|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 163
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Die woorde van Ohlad en die magtige verskynsels wat die ontsluit van die ware tempel begelei. Ohlad en die tien bodes gaan die tempel binne
(16 November 1843)
163 Hierop het Ohlad saam met die tiental na die poort van die tempel gegaan, die sleutel geneem, dit op sy bors gelê en gesê:
2. “My God en my Heer! Hier staan ek, `n sondige, onmagtige wurm voor U heiligdom. Ek voel hoe totaal onwaardig ek is om U heiligdom te betree, maar bouend op U oneindige Vaderliefde en erbarming waag ek dit tog om te vervul wat U, o God, Heer en Vader my by monde van U gewyde bodes beveel het om te doen!
3. Mag, o Heer, o Vader, my voet egter te onwaardig wees om in die deur U so baie geheiligde huis binne te tree, laat my, arme sondaar, dit dan slegs open en dan voor die geopende poort op my aangesig lêend U uit al my kragte liefhê en aanbid!
4. O my God, my Heer, my bo alles heilige Vader, U heilige wil geskied nou en ewig! Amen.”
5. Na hierdie goeie woorde, wat reg uit sy hart gekom het, het Ohlad die sleutel sewe maal gekus, dit toe in die poort gesteek en dit geopen.
6. Maar toe die poort eenmaal geopen was, het uit alle vanuit Hanoch sigbare berge rook en vlamme uitgebreek; die aarde het aaneen gebeef; waar ook maar in die groot stad `n afgodsbeeld opgerig was, het ook verwoestende vlamme uit die bodem van die aarde losgebars, het die beeld verteer en die vereerders van die beelde nie ontsien nie, waar hulle hulleself ookal bevind het.
7. Die nege-en-negentig agtergeblewe raadshere en die skynkoning het in `n hewige doodsangs verval en het onder voortdurende geweeklaag en angsgehuil op hulle voornemende ondergang gewag.
8. Sommiges wat flinker was, het hulle die bitterste verwyte gemaak dat hulle nie die goeie raad van die eerste weggetrekte raadshere opgevolg het nie.
9. Die hele volk van die stad, asook van die tien voorstede en die hele uitgestrekte ryk het niks anders gesien nie as die sekere ondergang van die wêreld. Daar was geen siel in die laagte wat nie gebeef het vir die verskriklike verwagting van die dinge wat nou oor die aarde gekom het en nog vererger sou word.
10. Ter vermeerdering van die angs was die son ook deur die steeds nader wordende wolke en rookmassas van al die brandende berge en heuwels sodanig verduister, dat die aardbodem geen ander lig gehad het as die verskriklike van die talryke ononderbroke bliksems, en dit van die nog huiweringwekkender magtige bergbrande nie.
11. Hier en daar het onderaardse vuurmagte groot stukke van die vlak land omhoog gehef en nuwe berge onder enorme lawaai en gedonder gevorm, en dit het alles begin toe Ohlad die poort van die tempel geopen het.
12. Maar die vertwyfelde volk, deur baie groot vrees en angs oorval, het na die voorhof gevlug, en was deur die onheilspellende aanblik van wêreld verwoestende taferele nouliks meer bang vir die voortdurende bliksems op die dak van die tempel.
13. Maar eers toe op dié wyse duisende aarselende mense van albei geslagte die voorhof gevul het, tree Ohlad, wat dadelik na die opening van die tempel, neergeval het op sy aangesig en God in die grootste berou van sy hart tot op die tydstip aanbid het, met die tien gestuurdes vol eerbied die tempel binne en het daar weer op sy aangesig voor die altaar neergeval waarop die Naam JaHWeH hom bevind het in die middel tussen vurige gerubs en daarbo die wit wolkesuil (kolom) wat, soos bekend, tot aan die plafon gereik het, en het die Allerheiligste `n uur lank aanbid.
|
|
|
|
|