|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 5
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Mira se binnekoms in die hut en haar beproewing, loutering en opname deur die Heer.
(31 Maart 1843)
5 Toe Mira behoue in die hut by die Heer aangekom het, en Hy, wat nog nie so heeltemal bekend was aan haar nie, het opgestaan en op `n ietwat ernstige toon aan haar gesê “Hoe kom jy, Mira, nou hier, terwyl Ek jou nie laat kom het nie, omdat jy vroeër nie wou kom toe Ek wel vir jou gewink het nie? Bowendien het Ek ook vir Henog `n gebod gegee, dat `n vrou nie oor die drumpel van die hut mag kom nie, en tog het jy binnegekom! Hoe het dit gebeur?”
2. Hierdie aanspreking en die skerp vraende toon het ons Mira ietwat ontmoedig; tog het sy spoedig weer tot haarself gekom omdat sy gedink het: “As dit die Heer is, dan sal Hy dit immers nie so baie ernstig bedoel nie en sal Hy Hom seker deur my vurig smekende hart laat vermurwe; en as hy net so `n starre wyse is, dan gaan ek in die ergste geval weer net so weg soos wat ek gekom het!”
3. Eers na hierdie oorweging maak sy haar mond oop en het ietwat skugter, maar tog dapper gesê: “Dit is waar dat ek oor die geheel geneem, verkeerd gehandel het; maar as ek dan weer bedink dat die nood van my hart my daartoe genoop het, en dat Henog my niks gesê het van die gebod, om nie hier binne te mag tree nie, dan het ek tog weer nie verkeerd gehandel nie!
4. Want wie sou, wie kan iemand wat ly, kwalik neem as hy in groot nood om hulp roep of in sy leed hulp soek, en veral `n swak vroulike wese soos ek nou?!
5. En wat het ek dan eintlik gedoen wat so erg is? Is dit dan nie korrek as `n vroulike wese God ook meer liefhet en ag as alle mense, wie ten opsigte van God tog heeltemal niks is nie?!
6. En daarom het ek ook my mening aan die moeders en susters gegee, want ek kon tog nie weet dat hulle so van stryk sou raak daardeur nie! As ek dit geweet het, dan het kon ek natuurlik wel swyg, maar wat gebeur het, het gebeur! Nou sou ek egter my fout wel duisend maal wil goedmaak, en dit kan tog onmoontlik verkeerd wees!
7. Dit het ek ook aan vader Henog gesê, maar hy het geen hart vir my en my groot nood gehad nie. Daarom het ek na U toe gehardloop, omdat ek geglo het dat u tog barmhartiger sou wees as Henog; maar na U eerste ontvangs lyk ook by U nie meer barmhartigheid te wees as by Henog nie!
8. Ek moet origens ook aan u beken en openlik toegee dat sedert die Heer op die hoogte tog meer dae niks anders as die liefde geleer het nie, die mense my baie onbarmhartiger voorkom, en dit ook werklik is, as wat hulle voorheen was; en dit is in my oë geen goeie teken nie.
9. Ek self sou elkeen op aarde dadelik wil help, om maar te swyg van `n swak vroulike wese, wat tog al deur God, asook deur die natuur op `n, vir ons onbegryplike wyse, in alles meer nadelig en swakker is as elke man!
10. Sien, ek het nou alles gesê en gepraat soos wat ek dit in my hart gevoel het! As dit U nie geval nie en ek U moontlikerwys, sonder om dit te wil, beledig het, dan is U magtig genoeg om my uit te smyt of met my te doen wat U al vroeër daarbuite met Sehel gedoen het; want dit is immers beter om nie te bestaan nie, as om in `n wêreld te wees waarin die mense `n hart van klip het, waarin geen erbarming te vinde is nie!”
11. Hierna het die Heer aan Mira gesê: “Maar luister tog, Mira! Dit was wel `n lang antwoord op My kort vraag! Die een helfte kon jy wel vir jouself gehou het - en die ander verswyg; want Ek weet beter as jy waar die skoen eintlik druk!
12. Maar sodat jy sal insien dat Ek gelyk het, sal Ek jou vertel wat jou eintlike nood is; luister dus:
13. Sien, jou moeders en susters is jaloers, en jy is dit ook! Jou moeders skimp uit jaloesie oor My en My gedrag, en jy het hulle toe uit suiwer jaloesie tereggewys, omdat jy jou heimlik, op grond van My wenk, `n groter reg op My toegeëien het as waarop die ander reg gehad het, vir wie Ek nie gewink het nie.
14. As gevolg van My wenk aan jou, ontsteek jy dadelik in die heftigste liefde tot My, maar toe jy later die moeders en susters hoor skimp oor My, word die liefde in jou daardeur beledig en jy het wraak geneem op die moeders en susters, deur jou goeie mening te uiter.
15. Maar omdat jou wraak bietjie sterker was as jou eintlike wil, bedruk dit jou nou en nou wil jy hulle graag in hulle leed help; maar omdat dit onmoontlik vir jou is, soek jy hulp.
16. Maar Ek sê vir jou, die hulp sal wel kom en vroeër as wat jy sou verwag; maar gaan jy intussen na buite en oordink jou misstap en kom dan eers, in jouself gelouter, na My toe, en Ek sal jou dan opneem en jou seën soos hierdie vier!”
17. Hierop het Mira rooi van skaamte geword en gesê: “Was U nie die Heer nie, dan sou My hart nie so oop gewees het vir U nie; U is egter die Heer en daarom is daar ook niks verborge vir U nie, en ek gaan nou wel uit hierdie hut, wat ek nie werd is nie, noudat ek U gesien en heeltemal herken het!
18. Maar vergewe my skuld, soos ek elkeen van ganser harte alles sal vergewe wat my ooit op enigerlei wyse aangedoen is!”
19. Die Heer het egter gepraat: “Ja, Ek sou vir jou eindeloos baie vergewe, as jy `n sondares sou gewees het, omdat jy so enorm baie van My hou! Maar jy is suiwer; bly daarom ook hier by My soos jou hart dit wil, en Henog sal alles weer in orde kry! Amen.”
|
|
|
|
|