|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 46
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Die wyse woorde van die vernaamste Spreker oor die innerlike taal van die gees en die uiterlike taal van die mond.
(24 Mei 1843)
46 Na `n tydjie het een van die kritici dan tog opgestaan en hom met die volgende woorde tot die Spreker gerig: “Luister, liewe vriend en broer! Dat jy kennelik wyser is as ons almal aan hierdie tafel, dit het ek, en sekerlik ons almal, nou uit jou woorde afgelei. En daarom is ek al by voorbaat daarvan oortuig dat jy die volgende belangrike vraag vir ons almal sal oplos; daarom vra ek jou om my aan te hoor!”
2. Die vernaamste Spreker het nou aan diegene wat hom iets wou vra, gesê: “Luister, die ware Wysheid vanuit die Heer God Sebaot sou nie moet vra en ook nie gevra moet word nie! Want aan die waaragtige wyse word die grond van alle waarheid deur die innerlike lewende woord meegedeel. En dat daar aan die waaragtige wyse vrae gestel moet word, is ook nie nodig nie, want die gees in hom gee hom die behoefte van sy broer te kenne.
3. Maar aangesien jy `n vraag aan My wil stel, moet jy My net sê hoe dit met jou wysheid gestel is, wat jy so pas self, as skerp kritikus, aangeprys het?
4. Sien, as jy `n egte wyse was, dan sou jy, in die lig van jou wysheid, immers spoedig ingesien het dat dit vir My, as `n wyse, bekend moes gewees het wat jou gepla het, sonder jou natuurlik gestelde menslike vraag!
5. Maar jy wou `n vraag aan My stel. Is jy dus `n wyse en beskou jy My inderdaad en diep in jou binneste wel as `n wyse?
6. Dink jy dat die hoë gaste dit nie weet nie? O, gaan maar na hulle toe en hulle sal vir jou dieselfde sê as wat Ek nou vir jou gesê het!”
7. Hierop word die kritikus baie verleë en het nie geweet wat hy moes doen nie, want hy het uit die woorde van die vernaamste Spreker baie goed afgelei, dat hy moes gemerk het dat hy vir hom, in die vraag wat hy wou stel, `n klein valstrik wou gestel het.
8. Maar aangesien hy ook spoedig merk dat hierdie Spreker Hom nie so maklik sou laat vang nie, begin hy langsamerhand in sy hart `n ander deuntjie te speel.
9. En omdat die Spreker dit merk, rig Hy dadelik die volgende woorde tot die kritikus:
10. “Luister, Ek wil jou, op jou vraag wat jy vroeër wou gestel het om My te vang, `n korrekte antwoord gee, omdat jy nou in jou hart `n ander gees laat opstyg het; en dit is nou die antwoord:
11. Jy dink dat die mens hom nie vir sy medemense sonder woorde begryplik sou kon uitdruk nie en daarom is volgens jou, die woord van die mond die voltooiing van die stille gedagtewoord in die hart, omdat die mens hom daardeur eers as mens gemanifesteer het, ten opsigte van alle ander skepsele van die aarde; en daarom sou mens God die Heer altyd maar net met die voltooide woorde, maar nie met die innerlike, slegs die gees bevredigende gedagtes of gevoelswoorde moet aanbid en dank en loof en prys nie.
12. Sien, dit is nou juis die totaal verkeerde weg! Juis deurdat die mens `n dienaar van die sintuie en die wêreld geword en Hom na buite gekeer het, het hy ook in die uiterlike taal van die mond beland en kan sy broer nou nie anders verstaan as deur die woord van die mond nie, wat op sigself niks anders is as slegs die heel buitenste van die bas van `n boom nie.
13. Hy het daarmee onmeetlik baie verloor deur die skynbare voordeel, want as die mens by sy innerlike geestestaal sou gebly het, dan sou hy die taal van die hele skepping verstaan het en hy sou die dinge tot grondig kon begryp het. Maar so het hy `n stomme toeskouer geword, en het, deur hom na buite te keer, al sy sintuie in homself bederf, sodat hy daardeur doof, blind en gevoelloos geword het, soos die bas van die boom en niks van die wesenlike van dié dinge begryp nie; ja hy ken nie eens homself en ook nie die klaende hart van sy broer nie!
14. Sou jy nou bowendien ook nog die erken en die aanbid van God, wie Self tog die allerinwendigste lewe in die mens is, geheel na buite wou rig, sodat jy God daardeur ook kon verloor en sodoende `n heiden word, of selfs `n volslae godloënaar?!”
15. Hierop het almal aan die tafel van die Spreker `n merkwaardige gevoel gekry, net soos diegene wat aan die hooftafel gesit het, uitgesonder Henog, Lameg en Hored.
16. En Lameg begin hom geweldig agter die ore te krap, en sou graag weer `n opmerking wou gemaak het, maar die Spreker was nog nie klaar nie; daarom het hy dan ook geduldig gewag vir die afloop van hierdie saak.
|
|
|
|
|