`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 265

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die hartlike ontvangs by die koning. Gurat, Fungar-Hellan en Drohuit by koningin Agla. Agla se suksesvolle liefdesverklaring aan Fungar-Hellan

(26 April 1844)

265 Die koning en die koningin was in gespanne afwagting en het deur die vensters gekyk of Fungar-Hellan wel sou kom of nie. Maar hoe verbasend groot was nou die vreugde van beide, toe hulle die generaal aan die regtersy van Drohuit, met `n uitgebreide erewag die paleis sien nader het!

2. Die koningin het haar dadelik na haar saal begewe, die koning na syne en elkeen het gewag op die man, van wie in dié tyd, die wel en wee van byna die halwe aarde afgehang het.

3. By die poort van die paleis aangekom, het die generaal aan Drohuit gesê: “Ek is nou hier, maar dit sê ek vir jou: As ek ook maar die geringste verdenking koester, dan is die lewende hel jou lot!”

4. En Drohuit het geantwoord: “Waarlik, ek sal nie nalaat om self daarin te spring, as jy nie met die grootste, ongeveinsde liefde en agting ontvang word van beide kante nie en nie elke punt wat deur my aangeroer is, bevestig sal vind nie!”

5. En Fungar-Hellan het gepraat: “Goed, laat ons dan na bo gaan en onsself van alles oortuig!”

6. Hierop het Fungar-Hellan aan die sy van Drohuit en onder geleide van sy erewag na bo, na die tweede verdieping, van die enorme groot paleis gegaan en hom eers na die koning begewe, wat hom met oop arms ontvang het met die uitroep: “My broer, my heil!”

7. Hierdie ontvangs het die hart van die generaal beroer en hy het daarmee reeds in `n baie goeie stemming gekom en die koning gevra of sy vriendskap nie beter was as sy vyandskap nie.

8. En Gurat het geantwoord: “O broer, as jy my vyand is, dan is ek ook geen koning meer nie! Want ek het alles aan jou te danke; jy alleen is die orde en sodoende die steunpilaar van my huis! Ek kan nie anders as om na jou vriendskap te verlang nie?!”

9. Hierop het Fungar-Hellan weer sy ou vriend omarm en aan Drohuit gesê: “Kom jy ook weer hier, want ek sien dat jy dit met ons beide opreg bedoel het, en so kan jy in ons nuwe verbond die derde wees! Maar laat ons nou na Agla gaan en sien hoe sy haarself met dié verbond kan verenig!”

10. Daarop het die generaal hom te midde van die koning en Drohuit, onder geleide van die skitterendste erewag na Agla begeef, wat hom ook ontvang het en hom met haar bekoorlike oop arms tegemoetgehardloop en hom met alle krag van haar liefde omarm het.

11. Hierdie hoogs onverwagte ontvangs het op die generaal so `n weldadige indruk gemaak, dat hy deur `n gevoel van suiwer geluksaligheid, nouliks in staat was om `n woord uit te bring.

12. Maar Agla het na `n rukkie, ook bewend van liefde gesê: “Fungar-Hellan, hoe kon jy my om die lewe wou bring, terwyl my liefde vir jou lewende offers gebring het wat nooit aan `n god geoffer sou gewees het nie?!

13. Dit is waar, ek moes onmenslik wreed vir jou voorgekom het, want my dade was van so `n aard dat die aarde tot nou toe, geen voorbeeld daarvan geken het nie! Maar die aarde het sekerlik ook tot nou toe, geen vroulike hart geken wat met so `n liefde tot jou, o Fungar-Hellan, vervul is nie! Maar die groot draagster van die lewe ken ook geen vroulike verstand wat weet om die formaat en die verhewenheid van `n Fungar-Hellan op sy waarde te skat nie! Maar ek kan my op so `n verstand beroem, en so is my eindelose groot liefde vir jou, en van daaruit alle dade wat ek begaan het terwille van jou, o Fungar-Hellan, te verklaar!”

14. Hierdie verklaring het die generaal heeltemal week gemaak en hy het gepraat: “O Agla, wat verlang jy as loon vir so `n liefde?”

15. En Agla het gesê: “Jou hart, jou liefde is my loon! Luister egter eers na my, sodat dit vir jou duidelik kan word waarom ek dit gedoen het; dan sal jy sien dat ek jou meer liefhet as my eie lewe!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205