|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 314
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Die ontmaskerde boetelinge. Die raad van Mahal aan die vertoornde Fungar-Hellan. Die opblaas van die grot. Die bekentenis van die boetelinge en hulle begenadiging
(3 Julie 1844)
314 Toe Fungar-Hellan gesien het hoe terneergeslae die boetelinge was deur sy vraag, en hy ook die min of meer onwillekeurige: “Ons is verlore!” gehoor het, het hy aan Mahal gesê:
2. “Luister, my hooggeagte broer en vriend! Ek dink dat ons korte mette moet maak met hierdie duisend boetelinge! Hulle misdaad is so goed as volkome bewys: Wat het ons nog meer nodig?
3. Hierdie kêrels laat ek dadelik uitmekaar kap; vervolgens gaan ek tweehonderd sakke plofstofkorrels na hierdie kunsmatige grot toe bring en dit laat aansteek, sodat die hele massa kan ontplof. Ons sal op die manier die gouste agter die geheime van die groot skurke kom! Wat dink jy, het ek gelyk of nie?”
4. En Mahal het gesê: “Beste vriend, jy het weliswaar gelyk, maar solank as wat ons die saak sonder bloedvergieting kan afhandel, laat ons die swaard in die skede en handel daarsonder! Maar laat die grot in ieder geval verwoes soos wat jy dit bepaal het; dan sal jy op baie geheime afkom wat van taamlike groot belang sal wees!”
5. Toe Fungar-Hellan dit van Mahal verneem het, het hyself opdrag aan die myngrawers gegee en hulle het dadelik tweehonderd sak met die kragtigste springstofkorrels na die swart vertrek gebring en toe die lonte uitgelê. Toe almal hulleself op `n groot afstand teruggetrek het, het hulle dit aangesteek, en het toe natuurlik ook tot op `n behoorlike afstand gevlug. Waarom? Dit sal tog duidelik wees, ook sonder uitleg!
6. Binne `n klein rukkie het die lopende vuur die sak bereik; daar het `n oorverdowende knal geklink, en `n hele berg was in brokstukke in die rondte geslinger.
7. Eers na die ontploffing het die mense opnuut ondersoek ingestel, maar niks besonder belangrik onder die puin van die berg gevind nie. Etlike goudklonte en verskeie uiteengerukte mense was dan ook al wat `n mens kon vind.
8. Na die ondersoek wat ongeveer drie dae geduur het, het die generaal die boetelinge weer voor hom laat bring en aan hulle gesê: “Waarlik, ek sal julle nou nog die lewe skenk en die vryheid gee, as julle my die rede sê waarom julle my voortdurend as bedrieër behandel het, terwyl ek tog altyd soveel goed vir julle gedoen het! Waarom het julle hierdie grot gemaak en daardie goud daarin verberg?”
9. Hierop het een van hulle na vore getree en gesê: “Heer, heer, ons het dit uit vrees vir u gedoen! Want ons het lankal `n sterk vermoede gehad dat u spoedig so-iets sou doen, en daarom wou ons `n reserwe penning vir onsself weggebêre het vir die dae wat ons amp sou ophou en ons geen inkomste meer sou hê nie.
10. Sien, dit is dan ook al en die rede vir hierdie kunsmatige grot! Maar die mense wat u by die verdagte hoë deurgang gehoor het, was ons broers! Hulle lê nou begrawe; ek sou wil hê dat dit ook reeds met ons die geval was! Nou weet u alles, maar bedink dat ons ook mense is!”
11. Toe die generaal dit gehoor het, het hy hom by sy belofte gehou en het hulle die lewe geskenk en hulle die nodige vryheid gegee.
|
|
|
|
|