`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die besorgdheid van Kisehel oor die mag van Satana en die gerusstellende woorde van die Heer. Die gebroke mag van Satana.

(18 April 1843)

19 Na hierdie magtige repliek van die Heer het Kisehel aan die Heer gesê: “O allerliefdevolste, heilige Vader, ek, en Henog en Lameg beslis ook, erken U oneindige goedheid en erbarming vanuit sy fondament; maar as ek nou bedink welke ontsettende mag U oor die hele skepping aan U vyand toegeken het, en dus ook oor ons, dan word ek buitengewoon bang en vrees vir die lot van die hele mensdom van hierdie aarde.

2. Want as hierdie vyand vanaf die begin, in haar gebroke mag, U en die aarde en ons almal al soveel skade berokken het, wat sal sy dan met die verleende volmag doen wat nou deur U aan haar toegestaan is?!

3. Vandaar dat ek U wil vra om aan die toekoms te dink en U vyand nie so `n ontsettende groot mag toe te staan nie; anders het die heiligdom wat U, o liefdevolle Vader, vir ons opgerig het, baie weinig nut!

4. Want voor U daarop bedag sal wees, sal sy die grootste skade in U huis aanrig! En ons is nie vir haar veilig nie, ook al sou U voortdurend, soos nou, sigbaar in ons midde bly! Bedink daarom, o Heer en Vader, wat U gedoen het!”

5. Die Heer het nou ietwat ernstig met Kisehel gepraat: “Ek sê vir jou, hou jou tong in bedwang, as jy niks beter uit jouself te berde kan bring nie; anders is jy ergerliker vir my as Satana!

6. Ek weet wat Ek doen; maar jy weet nie wat jy gesê het nie! Ek sorg vir die instandhouding van die ewige orde en van alle wesens uit en in die orde; maar jy het slegs sorg oor die instandhouding van die wêreld.

7. Dink jy dan dat Ek die vyand meer sal gee as elkeen van julle? Wat se heilige God sou Ek dan wel wees?!

8. Maar Ek sê vir julle: Die grootste mag van die vyand op die sterre en op die aarde en in julle is bymekaar geneem nie groter as die van elkeen van julle afsonderlik in die liefde tot My nie!

9. Dit het Ek jou aangegee deur die stok waarmee jy die vyand geslaan het. Hierdie stok bly by julle tot aan die groot tyd van die tye, waarin Ek `n ander hout sal oprig wat aan die vyand alle mag oor die sterre en oor die halwe aarde sal ontneem; en dit sal dan met hom gaan volgens sy werke!

10. En sy sal nou verneem dat alle gevange kinders uiteindelik niks vir haar sal oplewer nie; want die nuwe hout (die kruis op Golgatha) sal hulle weer van haar af losskeur, en vir haar sal niks anders oorbly as haar eie groot onmag en die oordeel daaruit nie.

11. Julle is volkome vry, en die vryheid kan die vyand nie van julle afneem en ook nie aan bande lê in julle nie; julle kan eiemagtig doen wat julle wil, en sy kan doen wat sy wil.

12. Maar aangesien julle verreweg die magtigste kan wees en dit nou ook in die grond van die saak is, sal dit van julle afhang om die vyand te oorwin of julle soos `n dwaas deur haar te laat oorwin.

13. Welke man is swakker as sy vrou as hy `n regverdige, wyse man is?!

14. Maar as julle al heersers is oor julle vrouens, wat altyd om julle heen kan wees, dan sal julle ook wel heersers oor hierdie vrou wees, wat baie swakker is as die swakste vrou onder al julle vrouens!

15. Indien jy jou vrou sou getugtig het, dan sou sy haar teen jou verset het; en kan hierdie vrou dit ook doen?!

16. So sal dit verder deur bly gaan en My mag sal nooit van julle wyk as julle in die liefde tot My sal bly nie.

17. Die verbond tussen julle en My is opgerig en die mag van `n vrou, of van `n vyand, sal ewig nooit in staat wees om dit volledig te verbreek nie!

18. Begryp dit, en praat geen onsin meer ten opsigte van My nie! Amen.”

19. Hierdeur word Kisehel heeltemal gerusgestel en het die Vader gebid om vergewing vir sy groot dwaasheid.

20. En die Heer het hom geseën en daarop gesê: “Wees dus ware heersers oor al die vlees van die vrouens, dan sal julle verwekkings nie op aarde nie, maar in die hemel plaasvind, sodat julle vrugte die vrugte van die barmhartigheid, van die krag sal word en sal lieflik lyk! Amen.”

21. Toe het Satana diep gesug en gesê: “O Heer, welke vrugte sal dan uit my verwek word? Moet ek ewig smag en onvrugbaar bly soos `n verdorde doringstruik?!”

22. En die Heer het aan haar gesê: “Wend jou tot My in jou hart en jy sal vrugte dra soos die ewigheid nog nooit gesien het nie; anders sal jy maar net vrugte van die ewige dood voortbring, wat jou eendag as die grootste hoer sal oordeel!

23. Begryp dit! Want van nou af aan sal slegs die geringe deur My aangesien word, en Ek sal My ewige welbehae aan die nederige eenvoud hê! 

24. Rig jouself daarvolgens, dan sal jy My oordeel ontgaan! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205