|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 183
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Ohlad het die wil van die Heer aan Danel en die raadshere oorgebring. Danel se verwondering oor die skynbare kleingeestigheid van God
(14 Desember 1843)
183 Na hierdie woorde het Ohlad homself op sy bors geslaan, diep voor die altaar gebuig en onmiddellik na buite na die nege-en-negentig wagtende broers gegaan, Danel na hom geroep en hom alles vertel wat hy van die Heer gehoor het.
2. Maar Danel het daarteen geantwoord: “Werklik, as jy hierdie stand van sake nie met so `n verhewe erns vir my sou uiteengesit het nie, sou ek nouliks kan glo dat die groot, verhewe, heilige God Hom met sulke kleinighede inlaat!
3. Dit moet egter tog wel van belang wees, omdat die Heer sy barmhartigheid van ons wil weerhou, as ons geen afstand doen van die klaarblyklik slegte gewoonte nie en ons in die plek daarvan slegs `n bitter oordeel wil gee!
4. Ek sal dadelik die wil van die Heer bekend maak! Vir my en my huis staan ek in; daar sal beslis geen geselligheidsbyeenkomste meer gehou word en ook nie meer besoek word nie, behalwe soos wat die Heer dit wil hê, naamlik slegs in Sy heilige Naam!
5. Maar wat die oorblywendes betref, kan ek natuurlik nie daarvoor instaan wat hulle sal doen nie!”
6. En Ohlad het gesê: “Daarvoor hoef nie jy of ek nou voor te sorg nie; die Heer sal wel Sy deel met Syne doen!”
7. Daarop het Danel hom tot die agt-en-negentig, en ook tot hulle kinders en vrouens gewend, en het die wil van die Heer aan hulle bekendgemaak, presies soos wat hy dit van Ohlad verneem het.
8. Die manne het dit gou aangeneem, maar die vrouens en die meer volwasse kinders het begin te snik en hier en daar selfs stilletjies gehuil en geskimp en het gesê:
9. “Dit kon God nie gesê het nie! Dit is `n uitvinding van Ohlad, van die tien towenaars van die hoogte en nou ook van die beroemde Danel, wat sy mantel altyd netjies na die wind draai!
10. En waarom kan ons in een geselskap eintlik nie ook verskillende manne liefhê nie?
11. Waarom moet ons vir slegs één man daar wees en ons slegs vir één man versier en mooimaak?
12. Waarom mag ons dogters nie die geleentheid hê om allerlei jonkmans te leer ken om so vir hulleself die man te kan kies wat hulle die meeste aanstaan nie?
13. En waarom sou ons seuns nie die meisies mag leer ken nie? Moet hulle dan ten slotte sonder vrou bly? Waar anders as in geselskapskringe word vir hulle die geleentheid gebied daarvoor?!
14. Bowendien besoek ons tog maar net beskaafde, oud-adellike huise, wat ons ook weer besoek!
15. God kan gladnie wys wees as Hy so-iets van ons verlang nie! As ons iets slegs daarby gedoen het, dan sou dit ietwat anders gewees het; maar altyd het ons onsself maar net op die onskuldigste manier in die wêreld vermaak! Hoe sou, hoe kan `n wyse God dan so-iets teenstaan?!”
16. Maar Danel het aan hulle gesê: “O julle vrouens, julle mor oor die verordeninge van God ! Weet julle nie hoe Hy nog altyd die weerbarstiges gestraf het nie?! Waaroor God Hom hier bekommer, kom vir julle te onbelangrik voor; daarom sê julle dat God nie wys kan wees nie!
17. O julle blinde dwase! Wie skep dan die klein muggie, wie die bladmyt, wie die tallose wurmpies in `n moeras, wie die hare van julle hoof? Is dit nie hoogs onbeduidende dinge nie? En tog laat die groot God Hom daarmee in!
18. Maar wie, buiten die werkmeester weet beter wat goed is vir sy werk?! Wanneer die groot Werkmeester egter Self die leefreëls hier vir ons gee, moet ons dit dan nie hoogs dankbaar aanneem en opvolg nie?!
19. Al blyk die euwel ook net klein en nietig vir julle te wees, omdat julle reeds daaraan gewoond is, moet dit dan ook by God die geval wees?
20. O, die Heer sal Hom tot in ewigheid nie volgens ons groot dwaasheid rig nie; maar dit is wel aan ons, Sy skepsele, dat ons onsself volgens Sy wil rig, want slegs Hy weet immers wat goed is vir ons!
21. Vergiftig één druppeltjie gif nie reeds tien emmers water sodanig dat ons nie meer tot ons heil en sonder skade daarvan kan drink nie?! As `n mens egter één gesonde druppeltjie water in tien liter gif sou gooi, sal dit dan die gif op sy beurt onskadelik maak?
22. Aldus is die dood magtiger as die lewe en ons kan dit baie maklik verloor! Daarom moet mens hierdie reëls goed oordink en daarvolgens lewe soos die Heer van die Lewe dit wil! Begryp my en mor nie meer nie! Amen.”
|
|
|
|
|