`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 195

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Hanoch se enorme rykdom en die natuurlike gevolge daarvan. Kinkar se dood. Kinkar se seun Japell as opvolger. Japell se politiek en wette

(3 Januarie 1844)

195 Dat ook die handel met ander volkere baie deur die duisendvoudige uitvindings begunstig was, hoef nouliks vermeld te word; en dat die stad Hanoch daardeur natuurlik ook buitengewoon ryk geword het aan aardse goedere, sal elkeen ook kan begryp.

2. Dit is egter nie so maklik om al by voorbaat te sien en te vertel welke gevolge die groot rykdom teweeggebring het nie.

3. Maar wat het rykdom oor die algemeen tot gevolg? Ons sal dit sien!

4. Die natuurlike gevolge van rykdom is: Heerssug, gevoelloosheid ten aansien van armes en behoeftiges, `n steeds sterker opkomende neiging tot sinlike bevrediging van die vlees, wat geilheid heet, ook woeker, gierigheid, nyd, haat, toorn, godvergetenheid, vraatsug, brassery, afgodery, diefstal, roof en moord. Dit is die volkome natuurlike gevolge van rykdom.

5. Het dit nou ook in Hanoch tevoorskyn gekom? Solank Kinkar geleef en geheers het, was hierdie sondes nog versluier; maar toe Kinkar na `n drie-en-veertigjarige regering in `n masjien `n gewelddadige dood gesterf het en sy seun Japell die regering aanvaar het, het alles baie vinnig heeltemal anders begin word.

6. Soos wat sy vader `n absolute uitvindersgees was, was Japell `n uitgesproke politikus. Wat kan `n slim politikus egter nie alles vir sy doeleindes gebruik nie?!

7. Hy, Japell, het daarom alles toegestaan, maar onder bepaalde wette. So mag `n mens onder hom gesteel het, maar slegs tot op `n sekere bedrag! Maar `n mens moes by die steel slinks te werk gegaan het, want as die dief hom laat betrap het, dan het die besteelde die reg gehad om die dief te straf en kon dit na behore doen.

8. Die wet was uitermate geskik om binne `n kort tyd die mees verfynde diewe te vorm, maar tegelykertyd ook om die bewoners van die stede, net soos op die platteland, steeds op hulle hoede te laat bly; die doodstraf het egter gegeld as `n dief hom sou vergryp het aan die rykdom van die priesters, die staatsbeamptes en veral as hy hom aan die skatte van die koning sou vergryp het.

9. Onder sulke omstandighede was ook straatroof wetlik toegestaan; maar die beroofde party het die reg gehad om homself te verweer. Die rower was egter altyd verplig om `n derde deel van die geroofde aan die staatskas oor te dra, anders sou hy sy reg om te roof, vir altyd kwyt gewees het. Want die rower was self deur die koning wetlik daartoe geregtig en was in `n sekere sin van die adel, ongeveer soos in vroeëre tye na My geboorte, toe die roofridders dit was; diewe was egter nie geregistreer nie, en daarom het elkeen die reg gehad om te steel.

10. Verder het die koning ook `n wet uitgevaardig op grond waarvan alle meisies van die burgerstand vry was. Elke man het dus die reg gehad om `n burgerdogter waar dan ook te beslaap. Maar die vader het die reg gehad om `n adelbrief vir een jaar te koop; dan was sy dogter beskerm, maar slegs vir één jaar! Daarna was sy weer voëlvry en moes daar `n nuwe adelbrief gekoop word, indien die vader sy dogter verder wou beskerm. Daardie monopolie het die koning enorme bedrae ingebring.

11. Wie tien jaar agtereenvolgens die klein adellike titel gekoop het, kon in die elfde jaar mik na die hoë adellike titel, maar dit het dan ook tienvoudig van die kleine gekos.

12. Wie met die koning wou gepraat het, moes dit kort hou, want slegs tien woorde was vry toegestaan; een woord meer het tot gevolg dat vanaf die begin vir elke woord `n pond goud betaal moes word.

13. Hoe Japell die kuns verstaan het om rykdom te vergaar, daaroor meer in die vervolg!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205