`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 184

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die vrouens vra Danel vir opheldering. Danel se verligtende antwoord oor geselskapbesoeke en hulle verderflike invloed op die siel en die gees in die mens

(16 Desember 1843)

184 Na hierdie woorde van Danel het enkele jong mans en vrouens saamgekom en die volgende woorde tot Danel gerig:

2. “Geëerde en hoogs vername metgesel van ons manne en vaders! Ons het jou toespraak met uiterste aandag gevolg en het `n aantal dinge waar en goed bevind, maar ook meer dinge onbegryplik!

3. Ons vra jou daarom wat jy met die druppeltjie gif in tien emmers water en omgekeerd met die druppeltjie water in tien emmers gif nou eintlik wou gesê het, en met die uitspraak, dat ons wel in die Naam van God mag byeenkom! Gee ons oor hierdie twee hoofpunte nadere opheldering, sodat dit vir ons duidelik kan word!”

4. En Danel het diep nagedink en vervolgens gesê: “Luister dan na my; ek wil met die barmhartigheid van die Heer, Wie daar gunter vanuit Sy heiligdom my ten seerste verlig het, julle alles so helder voor oë stel soos die son wanneer hy op die hoogste punt van die dag skyn, en wat nou uiteraard nie skyn nie, omdat sy bedek is deur die digte rookwolke wat uit die brandende berge walm!

5. Julle is houers, nog gevul met gesonde, lewende water, wat julle lewe uit God is; die gesellige byeenkomste is egter die gif vir julle lewende gees, omdat julle daardeur deur allerlei dom geklets en gepraat God steeds meer vergeet; ook deurdat julle julleself so dom en vleiend laat prys, gewoonlik ten koste van smadelike vernedering en domsoete skinderstories, meestal oor onskuldige mense, asook deur allerlei dom en laglustige opwekkende speletjies. En ten slotte word julle hoogmoed dermate aangewakker dat julle begin te dink en egter te glo dat elkeen slegs daar is, terwille van julle, en die heil van die hele wêreld slegs van julle geklets en julle welwillendheid afhang.

6. Sien, dit is in stryd met alle liefde tot die naaste en daardeur teen die goddelike orde en daardeur `n gif vir die lewe van julle gees, wat oorspronklik as gesonde, lewende water deur God in julle geblaas is!

7. Een druppel van daardie gif is soveel soos `n klein en onskadelik lykende besoek in die naam van die wêreld in julle – en vergiftig maklik die hele gesonde gees. Die word daardeur baie swak en leweloos in julle siel, waardeur die siel dan baie ontvanklik word vir die aanwakker van die hoogmoed en steeds meer begin te soek hoe en waar sy die korrekte erkenning van haar verhewenheid kan vind!

8. En dit het sy alles gedoen, omdat sy, as gevolg van die verlamming van die vergiftigde gees, geen leiding meer na bo het nie en haar ten slotte self as die heersende lewensbeginsel beskou, en dit is nou juis uitermate verkeerd om die weliswaar geheime, maar tog hoogs belangrike rede, dat ons siele as lewende substansie van ons liggame van benede afkomstig is. Enkel en alleen die gees is van bo afkomstig om die gevalle siel van haar ou slakke te verlos gedurende die aardse lewe!

9. Maar dit kan dan net gebeur deur God se barmhartigheid, as ons nie al die moontlike aanwend om ons gees te bederf nie, maar ons lewe inrig volgens die heilige wil van die Een Wie dit aan ons, as die allerhoogste goed, vir ewig gegee het.

10. Ek meen nou dat dit voldoende duidelik beskryf is wat één druppel gif in tien emmers gesonde water wil sê!

11. En wat die teenoorgestelde betref, dit is so duidelik dat ons nie veel woorde daaraan hoef te verspil nie! Wanneer `n mens eenmaal heeltemal bedorwe is, sal één woord van waarheid hom dan wel verbeter?!

12. Netso min as wat `n mens in staat sal wees om `n magtige brand met één druppel water te blus, sal `n goeie waarskuwing ook iets by `n wêreldse bedorwe mens kan uitrig! Gaan na `n bergbrand en blus dit met één druppel water as jy kan!

13. So het ek nou al baie gesonde druppels lewende water in julle laat val, maar julle ou voorliefde brand nog, en ek beskou dit nog nie as geblus nie en daar sal beslis nog `n enorme wolkbreuk oor julle uitgestort moet word, voordat julle volledig sal uitdoof in julle groot dwaasheid! Ek meen dat dit tog ook duidelik genoeg gesê is?!

14. Wat egter die besoeke betref wat slegs in die Naam van God goed is, dit is wel so duidelik dat ek nie uitvoerig daaroor hoef te spreek nie!

15. Beskou dit alles wat gesê is eers aandagtig in jouself, en dan sal dit vanself goed duidelik word hoe ons mekaar in die Naam van God behoort te besoek! Begryp dit goed in die Naam van die Een deur wie se barmhartigheid ek in staat was om so met julle te praat! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205