`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 244

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die sontempel

(13 Maart 1844)

244 `n Goeie dagreis vanaf Hanoch, in die rigting van die middag, op `n baie kaal rotsgebergte, was een van die mees bedenklike tempels gebou, waarin die son vereer was.

2. Maar waarom was hierdie tempel dan so bedenklik? `n Nadere beskrywing daarvan sal dit duidelik maak!

3. Die tempel was heeltemal rond. Die een helfte van die tempel het `n digte muur gehad; maar die ander helfte was oop en het ses pilare gehad wat die kegelvormige ronde dak gedra het.

4. Aan die kant van die digte muur, in die rigting van die aand, was die gebou waar die priesters gewoon het vas daarteenaan gebou. Dit het ruimte gebied vir honderd priesters en was net so hoog soos die tempel, wat `n hoogte van tien vadem gehad het en eweveel vadem in deursnee was.

5. Presies in die middel van die vaste muur van die tempel was `n hol spieël aangebring wat uit `n dik, baie fyn gepolyste goue plaat bestaan het. Dit het `n deursnee van ongeveer twee vadem gehad en kon deur middel van `n baie kunstige metode tussen alle grade van `n halwe sirkel heen en weer en op en af gerig word.

6. In die brandpunt, op presies tien vadem afstand, in die rigting van die aand, was tussen die ses pilare vyf voet hoë ronde offeraltare met `n deursnee van vier voet aangebring.

7. Vanuit die priesterhuis het `n onderaardse gang tot presies onder die middelste altaar gelei, dit wil sê dat van die vyf altare tussen die ses pilare die natuurlike middelpunt gevorm het.

8. Dié altaar was hol. Daaronder was `n hefwerktuig; dit het `n ronde klipplaat omhoog gehef wat presies in die hol ruimte van die altaar gepas het.

9. Wanneer die offerende priester in sy goue gewaad in die tempel, waar die volk omheen gestaan het, nou wou binnekom, dan gaan hy op die klipplaat staan en word omhoog gewend deur `n masjien, du natuurlik met sy hoof die goue deksel van die altaar omhoog en op dié manier dadelik as te voorskyn getower met `n goue hamer in sy hand op die altaar gestaan.

10. As die volk dan daarheen gaan en hulle daarvan oortuig het dat die altaar van vaste klip was waar geen natuurlike mens kon deurdring nie, dan het hulle die priester as `n hoër wese aangesien. Daarop het die priester die altaar weer toe gedek, enkele onverstaanbare woorde gemompel, het dan driemaal op die deksel van die altaar geklop, en dadelik het die deksel weer omhoog gegaan en `n tweede priester het met reukwerk tevoorskyn gekom.

11. Die operasie het nog driemaal agtermekaar gebeur. Dan word die middelste altaar stewig afgesluit, die bedekking van die vier ander altare word weggeneem en die vier opperpriesters het hulle reukwerk op die eweneens wit klipplate geplaas.

12. Wanneer die reukwerk nou geplaas was, het die priesters die hol spieël, wat die vorm van die son gehad het, aanbid. Die opperpriester het met die hamer op `n ander plaat geklop, en dadelik was die andersins bedekte hol spieël onthul en was deur middel van `n inwendige meganisme gedraai, wat deur `n deskundige bedien was .

13. Die enorme brandpunt het nou op een van die vier offeraltare geval en binne één oomblik die lig ontvlambare reukwerk verteer.

14. Wanneer die reukwerk op al vier altare verteer was, het daar `n spreker op die middelste altaar geklim, wat `n verskriklike toespraak aan die volk gehou het en bewys het dat die son heeltemal in die mag van hierdie tempel was. Daarom moes die volk ook geweldig baie offer as hulle mooi dae en `n goeie jaar wou gehad het.

15. Meer hoef Ek nie van hierdie satanswerk te sê nie; want elke weldenkende mens kan eenvoudig goed insien wat dié bedrog by die baie duistergehoue volk teweeg moes gebring het.

16. Hierna nog meer van soortgelyke dinge!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205