos `n bliksem wegvlieg en dan in die oneindige ruimte self so laat ontstaan soos die los vlok sneeu in die newelige eter van die aarde?

7. Maar bliksems is vlugtig en sneeuvlokke smelt in die strale van die son; o sê, hoe is dit dan met die los gedagte, met die gees wat hom bevind in die eindelose ruimte, asook met `n doudruppel?

8. O sê, is hy nie soos bliksems en vlokke so vlugtig, verganklik, sterwend, om nooit meer terug te keer nie en homself as sodanig getrou te herken, asof hy reeds voorheen in die heersende bestaan was!

9. Wat is dan die sterwe van dinge en mense? Wat se werksaamheid is dan in die dood?

10. Vergaan ek by die dood van my liggaam, hoe? Of bly daar van my nog iets oor in die gees?

11. Wat is ek in die gees? `n Denkende niks, onwaarneembaar vir elke sintuig; of is ek `n lig wat niemand se oog ooit kan sien, ook die eie oog nie, vry van welke liggaam dan ook.

12. Ek sou die nietige lewe wil verwens en die uur vervloek van `n dwase lewe waar ek myself vry denkend bevind het!

13. Waarom moes ek ontstaan om weer baie spoorloos tot niet te gaan?!

14. O ellendige lewe, wrede kwelling vir jouself! Ek moet my hier voel, moet dink, asof ek iets sou wees, en moet lewe om spoedig weer lydend te kan vergaan! O ellendige lewe!

15. Dat die gees sterflik is, sê my elke vlugtige gedagte, wat, sodra hy gedink is, dadelik vir altyd vergaan; gaan die gedagte wat homself laat ontstaan het, egter, wat moet daar dan nog van die gees oorbly?

16. Is ek egter getrou tot die ewige lewe geroep, waarom moet ek dan vroeër sterf op hierdie bont wêreld en my dierbaar geworde liggaam verlaat? O ellendig lewe, jy honende drogbeeld van my sinne! Waarom moet ek hier tog lewe?”

17. Toe het Adam opgespring en baie afkeurend gesê, soos reeds vooraf opgemerk:

18. “My seun, genoeg van hierdie leë dwepende dwaasheid! Met soortgelyke gesange kan jy jou `n volgende keer na die een of ander bos begewe en hulle daar ure lank vir die bere, wolwe, leeus, tiers en hiënas voorsing! Hierdie wesens het genoeg sterk tande en bowendien `n maag wat sterk genoeg is om dit te verteer; maar verskoon die menslike gemoed vir altyd daarvan!

19. Want as jy so dom is en nie weet wat die lewe, die gees en die bestaan is nie, vra dit dan tenminste aan die wyses onder ons, en hulle sal dit vir jou sê!

20. Het jy dan die Heer en Sy verhewe leer reeds so geheel en al vergeet dat jy nou weer met sulke afgesaagde ou domhede vorendag kom?!”

21. Henog het egter aan Adam gesê: “Laat dit so goed wees! Ek weet waarom vader Kenan so gesing het; dit was die wil van die Heer! Waarom die Heer dit gewil het, sal straks duidelik word!

22. En Kenan sing nie wat in hom is nie, maar wat nog in so baie ander skuil. Kyk, dit is die rede; die res sal straks duidelik word!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205