`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 341

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Mahal bespreek die rede van die onsigbaarheid van die Heer met Waltar. Mahal se insig in homself en sy berou. Die vergewende woorde van die Heer uit die ligte wolk

(9 Augustus 1844)

341 Omdat Mahal die Heer nie meer gesien het nie, het hy Waltar gevra wat nou met die Heer gebeur het, omdat hy Hom nie meer kon sien, te midde van die baie bodes uit die hemele nie.

2. En Waltar het gesê: “O Mahal, sien, dat Hy Hom vir jou verberg het, is alweer Sy eindelose goedheid en liefde! As Hy nou nog sigbaar vir jou sou gewees het, dan sou jy geoordeel gewees het deur die mag van Sy sigbare teenwoordigheid wat jou nou sou gevang en met onbeskryflike mag na die Heer sou getrek het! In hierdie gewelddadige aantrekking sou jy al jou vryheid ingeboet het en jou gees sou die dood ondergaan het!

3. Sien, dit het die Heer baie goed gesien; daarom het Hy uit jou oë verdwyn! Want daar is `n oneindige verskil tussen Skepper en skepsel, wat in verhouding is soos die dag tot die nag of soos die lewe tot die dood!

4. Die son het met haar Lig, immers ook die hele aarde tot lewe gebring, want uit haar gaan die lewensgeeste oor in die organiese skepping van hierdie aarde en wek alle dooie geeste tot lewe in `n vrye werksaamheid in hulle organe, en jy sien dan spoedig die aardbodem groen word en opbloei in allerlei lieflike vorms, wat die werk is van die opnuut tot lewe gegewekte geeste in die organe van hierdie aarde!

5. Maar as die son voortdurend aan die middaghemel sou skyn, en daar sou geen nag tussenin kom om rus te bring nie, wat noodsaaklik is vir alle werksaamheid, wat sou daar dan met alle dinge op die aardbodem gebeur het? Sien, hulle sou verdor en ten slotte heeltemal verbrand het! Dit sou tog ongetwyfeld die suiwer dood van die dinge wees!

6. Sien, nog veel erger sou die voortdurende sigbaarheid van die Heer wees; want daarin sou geen enkele wese die lewe kon behou het nie!

7. O sien, ook ons wat in die gees, in die ryk van God se ewige Lig lewe, ontbeer meestal die sigbare teenwoordigheid van die Heer! Ons sien wel Sy Lig waarin Hy woon, maar Hom sien ons nie; soos wat jy ook net die Lig van die son sien, maar nie die eintlike son self, wat in die vir jou alleen sigbare ligomhulsel tuis is!

8. Dit getuig alles van die eindelose goedheid en liefde van die Heer, Wie voortdurend met al Sy eindelose Wysheid en almag daarvoor sorg om Sy kinders so te vorm en ongedwonge te versterk, sodat hulle ook eens Sy sigbare teenwoordigheid vir ewig sal kan verdra, sonder om ook maar enigsins afbreuk te doen aan hulle vryheid. O sê vir my, is jy dit nie daarmee eens dat die Heer dit so ingerig het nie?!” 

9. Hier het die skille van die oë van Mahal afgeval en het so die groot onreg ingesien wat hy die Heer aangedoen het, dat hy gehuil en harop uitgeroep het: “O ewige goeie Vader, sal U my growwe aanmatiging teenoor U wel ooit kan vergewe?”

10. En uit `n nabye ligte wolk het `n stem gepraat: “My seun, Ek het jou al lankal vergewe, voordat jy gesondig het; wees daarom rustig en het My lief, jou heilige Vader!”

11. Daarna het die ligte wolk in die rigting van die môre getrek en daar onsigbaar geword. En op die hoogte het alle engele en mense God se groot heerlikheid aanbid!

12. Wat verder, in die vervolg!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205