`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 32

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Satan se listige plan om die mense deur vroulike skoonheid te verlei. Die stem van Bo. Die geselskap van Horadal by Adam en Henog.

(5 Mei 1843)

32 Nou was die volmaakte orde ook op die hele aarde herstel, en hemel en aarde was aller innig met mekaar verbind, en selfs die Satan het by homself gesê:

2. “Wat sal ek nou doen? Die Heer het Sy mensekinders Self geleer en het hulle vas aan Hom verbind; ja selfs my laagte het Hy tot Sy eiendom gemaak en het baie op alle gebiede `n groot mag gegee waarteen ek niks kan doen of onderneem nie!

3. Ek het wel mag in die sterre, net soos oor alle elemente op aarde, maar wat het ek daaraan as die mensekinders die mag van God in hulle hart het en my daarmee oral waar ek ook maar in opstand sou kom, ontsettend magtig tegemoet kan tree?!

4. Maar tog weet ek wat ek wil doen. Omdat ek die reg het om te verlei, sal ek die mensegeslag (adamitiese saadlyn) `n lokaas voorhou en dit sal spoedig blyk of die kinders van die Heer wel so standvastig en onwankelbaar sal wees as wat nou die geval blyk onder die eie persoonlike leiding van die Heer!

5. Ek sal by die verwekkings van die dogters in die laagte aanwesig wees en hulle vlees so mooi en bekoorlik laat word, dat elkeen wat so `n dogter van die stede in die laagte sal sien, heeltemal deur haar groot bekoring gefassineer sal word! Dit kan en mag ek doen, omdat die vlees nog in my mag is!

6. Maar wat doen ek as ek dit doen! Die goeie of die bose? Want doen ek die bose, dan sal die Heer my bereg; doen ek die goeie, dan sal die Heer sê: “Die goeie is slegs in God!”

7. Ek weet egter hoe ek dit sal aanlê: In die middel moet dit bly, nóg sleg nóg goed!

8. En presies so sal die mooiste dogters wees; iemand wat sterk en deugsaam is, sal nog steeds baie goed, God welgevallig, naas hulle kan voortgaan!

9. Maar as hy dit nie is nie, dan sal hy in die mooiste dogters ten minste `n gedugte toetssteen vind en `n pragtige geleentheid om sy deugsaamheid te versterk of te verswak, om so vir God en my te laat blyk hoe hy is, en nie hoe hy sonder moeite en selfbeheersing sou wil wees nie: `n Heer selfs oor my en `n vors, magtig in die hemele!

10. Dat menige swakkeling daardeur in die strik sal loop, is seker, maar dat menigeen ook `n groot held van deugsaamheid sal word daardeur, dit kan mens ook as vasstaande aanneem!

11. Dus na beide kante afgeweeg, is die plan op sigself nie sleg nie, maar ook nie bepaald goed te noem nie; dit is in die middel, dus swewend tussen goed en kwaad!

12. Daarom is dit vas besluit en in die kortste tyd uitgevoer!

13. Maar nog iets: As die plan uiteindelik blyk om nogeens slegter uit te val as wat ek nou bereken het?! Dan sou ek opnuut op vyandige wyse met die Heer te doene kry!

14. Maar ook hier weet ek wat ek sal doen! Henog is die regterhand van die Heer hier op aarde; na hom sal ek gaan en my plan voorlê! Hy moet dit met die Heer bespreek en my dan meedeel of dit die Heer geval!

15. Dit sou weliswaar goed wees. Maar wat as Henog my met sy groot mag afwys?! Wat dan te doen in my opnuut ontwaakte boosheid?!

16. Hoe sou dit wees as ek net self na die Heer durf gaan?! Dit sou tog die kortste weg wees!”

17. En daar het `n Stem van Bo tot die oor van die Satan gekom en kortaf gesê: “Watter boosaardigheid beraam jy?”

18. En die Satan het gepraat: “Heer, ek wil niks boosaardig doen nie, maar ek wil slegs `n toetssteen vir U kinders oprig, maar daarby niemand se volle vryheid ook maar in die minste beïnvloed nie; staan dit my daarom toe!”

19. En die Stem van Bo het gespreek: “Satan, omdat jy `n man wil wees is jy vry; doen in jou elemente wat jy wil, en die Heer sal ook dieselfde doen wat Sy wil is! Maar laat Henog met rus!”

20. Nou was die Satan volkome tevrede met dié antwoord en begin weldra aan die voorgenome werk, waarmee hy egter nog vir `n geruime tyd nie kon slaag nie. Want solank as wat die geslag (saadlyn) soos dit nou op die hoogte, net soos in die laagte bestaan het, voortgeduur het, kon hy weinig met sy lis uitrig, - maar des te meer met hulle nasate, soos die verdere verloop helaas sal aantoon!

21. Spoedig na hierdie gebeurtenis het daar afgesante van Horadal na Adam toe gekom en het hom in die Naam van die Heer benoem tot hoogste leier oor die volk tussen middernag en môre. Die gesantskap het bestaan uit tien manne met beide seuns van Lameg aan die hoof.

22. Adam het die gesantskap na Henog gestuur en Henog het hulle in die Naam van die Heer belowe om ook oor hulle die hoëpriesterskap uit te oefen teen `n tiende deel van hulle beste vrugte as offer aan die Heer. Toe het hy hulle weer laat gaan en Adam het beide seuns van Lameg by hom in sy huis opgeneem.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205