`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 123

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die verdeelde sukses van Lameg se boodskap aan die volkere. Lameg se ergernis daaroor en die troostende woorde van die Heer

(21 September 1843)

123 En almal wat byeengeroep was, erken en begryp tydens die verhaal van Lameg dat dit alles wat hy hulle meegedeel het die volste waarheid was, en hulle het daarop welgemoed en met `n vaste, lewende vertroue uiteen gegaan en het ook dadelik na die volkere in die vier windstreke gegaan en alles aan hulle verkondig wat hulle van Lameg verneem en waarvan hulle self volledig oortuig van was.

2. Baie uit die volk het hulle weer bekeer, maar die grootste deel het ongelowig gebly en gepraat: “As dit werklik waar is, dan sien ons nie in waarom die Heer Hom nie ook aan ons, net soos aan Lameg geopenbaar het nie, aangesien ons tog net sulke goeie mense is soos Lameg en ons, net soos hy, van Adam afstam?!

3. Ons glo wel dat daar `n onverbiddelike God oor ons heers, volgens Sy welgevalle, en dit is genoeg; waarom het ons dan ook nog dreigemente nodig?!

4. Omdat ons uiteindelik almal in die stof moet byt, is die geloof tog genoeg?! Om nog ekstra te vrees vir die God Wie ons uiteindelik nie meer en nie minder aandoen as om ons eenvoudig te dood nie, sou wel baie dom wees van elke helderdenkende mens!

5. Eet en drink en verdryf die hinderlike tyd op die mees aangename wyse, dit is ons leuse; want vir dit wat, op hoogs geheimsinnige en onsekere wyse, eers na die dood sal kom, gee ons geen vrot appel om nie!

6. Is die saak van enige belang, dan moet JaHWeH dit net so goed aan ons openbaar, as aan Lameg, want ons is ook mense; maar doen Hy dit nie, dan is ons niks aan Hom verskuldig nie, maar dan ook heeltemal niks!

7. Julle egter, wat deur Lameg, en nie deur God, na ons toe gestuur is, kan glo wat julle wil; dit interesseer ons weinig, en julle aanvanklike oortuiging het vir ons geen enkele waarde nie!

8. Die einde sal vir julle, sowel as vir ons, die raaisel ophelder van die dinge wat hulle met verloop van die lewe op hierdie aarde sal afspeel: Of ons daarin sal verrot en vir ewig vergaan asof ons nooit bestaan het nie!

9. Maar wat julle waarskuwing vir die laagte betref, daaroor kan ons maar net lag! As daar werklik wondermooie vrouens is en ons hulle maklik kan kry, dan moet ons tog wel op ons koppe geval het as ons hulle nie hierheen sou bring nie; want dit is in feite nog die beste wat die sterflike mens op hierdie dom wêreld het!

10. En geval dit JaHWeH nie, dan moet Hy dit anders doen; maar solank Hy ons so laat lewe, sou ons tog mooi narre wees as ons die bietjie lewe van ons vir niks en nog eens niks sou laat vergal nie!

11. Gaan daarom maar weg van ons, julle gelowige bodes van Lameg, en laat ons in die toekoms ongemoeid; want ons weet tog goed wat ons te doen staan!”

12. Sien, dit was die vrugte van die vroeëre gedrag van Lameg!

13. Maar toe Lameg van sy bodes soortgelyke uitlatings verneem het, word hy baie verbitterd en weet nie wat om te doen nie.

14. Maar die Heer het aan hom gesê: “Lameg, jy weet wat Ek aan jou gesê het: “Jy moet dit nie wil forseer nie!” Luister daarom na die volgende:

15. Laat kom wie wil kom, wie egter nie wil kom nie, laat hom loop waarheen hy wil; ten slotte sal hy wel by ons beland, en dan sal ons `n paar woordjies vir die ewigheid met hom oor sy verstand praat!

16. Laat dit so wees! Wat egter die begeerte na die vrouens in die laagte betref, laat elkeen wie dit wil, een daar te siene kry; maar ons sal daarvoor sorg dat hy nie weer die hoogte met haar sal betree nie!

17. Wees daarom rustig, en bly met die goeie vir ewig in My liefde! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205