`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 362

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die sigbare teken van die nuwe verbond. Die land Eriwan. Die nuwe en tog ou gebod van die liefde. Die Heer as Melgisédek. Kanaän en Salem

(4 September 1844)

362 En die Heer het verder met Noag gepraat: “Sien, so het Ek nou met julle `n verbond opgerig, dat `n soortgelyke sondvloed voortaan nie meer oor die aarde sal kom en al die vlees op die aardbodem sal vernietig nie!

2. Maar Ek wil jou ook `n sigbare teken gee, ter voortdurende gedagtenis aan My verbond wat met julle gemaak is! En dit is die teken van die verbond wat Ek tussen My en julle, en al die lewende gediertes by julle, van nou af aan vir ewig gemaak het.

3. My boog het ek in die wolke geplaas; dit sal die teken wees van dié verbond tussen My en die aarde; en as dit gebeur dat Ek wolke oor die aarde sal lei, dan sal mens My boog in die wolke sien!

4. Dan wil Ek dink aan dié verbond tussen My en julle en al die lewende gediertes in allerlei vlees, sodat daar voortaan geen sondvloed meer sal kom wat al die vlees sal vernietig nie!

5. My boog sal in die wolke wees, sodat wanneer Ek dit sien, Ek My ewige verbond tussen My en alle skepsele op die aarde sal gedenk!

6. En dit sê Ek, jou God en Heer, aan jou, Noag: Laat dit die waaragtige teken van die verbond wees, wat Ek nou opgerig het tussen My en al die vlees op aarde!”

7. En na hierdie woorde oor die verbond, het die Heer Noag `n baie vrugbare streek binnegelei, en wel dieselfde wat teenswoordig Eriwan (in Armenië) heet.

8. Toe Noag daar aangekom het, verbaas hy hom daaroor dat hy hom hier in `n Eden bevind het wat reeds vol was van allerlei heeltemal ryp vrugte in die derde maand van die nuwe jaar.

9. En die Heer het die heerlike land driemaal geseën en het dit aan Noag en sy kinders as volledige eiendom geskenk.

10. En Noag het God aanhoudend geroem en geprys daarvoor en aan die Heer gesê: “O Heer, watter diens verlang U nou van my, wat ook vir ewig deur al my nakomelinge gehou sal word?”

11. En die Heer het gepraat: “Jy weet wat Ek aan Henog gesê het! Kyk, laat die orde steeds joune wees; en bly altyd daarin! Want in ewigheid verlang Ek niks anders van die mense as dat hulle My bo alles sal liefhê as hulle God, Heer en Vader nie! Dit het Ek van Henog verlang, en dit verlang Ek ook van jou en van al jou saad.

12. Maar ek wil nou nog één ding aan jou openbaar: Sien, aangesien dit nou vir My welgevallig is op aarde, sal Ek vir My, as `n ware Vors van die vorste, Heer van die heersers en Koning van die konings, `n woonplek op hierdie aarde oprig! Nie ver van hier af nie, sal Ek vir My `n stad bou en daarin tot die groot tyd van die tye woon, wanneer Ek Self in die vlees sal wandel te midde van My ware kinders!

13. So sal die aarde nou die plek wees waarop My voete sal rus en wandel.

14. Nadat Ek na jou toe vaders gekom het, het Ek weer onsigbaar geword; maar jy sal My nou op My voete oor die bodem van die aarde, as `n mens, sien weggaan in die rigting van die aand na `n land wat Kanaän (geseënde land) sal heet!

15. Jy sal dit bereik binne sewentien dagreise! Daar sal Ek vir My `n stad bou; dit moet jy en al jou nakomelinge “Salem” noem! My Naam egter as Vors van die vorste, Heer van die heersers en Koning van die konings sal “Melgisédek” wees, `n Oudste (priester) van die ewigheid!

16. Jy is vry; maar jou nakomelinge sal die tiende deel van alles aan My moet gee; wie dit weier, sal verdryf word uit My nabyheid! Amen.”

17. Hierop gaan die Heer sigbaar in die rigting van die aand; en Noag het tot die Heer gebid solank as wat hy Hom gesien het.

18 Wat verder, in die volgende!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205